2. 1) David kies om te vergewe
•En Dawid sê vir hom: Wees nie bevrees nie, want ek sal jou
sekerlik guns bewys ter wille van jou vader Jónatan en al die
grond van jou vader Saul aan jou teruggee, en jy self sal altyddeur
aan my tafel brood eet.
2 Sam 9:7
•En sy heer het hom in toorn oorgegee aan die pynigers totdat hy
sou betaal het alles wat hy hom skuldig was. So sal ook my
hemelse Vader aan julle doen as julle nie elkeen sy broeder van
harte sy oortredinge vergewe nie.
Matt 18:34 – 35
3. 2) David maak tyd om te rus
•Swyg voor die HERE en verwag Hom; wees nie toornig op
hom wat voorspoedig in sy weg is nie, op die man wat listige
planne uitvoer nie.
Ps 37:7
•En Hy sê vir hulle: Kom julle self in die eensaamheid na ‘n
verlate plek en rus ‘n bietjie. Want daar was baie wat kom
en gaan, en hulle het selfs geen geskikte tyd gehad om te
eet nie.
Mark 6:31
4. 3) David kry klaar met sonde
•En teen die aand, toe Dawid van sy bed opgestaan het en op die
dak van die paleis wandel, sien hy van die dak af ‘n vrou wat
besig was om ‘n bad te neem; en die vrou was baie mooi van
aansien.
2 Sam 11:2
• Ek neem vandag die hemel en die aarde as getuies teen julle;
die lewe en die dood, die seën en die vloek het ek jou
voorgehou. Kies dan die lewe, dat jy kan lewe, jy en jou
nageslag,
Deut 30:19
5. Weet julle nie dat aan wie julle julself as
diensknegte tot beskikking stel om hom
gehoorsaam te wees, julle diensknegte is
van hom aan wie julle gehoorsaam is nie
òf van die sonde tot die dood, òf van die
gehoorsaamheid tot geregtigheid?
Rom 6:16