SlideShare ist ein Scribd-Unternehmen logo
1 von 11
Handelinge 4:32-35 Somerstrand 19 April 2009 Hulle was een van hart en siel – niemand het gebrek gely nie Verwelkoming Hoekom is ons hier? ‘n Man kom by Petrus by die hemelpoorte en hy kyk in sy boek en sê, jou lewe is nie regtig goed of sleg nie.  Vertel my een rêrige goeie ding wat jy gedoen het, en jy kan bly hier by ons. Die man sê, wel een keer het hy ‘n vrou gered van ‘n klomp skurke wat haar bedreig het.  Ek het ‘n stok gevat en een van hulle se neusring uit sy neus uit geslaan.  En vir die ander het ek gesê: ”Los haar uit of julle kry met my te doene.” Petrus was beïndruk.  “Wanneer het dit gebeur?”vra hy. “Twee minute gelede”, het die man gesê. Ons is hier om die opstanding te vier – dit is waarom ons op Sondag by mekaar kom en nie op Saterdag nie, soos die gewoonte van die eerste kerk was wat tot die wêreldwye gebruik gelei het. Ons kan ook nie help om mekaar te herinner dat ons ‘n belangrike verkiesingsweek ingaan nie. Verkiesing – ASM: Moedig ons gemeentes en lidmate aan om hulle politieke keuses te maak in terme van bepaalde waardes soos: politieke leierskap wat met integriteit uitgeoefen word  morele stand van rolmodelle in politiek  ekonomiese visie in terme van armoedevraagstuk  die honorering van die waardes van die grondwet en die verbintenis tot die beskerming van die konstitusionele prosesse in die land.  die wyse waarop oor mag gepraat word, mag gebruik en uitgeoefen word. Sien brief op kennisgewingbord vir meer inligting. Jannie Pelser laat vandag met sy Nuwe Hart veldtog ook die klem val op eerlikheid – ons kan dit ook as waarde neem vir ons keuse. Toetrede 556:1 Vervul my hart met dankbaarheid waar ek nou tot u nader (sit) Votum en Seëngroet Lofliedere 29:1,3,5 Prys die Here, hemelinge, Hy verskyn in al sy mag (sit) 423 Kom laat ons almal vrolik voor God die Here sing! (staan) 422 Die Heer, die Heer het opgestaan (staan) Verbintenis 506 O Heer, u liefde wondergroot maak my van sonde vry (sit) Kindertyd Ons het verlede week Paasfees gevier. Wat het toe gebeur? Jesus het opgestaan. Hy is gekruisig op Goeie Vrydag. Hy is begrawe die aand. En Sondagoggend het Hy opgestaan. God het Hom opgewek uit die dood. En weet julle, mense was só bly, dat hulle sommer nog meer lief geraak het vir mekaar. As iemand te min gehad het, het ‘n ander vir hom gehelp. As iemand te veel gehad het, het hy van sy goed vir die gemeente kom gee, dat dit uitgedeel kan word aan dié wat behoefte gehad het. Hoekom is dit so nodig? Die blinde en die kreupele Daar is ’n wonderlike storie uit ons Afrika vasteland – Botswana - wat dit verduidelik: “Daar was twee manne – een was blind en die ander was kreupel.  Hulle het altyd saam gewerk.  Die blinde man het altyd die kreupel een gedra … die een het die voete gehad en die ander een die oë, maar met mekaar se hulp was hulle sterk. Een dag in die veld, loop hulle in ’n leeu vas.  Die kreupel man roep uit: “Oppas ’n leeu”  Die blinde man gooi die kreupel man van sy rug af en hardloop blindelings weg. Natuurlik gryp die leeu die kreupel man en maak hom dood, want sy “bene” het weghardloop.  Die blinde man het egter sonder sy oë - die kreupel man- nie ver gekom nie en is ook deur die leeu gevang en opgeëet.” Wat sê dit vir ons? Ons moet mekaar help – saam kan ons beter doen as apart. Gebed Skriflesing Agtergrond oor armoede (in die joernaal blaadjie ook geplaas) Getrou aan Lukas se perspektief, wat ook in sy evangelie wys hoe Jesus se boodskap goeie nuus was vir veral die armes onder die volk (Luk 4), is dit een van die belangrike hoeke waaruit hy die gemeenskapslewe van die eerste gemeente beskryf. Vir ons wat in ander omstandighede lewe, en miskien nie altyd armoede goed verstaan nie, is dit goed om ‘n bietjie te dink oor die redes hoekom daar so baie arm Jode was in die tyd van Jesus (nie dat Jode vandag as ‘n groep meer regtig arm is nie, maar ons praat van toe!) ,[object Object]
Die koms van die koningstyd het alles verander (1000-597 v.C.).  Die koning met sy voltydse weermag, hofhouding en amptenare wat nie geproduseer het nie, was afhanklik van die boere se belasting (klink bekend nê!).  Soos wat die nie-produserende sektor toegeneem het, het belasting toegeneem.  Salomo se geweldige bouprojekte het die belasting-las nog verder verhoog (vgl. die profete soos Amos wat toe begin optree het).
Boere se skuld het toegeneem totdat hulle hulle grond verloor het.  Daarna moes hulle as arm ambagmanne werk (vgl. Josef en Maria wat oënskynlik nie grond besit nie).
Toe kom die periode van vreemde oorheersing: Babilonië, die Perse, die Grieke, Egipte, Sirië en toe Rome.  Almal het die land geplunder en verwoes, en daarna die belasting verhoog.
Ten tye van Jesus was die mense dus brandarm, en het hulle nog verder verarm. Herodes het van die arm boere onteien en aan ryk landhere verkoop vir politieke gunste.  Die infrastruktuur is oorweldig deur die bevolkingsgroei. ’n Reeks natuurrampe (droogtes) het die land getref.  Aangesien ’n huwelik grootliks ’n ekonomiese transaksie was, het armes met armes getrou, en só nog verder verarm.  Die gelowiges van die eerste gemeente is ook stelselmatig uit die Joodse gemeenskap, wat hulle as families in staat gestel het om te oorleef, gewerp.  Op hulle eie was hulle dus die armste, religieuse groepering onder die Jode. Lees Hand 4:32-35 Woordverkondiging Hulle was een van hart en siel – niemand het gebrek gely nie Wie is die grootste? Iemand het op ’n keer vir Albert Schweitzer gevra:  “Doctor, name the greatest person alive in the world at this moment.”  Hy het ’n oomblik gedink en toe hierdie antwoord gegee: “The greatest person alive in the world at this moment, is some unknown individual in some obscure place who, at this hour, has gone in love, to be with another person in need.” Dié wat help, is die grootste En dit is een van die eerste dinge wat Lukas vir ons in Handelinge vertel van die vroeë kerk, dat dit ’n plek was waar mense mekaar gehelp het. Duisende klein dade van gehoorsaamheid was die lewensasem van die eerste gemeente.  Eenheid en mededeelsaamheid Lukas vertel vir ons, dat binne die eerste paar weke na Pinkster, hulle getalle gegroei het tot 5 000 ( 4:4).  En dié getal gelowiges was veral uit die armer dele van die gemeenskap van Jerusalem. En, soos ons weet, dit is van die allergrootste belang, veral in so 'n groot gemeenskap, dat daar geestelike eenheid en eensgesindheid onder gelowiges moet wees ten opsigte van toewyding, lojaliteit en liefde vir God en sy Woord. Die kerk kan nie sonder geestelike eenheid oorleef nie.  En al het ons gesonde meningsverskil oor die beste manier om dinge te doen, moet daar in 'n gemeente 'n basiese eenheid wees in die toewyding aan God en sy Woord – en as ons oor Somerstrand dink, 'n eenheid van toewyding aan God in ons wyke, in ons kleingroepe, in ons eredienste, in ons Didage aanbiedinge. Die eerste boodskap van hierdie teksgedeelte, is dus dat ons hulle voorbeeld moet volg, en nog meer ons eenheid as gelowiges moet vier en vertroetel. Praktiese eenheid in mededeelsaamheid Maar – en dit is die tweede boodskap van die gedeelte – kerklike eenheid is nooit net ’n geestelike saak nie.  Dit is altyd ook ’n praktiese kwessie.  Die onderlinge liefde en eenheid moet uitmond in 'n praktiese manier waarop ons teenoor mekaar en die wêreld optree. Ons kan ongelooflik baie leer by hierdie eerste gemeente.  Lukas sê vir ons, nie een van hierdie Christene het gevoel dat hulle besittings net hulle eie was nie, daarom het hulle dít wat hulle gehad het, met die ander gedeel. Op dié manier het hulle die armes ook gehelp. Hulle wou nie een broer of suster in die geloof laat swaarkry terwyl daar ander was wat oorvloed het nie.  Alles behoort aan God (Rethie vannaand) En dit is wonderlik dat die redes hoekom hulle dit gedoen het, gewortel was in een ding en een ding alleen: hulle besef van wie God is. Daar is maar een rede hoekom ons ooit kans sal sien vir mededeelsaamheid.  En dit is wie God is vir ons. As 'n mens die belydenis van Genesis ernstig neem, dat God uit die niks en uit die chaos alles gemaak het wat ons vandag kan sien, selfs ons menswees, dan behoort alles aan God.  En as ek dit glo, dan is enigiets wat ek het 'n gawe van God, 'n geskenk, deel van sy genade aan my.  Dan is die enigste manier om met jou besittings om te gaan, om uit dankbaarheid vir God, jou besittings tot voordeel van God en van ander op aarde te bestuur. Die volgende storie illustreer iets hiervan. ’n Tiener wonderkind het sy hart op die verhoog voor ’n groot gehoor uitgespeel. Hy kon die klavier speel! Toe hy klaar is, het hy van die verhoog afgeloop, terwyl die gehoor hom ’n staande applous gegee het. Die man agter die gordyn het blykbaar die tiener aangemoedig om weer uit stap en voor die gehoor te buig. “Nee” het die seun geantwoord “ek kan nie!” “Waarom nie?” het die verhoogbestuurder gevra  “Hulle almal staan en klap vir jou.” “Nie almal nie” het die tiener geantwoord  “Die man in die agterste ry op die balkon, sit nog.” “Dis die enigste een!” sê die verhoogbestuurder  “Wat maak hom so belangrik?” “Hy is my leermeester.” het hy saggies geantwoord, terwyl hy skelmpies agter die gordyn uitloer  “Ek het vir hom gespeel.” Net toe het die man op gestaan en deel van die staande applous vir sy leerling geword. Is dit nie waaroor die lewe gaan nie? Soos Paulus dit mooi opsom:  “Ons wil nie guns van mense probeer wen nie, maar doen wat God van ons verwag.”  (1 Tess 2:4) Dit maak ons een in hart en siel - al verskil ons dikwels soos dag en nag van mekaar- dit gaan vir ons oor God die Vader, God die Seun en God die Gees. Nog dieper, as ek regtig glo in die opstanding van Jesus uit die dood, kan ek my nooit weer losmaak van wie Hy is vir die gemeenskap van gelowiges en vir die wêreld nie.  Sonder die opstanding sou daar natuurlik nooit 'n kerk gewees het nie.  Dit is vanweë die opstanding van Jesus dat daar 'n gemeenskap van gelowiges ontstaan het wat deur hierdie sentrale waarheid en werklikheid saamgesnoer is.   Hulle het 'n eenheid van hart en siel ervaar, soos Lukas hier skrywe, omdat elkeen in Jesus geglo en die krag van die opstanding persoonlik ervaar het. En omdat almal dit ervaar het, was daar 'n amper onkeerbare drang om dit wat hulle het met ander wat soos hulle glo, te deel. “True love and faith inspire social concern, especially within the community of believers” (Evangelical Commentary) En jy kan maar dit toets – as iemand nie sy besittings deel met ander nie, lê die fout eintlik maar net op een plek: hy of sy erken nie hulle goed as gawes van God nie, en daarom voel hulle nie deel van die gemeenskap van gelowiges nie.  En die omgekeerde is net so waar – as jy God erken as die Skepper, dan kan jy nie anders om dit in oorleg met Hom te bestuur nie; netso as jy ander gelowiges as jou medegelowiges ervaar, dan kan jy nie anders om hulle belange in ag te neem in jou hantering van jou besittings nie. Daarom het die eerste Christene nie net ’n tiende van alles gegee nie, maar alles wat hulle het.  Hulle het nie gevra wat hulle moet gee nie, eerder wat mag hulle vir hulleself hou in die lig van die behoeftes van die gemeenskap. Scott Russell Sanders vertel van ’n vooraanstaande bouer in ’n klein  Ohio dorpie wat gevra is of hy as vrywilliger wil aansluit by die plaaslike brandweer wat net bestaan uit vrywilligers.  Hy het dit vriendelik van die hand gewys, want wat kon hy daaruit kry? Sy huis was van baksteen gemaak en brand bestand. Maar een dag het sy huis aan die brand geslaan. Die brandweer, wat bestaan het  uit vrywilligers, het met hulle brandweerwa daar aangekom. Maar voor hulle die begin het om die brand in sy huis te blus, het hulle speels vir hom gevra of hy steeds geen rede het om by hulle aan te sluit nie.  Sonder huiwering het hy ingestem om dadelik by hulle aan te sluit! Sanders hou daarvan om die storie te vertel omdat sy pa een van daardie vrywilligers was wat daar opgedaag het om die bouer se huisbrand te blus. Hy hou daarvan om dit ook te vertel omdat dit presies verduidelik wat dit beteken om deel van ’n gemeenskap te wees. Hy skryf dan: “We should not have to wait until our houses are burning before we see the wisdom of facing our local needs by joining in common work… We had better learn how to live well together, or we will live miserably apart.”  En God se genade was groot oor almal, dit wil sê God het almal vervul, ook hul praktiese lewe ten opsigte van dinge soos mededeelsaamheid.   Ek lees in Vincent Brümmer se wonderlike boek oor gebed (What are we doing when we pray?) dat God altyd die eerste oorsaak van gebedsverhoring is.  Dit is Hy wat intree en help waar daar behoefte is.  Maar, en dit is die wonder van die geloofsgemeenskap, ons is die tweede oorsaak van gebedsverhoring.  God tree deur ons hande en ons besittings in om te help waar daar behoefte is. Die gelowiges in die vroeë kerk het dus hulle besittings en eiendom met mekaar gedeel omdat daar 'n werklike eenheid en liefde onder hulle was en dit omdat hulle aan God self verbind was.  Kommunisme? Maar – 'n mens moet dit nie verkeerd verstaan nie.  Dit was geen kommunistiese stelsel waarin hulle noodwendig afgesien het van besitreg nie. Een van die kommentare (De Villiers) sê dat 'n mens hier gebruiksgemeenskap van goedere vind, maar nie 'n eiendomsgemeenskap nie. Lukas wys eerder dat die meer vermoënde Christene hulle besittings nie net as hulle eie beskou het of uitsluitlik vir hulleself aangewend het nie, maar ook met opregte liefde omgesien het na die behoeftes van die medegelowiges.  Privaatbesit is dus nie opgehef nie.  Beskikkingsreg het steeds aan die individuele gelowiges behoort.  Dit blyk bv. uit die feit dat Barnabas nog sy eie grond besit het en dit op eie inisiatief verkoop het, soos ons hier in 4:37 lees (hy was uit die geslag van Levi en mag streng gesproke nie grond besit het nie, maar dit daar gelaat), en dat Petrus aan Ananias, wat ook nog sy eie grond besit het, gesê het dat by die grond en die opbrengs daarvan kon bly behou het (5:3).   Ons lees ook verder aan in Handelinge dat Maria, die moeder van Markus, nog haar eie huis besit het (12:12).  Privaatbesit is dus in geen opsig opgehef nie, maar eiendom is van tyd tot tyd verkoop om in die behoeftes van medegelowiges te voorsien. Die mededeelsaamheid is dus op die basis van behoefte nie op die basis van gelykheid of gelykstelling uitgevoer nie (“carried out not on the basis of equality but on the basis of personal need” – Wycliffe Bible Commentary).  Dit is nie bv. net gelykop verdeel nie, wat in elk geval eintlik dan net die armoede gelykop verdeel. En dit is belangrik om te besef dat dit gereeld gebeur het.  Lukas vertel van minstens 3 keer wat hierdie verkoop van besittings gebeur het. Wat dus gebeur het, is dat die lidmate, uit hulle ervaring van eenheid en mededeelsaamheid sélf besluit het om hulle besittings met ander te deel.  En hulle het nie nodig gehad om álles met die ander te deel nie, maar slegs soveel dat dit in almal se behoeftes voorsien het. Dit het spontaan vir die eerste Christene gekom. Wanneer nie die wet ons dwing om te deel met ander nie, maar wanneer ons harte beweeg word om te deel en te help, dan is ’n gemeenskap regtig ‘Christelik’. Die visie van Deuteronomium 15 Die visie van Deut. 15:4, dat daar nie 'n arme onder die volk sal wees, as hulle regtig die Here gehoorsaam nie, het dus hier in vervulling gegaan.  Soos Lukas sê: “nie een van hulle het gebrek gelei nie ...” Dit is 'n visie wat in gevaar gestel is deur Ananias se optrede, soos ons in hfst. 5 lees, en later deur die vervolging wat ook 'n ekonomiese impak op die eerste gemeente gehad het, maar toe deur die hulp van ander gemeentes in Europa en Asië in stand gehou is. En terloops – vir dié wat wonder oor die volgende verhaal van Ananias en Saffira – hulle probleem was dat hulle met hulle gewaande mededeelsaamheid indruk wou maak. Deur so vir die gemeente te lieg, het Ananias en Saffira bedrog teen God sélf gepleeg. Die verskriklike gevolge het gedien as voorbeeld vir die hele kerk (Handboek by die Bybel). Laat my dink aan die storie van die koning wat ’n klomp kleinboere op sy grond met wingerd laat boer het.  Hy wou nie meer geld maak nie, maar wou baie graag genoeg wyn hê wat vir hom ’n jaar lank kon hou tot die volgende oes.  Sy reëling met die kleinboere was dat hulle ’n bottel van hulle beste wyn in ’n vat by sy kasteel moes kom gooi.  Die koning het geweet dat as almal dit doen, hy genoeg wyn vir die jaar sou hê en ook van die lekkerste wyn wat jy kon kry – praat van ’n goeie versnit! So het die klein boere jaar na jaar ’n bottel van hulle lekkerste wyn gebring en die koning was baie tevrede. Een van die boere het egter een jaar gedink dat as hy daardie jaar nie wyn ingooi nie, die koning dit tog nie sou agterkom nie.  Hy het toe, in plaas van die wyn, ’n bottel water gaan ingooi.   Toe die oestyd verby was en die koning van sy wyn wou geniet, het hy woedend al die kleinboere geroep.  Voor hulle oë het hy van die wyn uit die vat geskep en tot almal se verbasing was daar net suiwer water in die vat.  Elkeen van die boere het dieselfde gedagte gehad – dat hulle beskeie bydrae tot die koning se wynvat tog nie so belangrik is nie. Die koning het toe al die boere van hulle wingerde verjaag en die grond vir ander mense gegee. Ek sluit af Ons fokus dié kwartaal op gasvryheid.  Ons gaan nie soseer preek daaroor nie, maar dit beoefen.  Dit is reeds so dat daar ‘n ongelooflike omgee in ons gemeente vaardig is. Praat net met mense wat deur een of ander krisis gaan, en hoe mense regtig betrokke raak en uitreik na hulle. Ons wil aansluit daarby en die Here vertrou dat dit nog groter sal groei, die mense sal insluit wat soms oorgeslaan word en veral die mense in ons buurte wat nie van ons gemeente of selfs geloof is nie, ook sal insluit. Alexander Irvine het ’n wonderlike ding geskryf in sy roman, My Lady of the Chimney Corner. Die heldin van die boek gaan na ’n buurvrou wat in rou is en plaas haar hand om haar en sê: “God takes a hand whenever he can find it and just does what he likes with it. Sometimes he takes a bishop's hand and lays it on a child's head in benediction. And then he takes the hand of a doctor to relieve the pain, the hand of a mother to guide a child. And sometimes he takes the hand of a poor old creature like me to give comfort to a neighbor. But they're all hands touched by his Spirit, and his Spirit's everywhere lookin' for hands to use.” Gebed Dankoffers Slotlied Ons kan die Here dank vir sy liefde op baie maniere.  Ons kan ons eenheid met mekaar ook wys op baie maniere.  Een manier is om dié kwartaal in gasvryheid te lewe.  ‘n Ander manier is om saam te kom op Woensdagaande of –oggende vir Didage.  Ons droom van ‘n skare mense wat die Here kom dien en verder toegerus word om die Here as dissipels te dien. Skryf in! 524 God roep ons om met woord en daad vir Hom te leef en werk (staan) Seën Halleluja 189 Halleluja (staan) gedagtes oor armoede (vir dié wat verder hieroor wil nadink – op die web geplaas) Strategieë vir die hantering van armoede Watter riglyne gee Lukas vir ʼn gemeente wat oorval word met armes?  Lukas gee vir ons meer as een antwoord.  Unieke situasies vra dus om verskillende optredes.  Die volgende blyk egter belangrike riglyne te wees: 1.  Ons moet waak om materiële dinge te begeer (Luk. 12:15-21).  Ons moet eerder begeer om barmhartig te wees soos wat God is (Luk 6:36).  2. Daar moet verder as 'n gevoel van jammerte gegaan word deurdat daar konkreet iets gedoen is.  Daarom praat ons van liefdadigheid. 3. Die gee van Aalmoese en die verlening van gasvryheid is deel van ons taak as kerk (dis Jesus se oproep - Luk 12:33 en word deur gelowiges gemodelleer: Paulus gee in Hand. 11:27-30, 12:25, 24:17; en in Hand. 10:2 gee Cornelius ruim).  Dis immers saliger om te gee as om te ontvang (Hand. 20:35b).  Die vraag is ook nie hoeveel jy gee nie, maar hoeveel jy vir jouself hou.  4.  Lukas vermeld drie keer (dus ʼn algemene gebruik) dat die gelowiges hulle besittings verkoop het en alles met mekaar gedeel het  (Hand. 2:45, 4:32 en 4:34).  Dit gaan in die gedeeltes egter eerder oor mededeelsaamheid as besitloosheid.  Jesus word bv. nie as 'n askeet geskets nie (vgl. sy optrede by die troue in Joh. 2 en die aanklag teen Hom in Luk. 7:34).  Hand. 4:32-37 getuig van die verdeling van besittings eerder as die totale afsien daarvan.  Liefdadigheid en die verligting van lyding, is die motief.  Die grammatika van die verse dui ook eerder op 'n voortdurende (soos nood ontstaan het?) proses as 'n eenmalige een.   5.  Die oproep tot mededeelsaamheid geld vir almal.  Die rykes ten opsigte van die armes, maar ook ten opsigte van die minder armes teenoor die meer armes (vgl. Luk. 3:11 waar die wat net twee het, ook moet ook deel).  Daar was egter geen dwang om alles te verkoop en weg te gee nie soos wat Ananias-hulle voorgegee het nie (5:3-4). 6.  Waar moontlik, moet die armes selfversorgend wees (vgl. Paulus as tentmaker - Hand 20:35). 7.  Gelowiges moet alle uitbuiters met liefde behandel (Luk. 6:27 & 35), maar hulle moet weer met hulle onreg breek (Luk. 19:8).  Let op Saggeüs se weggee van die helfte van sy besittings! 8.  Dis 'n geestelike gawe om te kan gee (Rom. 12:8).  Miskien moet ons meer (indien ons ooit wel), daarvoor bid as vir ander gawes wat vir ons as mense meer belangrik lyk.   9.  Dit is duidelik in vers 35 dat die apostels 'n leidende rol gespeel het in die insameling en die verdeling van die gemeente se middele.  Die geld wat ingesamel is, is letterlik aan hulle voete neergelê as simbool van die onderwerping daarvan aan hulle beheer (Hand. 4:35, 37, 5:2).
Handelinge 4.docx
Handelinge 4.docx
Handelinge 4.docx
Handelinge 4.docx
Handelinge 4.docx
Handelinge 4.docx

Weitere ähnliche Inhalte

Was ist angesagt?

Handelinge 4:5-12.docx
Handelinge 4:5-12.docxHandelinge 4:5-12.docx
Handelinge 4:5-12.docxChris van Wyk
 
23 mrt 2014 wat kan jy sê van jouself
23 mrt 2014 wat kan jy sê van jouself23 mrt 2014 wat kan jy sê van jouself
23 mrt 2014 wat kan jy sê van jouselfErnest Potgieter
 
E ons almal het bekering nodig en god vra ware berou oor sonde
E ons almal het bekering nodig en god vra ware berou oor sondeE ons almal het bekering nodig en god vra ware berou oor sonde
E ons almal het bekering nodig en god vra ware berou oor sondeCornelius Joubert
 
Jesus staan in die broodlyn
Jesus staan in die broodlynJesus staan in die broodlyn
Jesus staan in die broodlynRon Rieck
 
Hebreërs 4:14-16.docx
Hebreërs 4:14-16.docxHebreërs 4:14-16.docx
Hebreërs 4:14-16.docxChris van Wyk
 
Inwoners van egipte
Inwoners van egipteInwoners van egipte
Inwoners van egiptemeliscl
 
Tema - Venster van Geloof in 'n God van Hoop
Tema - Venster van Geloof in 'n God van HoopTema - Venster van Geloof in 'n God van Hoop
Tema - Venster van Geloof in 'n God van HoopAGS Lofoord Upington
 
Matteus 5:1-12 - swaarkry word beloon.docx
Matteus 5:1-12 - swaarkry word beloon.docxMatteus 5:1-12 - swaarkry word beloon.docx
Matteus 5:1-12 - swaarkry word beloon.docxChris van Wyk
 

Was ist angesagt? (15)

Handelinge 4:5-12.docx
Handelinge 4:5-12.docxHandelinge 4:5-12.docx
Handelinge 4:5-12.docx
 
23 mrt 2014 wat kan jy sê van jouself
23 mrt 2014 wat kan jy sê van jouself23 mrt 2014 wat kan jy sê van jouself
23 mrt 2014 wat kan jy sê van jouself
 
Handelinge 10.docx
Handelinge 10.docxHandelinge 10.docx
Handelinge 10.docx
 
E ons almal het bekering nodig en god vra ware berou oor sonde
E ons almal het bekering nodig en god vra ware berou oor sondeE ons almal het bekering nodig en god vra ware berou oor sonde
E ons almal het bekering nodig en god vra ware berou oor sonde
 
16 Okt Hoor en doen
16 Okt Hoor en doen 16 Okt Hoor en doen
16 Okt Hoor en doen
 
Jesus staan in die broodlyn
Jesus staan in die broodlynJesus staan in die broodlyn
Jesus staan in die broodlyn
 
Hebreërs 4:14-16.docx
Hebreërs 4:14-16.docxHebreërs 4:14-16.docx
Hebreërs 4:14-16.docx
 
16 Okt Is ons reg of maak ons reg
16 Okt Is ons reg of maak ons reg16 Okt Is ons reg of maak ons reg
16 Okt Is ons reg of maak ons reg
 
bulleTIN UITGAWE 14 2016
bulleTIN UITGAWE 14 2016bulleTIN UITGAWE 14 2016
bulleTIN UITGAWE 14 2016
 
Inwoners van egipte
Inwoners van egipteInwoners van egipte
Inwoners van egipte
 
Tema: Heilige ontevredenheid
Tema: Heilige ontevredenheidTema: Heilige ontevredenheid
Tema: Heilige ontevredenheid
 
Die sleutel tot oorwinning kerk
Die sleutel tot oorwinning kerkDie sleutel tot oorwinning kerk
Die sleutel tot oorwinning kerk
 
Die wonder van Tale spraak
Die wonder van Tale spraakDie wonder van Tale spraak
Die wonder van Tale spraak
 
Tema - Venster van Geloof in 'n God van Hoop
Tema - Venster van Geloof in 'n God van HoopTema - Venster van Geloof in 'n God van Hoop
Tema - Venster van Geloof in 'n God van Hoop
 
Matteus 5:1-12 - swaarkry word beloon.docx
Matteus 5:1-12 - swaarkry word beloon.docxMatteus 5:1-12 - swaarkry word beloon.docx
Matteus 5:1-12 - swaarkry word beloon.docx
 

Ähnlich wie Handelinge 4.docx (8)

1 Samuel 18.docx
1 Samuel 18.docx1 Samuel 18.docx
1 Samuel 18.docx
 
Loopholes - gesinne
Loopholes - gesinneLoopholes - gesinne
Loopholes - gesinne
 
Hebreërs 4.docx
Hebreërs 4.docxHebreërs 4.docx
Hebreërs 4.docx
 
Stop Walking Through Text
Stop Walking Through TextStop Walking Through Text
Stop Walking Through Text
 
Matteus 5:13-16 - sout-van-die-aarde mense.docx
Matteus 5:13-16 - sout-van-die-aarde mense.docxMatteus 5:13-16 - sout-van-die-aarde mense.docx
Matteus 5:13-16 - sout-van-die-aarde mense.docx
 
Jeremia 31.docx
Jeremia 31.docxJeremia 31.docx
Jeremia 31.docx
 
Noah, Aliens and Disillusionment
Noah, Aliens and DisillusionmentNoah, Aliens and Disillusionment
Noah, Aliens and Disillusionment
 
Tema Daai mense - Behoeftig
Tema   Daai mense - BehoeftigTema   Daai mense - Behoeftig
Tema Daai mense - Behoeftig
 

Mehr von Chris van Wyk

Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag
Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir PalmsondagMatteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag
Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir PalmsondagChris van Wyk
 
Matteus 6:19-34 - Onverwagse opbrengste.pptx
Matteus 6:19-34 - Onverwagse opbrengste.pptxMatteus 6:19-34 - Onverwagse opbrengste.pptx
Matteus 6:19-34 - Onverwagse opbrengste.pptxChris van Wyk
 
Johannes 5:1-17 - Jesus se derde wonderteken.pptx
Johannes 5:1-17 - Jesus se derde wonderteken.pptxJohannes 5:1-17 - Jesus se derde wonderteken.pptx
Johannes 5:1-17 - Jesus se derde wonderteken.pptxChris van Wyk
 
Matteus 5:13-16 - sout-van-die-aarde mense.pptx
Matteus 5:13-16 - sout-van-die-aarde mense.pptxMatteus 5:13-16 - sout-van-die-aarde mense.pptx
Matteus 5:13-16 - sout-van-die-aarde mense.pptxChris van Wyk
 
Matteus 5:1-12 - swaarkry word beloon.pptx
Matteus 5:1-12 - swaarkry word beloon.pptxMatteus 5:1-12 - swaarkry word beloon.pptx
Matteus 5:1-12 - swaarkry word beloon.pptxChris van Wyk
 
Hebreërs 4:14-16.pptx
Hebreërs 4:14-16.pptxHebreërs 4:14-16.pptx
Hebreërs 4:14-16.pptxChris van Wyk
 
Handelinge 4:5-12.pptx
Handelinge 4:5-12.pptxHandelinge 4:5-12.pptx
Handelinge 4:5-12.pptxChris van Wyk
 
Handelinge 10:44-48.pptx
Handelinge 10:44-48.pptxHandelinge 10:44-48.pptx
Handelinge 10:44-48.pptxChris van Wyk
 

Mehr von Chris van Wyk (17)

Handelinge 2:42 47
Handelinge 2:42 47Handelinge 2:42 47
Handelinge 2:42 47
 
Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag
Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir PalmsondagMatteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag
Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag
 
Matteus 6:19-34 - Onverwagse opbrengste.pptx
Matteus 6:19-34 - Onverwagse opbrengste.pptxMatteus 6:19-34 - Onverwagse opbrengste.pptx
Matteus 6:19-34 - Onverwagse opbrengste.pptx
 
Johannes 5:1-17 - Jesus se derde wonderteken.pptx
Johannes 5:1-17 - Jesus se derde wonderteken.pptxJohannes 5:1-17 - Jesus se derde wonderteken.pptx
Johannes 5:1-17 - Jesus se derde wonderteken.pptx
 
Matteus 5:13-16 - sout-van-die-aarde mense.pptx
Matteus 5:13-16 - sout-van-die-aarde mense.pptxMatteus 5:13-16 - sout-van-die-aarde mense.pptx
Matteus 5:13-16 - sout-van-die-aarde mense.pptx
 
Matteus 5:1-12 - swaarkry word beloon.pptx
Matteus 5:1-12 - swaarkry word beloon.pptxMatteus 5:1-12 - swaarkry word beloon.pptx
Matteus 5:1-12 - swaarkry word beloon.pptx
 
1 Sam 3.docx
1 Sam 3.docx1 Sam 3.docx
1 Sam 3.docx
 
1 Samuel 3.pptx
1 Samuel 3.pptx1 Samuel 3.pptx
1 Samuel 3.pptx
 
Hebreërs 4.pptx
Hebreërs 4.pptxHebreërs 4.pptx
Hebreërs 4.pptx
 
Jeremia 31.pptx
Jeremia 31.pptxJeremia 31.pptx
Jeremia 31.pptx
 
Jesaja 50.pptx
Jesaja 50.pptxJesaja 50.pptx
Jesaja 50.pptx
 
Hebreërs 4:14-16.pptx
Hebreërs 4:14-16.pptxHebreërs 4:14-16.pptx
Hebreërs 4:14-16.pptx
 
Jesaja 25.pptx
Jesaja 25.pptxJesaja 25.pptx
Jesaja 25.pptx
 
Hand 4.pptx
Hand 4.pptxHand 4.pptx
Hand 4.pptx
 
Handelinge 4:5-12.pptx
Handelinge 4:5-12.pptxHandelinge 4:5-12.pptx
Handelinge 4:5-12.pptx
 
Handelinge 10:44-48.pptx
Handelinge 10:44-48.pptxHandelinge 10:44-48.pptx
Handelinge 10:44-48.pptx
 
1 Samuel 18.pptx
1 Samuel 18.pptx1 Samuel 18.pptx
1 Samuel 18.pptx
 

Handelinge 4.docx

  • 1.
  • 2. Die koms van die koningstyd het alles verander (1000-597 v.C.). Die koning met sy voltydse weermag, hofhouding en amptenare wat nie geproduseer het nie, was afhanklik van die boere se belasting (klink bekend nê!). Soos wat die nie-produserende sektor toegeneem het, het belasting toegeneem. Salomo se geweldige bouprojekte het die belasting-las nog verder verhoog (vgl. die profete soos Amos wat toe begin optree het).
  • 3. Boere se skuld het toegeneem totdat hulle hulle grond verloor het. Daarna moes hulle as arm ambagmanne werk (vgl. Josef en Maria wat oënskynlik nie grond besit nie).
  • 4. Toe kom die periode van vreemde oorheersing: Babilonië, die Perse, die Grieke, Egipte, Sirië en toe Rome. Almal het die land geplunder en verwoes, en daarna die belasting verhoog.
  • 5. Ten tye van Jesus was die mense dus brandarm, en het hulle nog verder verarm. Herodes het van die arm boere onteien en aan ryk landhere verkoop vir politieke gunste. Die infrastruktuur is oorweldig deur die bevolkingsgroei. ’n Reeks natuurrampe (droogtes) het die land getref. Aangesien ’n huwelik grootliks ’n ekonomiese transaksie was, het armes met armes getrou, en só nog verder verarm. Die gelowiges van die eerste gemeente is ook stelselmatig uit die Joodse gemeenskap, wat hulle as families in staat gestel het om te oorleef, gewerp. Op hulle eie was hulle dus die armste, religieuse groepering onder die Jode. Lees Hand 4:32-35 Woordverkondiging Hulle was een van hart en siel – niemand het gebrek gely nie Wie is die grootste? Iemand het op ’n keer vir Albert Schweitzer gevra: “Doctor, name the greatest person alive in the world at this moment.” Hy het ’n oomblik gedink en toe hierdie antwoord gegee: “The greatest person alive in the world at this moment, is some unknown individual in some obscure place who, at this hour, has gone in love, to be with another person in need.” Dié wat help, is die grootste En dit is een van die eerste dinge wat Lukas vir ons in Handelinge vertel van die vroeë kerk, dat dit ’n plek was waar mense mekaar gehelp het. Duisende klein dade van gehoorsaamheid was die lewensasem van die eerste gemeente. Eenheid en mededeelsaamheid Lukas vertel vir ons, dat binne die eerste paar weke na Pinkster, hulle getalle gegroei het tot 5 000 ( 4:4). En dié getal gelowiges was veral uit die armer dele van die gemeenskap van Jerusalem. En, soos ons weet, dit is van die allergrootste belang, veral in so 'n groot gemeenskap, dat daar geestelike eenheid en eensgesindheid onder gelowiges moet wees ten opsigte van toewyding, lojaliteit en liefde vir God en sy Woord. Die kerk kan nie sonder geestelike eenheid oorleef nie. En al het ons gesonde meningsverskil oor die beste manier om dinge te doen, moet daar in 'n gemeente 'n basiese eenheid wees in die toewyding aan God en sy Woord – en as ons oor Somerstrand dink, 'n eenheid van toewyding aan God in ons wyke, in ons kleingroepe, in ons eredienste, in ons Didage aanbiedinge. Die eerste boodskap van hierdie teksgedeelte, is dus dat ons hulle voorbeeld moet volg, en nog meer ons eenheid as gelowiges moet vier en vertroetel. Praktiese eenheid in mededeelsaamheid Maar – en dit is die tweede boodskap van die gedeelte – kerklike eenheid is nooit net ’n geestelike saak nie. Dit is altyd ook ’n praktiese kwessie. Die onderlinge liefde en eenheid moet uitmond in 'n praktiese manier waarop ons teenoor mekaar en die wêreld optree. Ons kan ongelooflik baie leer by hierdie eerste gemeente. Lukas sê vir ons, nie een van hierdie Christene het gevoel dat hulle besittings net hulle eie was nie, daarom het hulle dít wat hulle gehad het, met die ander gedeel. Op dié manier het hulle die armes ook gehelp. Hulle wou nie een broer of suster in die geloof laat swaarkry terwyl daar ander was wat oorvloed het nie. Alles behoort aan God (Rethie vannaand) En dit is wonderlik dat die redes hoekom hulle dit gedoen het, gewortel was in een ding en een ding alleen: hulle besef van wie God is. Daar is maar een rede hoekom ons ooit kans sal sien vir mededeelsaamheid. En dit is wie God is vir ons. As 'n mens die belydenis van Genesis ernstig neem, dat God uit die niks en uit die chaos alles gemaak het wat ons vandag kan sien, selfs ons menswees, dan behoort alles aan God. En as ek dit glo, dan is enigiets wat ek het 'n gawe van God, 'n geskenk, deel van sy genade aan my. Dan is die enigste manier om met jou besittings om te gaan, om uit dankbaarheid vir God, jou besittings tot voordeel van God en van ander op aarde te bestuur. Die volgende storie illustreer iets hiervan. ’n Tiener wonderkind het sy hart op die verhoog voor ’n groot gehoor uitgespeel. Hy kon die klavier speel! Toe hy klaar is, het hy van die verhoog afgeloop, terwyl die gehoor hom ’n staande applous gegee het. Die man agter die gordyn het blykbaar die tiener aangemoedig om weer uit stap en voor die gehoor te buig. “Nee” het die seun geantwoord “ek kan nie!” “Waarom nie?” het die verhoogbestuurder gevra “Hulle almal staan en klap vir jou.” “Nie almal nie” het die tiener geantwoord “Die man in die agterste ry op die balkon, sit nog.” “Dis die enigste een!” sê die verhoogbestuurder “Wat maak hom so belangrik?” “Hy is my leermeester.” het hy saggies geantwoord, terwyl hy skelmpies agter die gordyn uitloer “Ek het vir hom gespeel.” Net toe het die man op gestaan en deel van die staande applous vir sy leerling geword. Is dit nie waaroor die lewe gaan nie? Soos Paulus dit mooi opsom: “Ons wil nie guns van mense probeer wen nie, maar doen wat God van ons verwag.” (1 Tess 2:4) Dit maak ons een in hart en siel - al verskil ons dikwels soos dag en nag van mekaar- dit gaan vir ons oor God die Vader, God die Seun en God die Gees. Nog dieper, as ek regtig glo in die opstanding van Jesus uit die dood, kan ek my nooit weer losmaak van wie Hy is vir die gemeenskap van gelowiges en vir die wêreld nie. Sonder die opstanding sou daar natuurlik nooit 'n kerk gewees het nie. Dit is vanweë die opstanding van Jesus dat daar 'n gemeenskap van gelowiges ontstaan het wat deur hierdie sentrale waarheid en werklikheid saamgesnoer is. Hulle het 'n eenheid van hart en siel ervaar, soos Lukas hier skrywe, omdat elkeen in Jesus geglo en die krag van die opstanding persoonlik ervaar het. En omdat almal dit ervaar het, was daar 'n amper onkeerbare drang om dit wat hulle het met ander wat soos hulle glo, te deel. “True love and faith inspire social concern, especially within the community of believers” (Evangelical Commentary) En jy kan maar dit toets – as iemand nie sy besittings deel met ander nie, lê die fout eintlik maar net op een plek: hy of sy erken nie hulle goed as gawes van God nie, en daarom voel hulle nie deel van die gemeenskap van gelowiges nie. En die omgekeerde is net so waar – as jy God erken as die Skepper, dan kan jy nie anders om dit in oorleg met Hom te bestuur nie; netso as jy ander gelowiges as jou medegelowiges ervaar, dan kan jy nie anders om hulle belange in ag te neem in jou hantering van jou besittings nie. Daarom het die eerste Christene nie net ’n tiende van alles gegee nie, maar alles wat hulle het. Hulle het nie gevra wat hulle moet gee nie, eerder wat mag hulle vir hulleself hou in die lig van die behoeftes van die gemeenskap. Scott Russell Sanders vertel van ’n vooraanstaande bouer in ’n klein Ohio dorpie wat gevra is of hy as vrywilliger wil aansluit by die plaaslike brandweer wat net bestaan uit vrywilligers. Hy het dit vriendelik van die hand gewys, want wat kon hy daaruit kry? Sy huis was van baksteen gemaak en brand bestand. Maar een dag het sy huis aan die brand geslaan. Die brandweer, wat bestaan het uit vrywilligers, het met hulle brandweerwa daar aangekom. Maar voor hulle die begin het om die brand in sy huis te blus, het hulle speels vir hom gevra of hy steeds geen rede het om by hulle aan te sluit nie. Sonder huiwering het hy ingestem om dadelik by hulle aan te sluit! Sanders hou daarvan om die storie te vertel omdat sy pa een van daardie vrywilligers was wat daar opgedaag het om die bouer se huisbrand te blus. Hy hou daarvan om dit ook te vertel omdat dit presies verduidelik wat dit beteken om deel van ’n gemeenskap te wees. Hy skryf dan: “We should not have to wait until our houses are burning before we see the wisdom of facing our local needs by joining in common work… We had better learn how to live well together, or we will live miserably apart.” En God se genade was groot oor almal, dit wil sê God het almal vervul, ook hul praktiese lewe ten opsigte van dinge soos mededeelsaamheid. Ek lees in Vincent Brümmer se wonderlike boek oor gebed (What are we doing when we pray?) dat God altyd die eerste oorsaak van gebedsverhoring is. Dit is Hy wat intree en help waar daar behoefte is. Maar, en dit is die wonder van die geloofsgemeenskap, ons is die tweede oorsaak van gebedsverhoring. God tree deur ons hande en ons besittings in om te help waar daar behoefte is. Die gelowiges in die vroeë kerk het dus hulle besittings en eiendom met mekaar gedeel omdat daar 'n werklike eenheid en liefde onder hulle was en dit omdat hulle aan God self verbind was. Kommunisme? Maar – 'n mens moet dit nie verkeerd verstaan nie. Dit was geen kommunistiese stelsel waarin hulle noodwendig afgesien het van besitreg nie. Een van die kommentare (De Villiers) sê dat 'n mens hier gebruiksgemeenskap van goedere vind, maar nie 'n eiendomsgemeenskap nie. Lukas wys eerder dat die meer vermoënde Christene hulle besittings nie net as hulle eie beskou het of uitsluitlik vir hulleself aangewend het nie, maar ook met opregte liefde omgesien het na die behoeftes van die medegelowiges. Privaatbesit is dus nie opgehef nie. Beskikkingsreg het steeds aan die individuele gelowiges behoort.  Dit blyk bv. uit die feit dat Barnabas nog sy eie grond besit het en dit op eie inisiatief verkoop het, soos ons hier in 4:37 lees (hy was uit die geslag van Levi en mag streng gesproke nie grond besit het nie, maar dit daar gelaat), en dat Petrus aan Ananias, wat ook nog sy eie grond besit het, gesê het dat by die grond en die opbrengs daarvan kon bly behou het (5:3). Ons lees ook verder aan in Handelinge dat Maria, die moeder van Markus, nog haar eie huis besit het (12:12). Privaatbesit is dus in geen opsig opgehef nie, maar eiendom is van tyd tot tyd verkoop om in die behoeftes van medegelowiges te voorsien. Die mededeelsaamheid is dus op die basis van behoefte nie op die basis van gelykheid of gelykstelling uitgevoer nie (“carried out not on the basis of equality but on the basis of personal need” – Wycliffe Bible Commentary). Dit is nie bv. net gelykop verdeel nie, wat in elk geval eintlik dan net die armoede gelykop verdeel. En dit is belangrik om te besef dat dit gereeld gebeur het. Lukas vertel van minstens 3 keer wat hierdie verkoop van besittings gebeur het. Wat dus gebeur het, is dat die lidmate, uit hulle ervaring van eenheid en mededeelsaamheid sélf besluit het om hulle besittings met ander te deel. En hulle het nie nodig gehad om álles met die ander te deel nie, maar slegs soveel dat dit in almal se behoeftes voorsien het. Dit het spontaan vir die eerste Christene gekom. Wanneer nie die wet ons dwing om te deel met ander nie, maar wanneer ons harte beweeg word om te deel en te help, dan is ’n gemeenskap regtig ‘Christelik’. Die visie van Deuteronomium 15 Die visie van Deut. 15:4, dat daar nie 'n arme onder die volk sal wees, as hulle regtig die Here gehoorsaam nie, het dus hier in vervulling gegaan. Soos Lukas sê: “nie een van hulle het gebrek gelei nie ...” Dit is 'n visie wat in gevaar gestel is deur Ananias se optrede, soos ons in hfst. 5 lees, en later deur die vervolging wat ook 'n ekonomiese impak op die eerste gemeente gehad het, maar toe deur die hulp van ander gemeentes in Europa en Asië in stand gehou is. En terloops – vir dié wat wonder oor die volgende verhaal van Ananias en Saffira – hulle probleem was dat hulle met hulle gewaande mededeelsaamheid indruk wou maak. Deur so vir die gemeente te lieg, het Ananias en Saffira bedrog teen God sélf gepleeg. Die verskriklike gevolge het gedien as voorbeeld vir die hele kerk (Handboek by die Bybel). Laat my dink aan die storie van die koning wat ’n klomp kleinboere op sy grond met wingerd laat boer het. Hy wou nie meer geld maak nie, maar wou baie graag genoeg wyn hê wat vir hom ’n jaar lank kon hou tot die volgende oes. Sy reëling met die kleinboere was dat hulle ’n bottel van hulle beste wyn in ’n vat by sy kasteel moes kom gooi. Die koning het geweet dat as almal dit doen, hy genoeg wyn vir die jaar sou hê en ook van die lekkerste wyn wat jy kon kry – praat van ’n goeie versnit! So het die klein boere jaar na jaar ’n bottel van hulle lekkerste wyn gebring en die koning was baie tevrede. Een van die boere het egter een jaar gedink dat as hy daardie jaar nie wyn ingooi nie, die koning dit tog nie sou agterkom nie. Hy het toe, in plaas van die wyn, ’n bottel water gaan ingooi. Toe die oestyd verby was en die koning van sy wyn wou geniet, het hy woedend al die kleinboere geroep. Voor hulle oë het hy van die wyn uit die vat geskep en tot almal se verbasing was daar net suiwer water in die vat. Elkeen van die boere het dieselfde gedagte gehad – dat hulle beskeie bydrae tot die koning se wynvat tog nie so belangrik is nie. Die koning het toe al die boere van hulle wingerde verjaag en die grond vir ander mense gegee. Ek sluit af Ons fokus dié kwartaal op gasvryheid. Ons gaan nie soseer preek daaroor nie, maar dit beoefen. Dit is reeds so dat daar ‘n ongelooflike omgee in ons gemeente vaardig is. Praat net met mense wat deur een of ander krisis gaan, en hoe mense regtig betrokke raak en uitreik na hulle. Ons wil aansluit daarby en die Here vertrou dat dit nog groter sal groei, die mense sal insluit wat soms oorgeslaan word en veral die mense in ons buurte wat nie van ons gemeente of selfs geloof is nie, ook sal insluit. Alexander Irvine het ’n wonderlike ding geskryf in sy roman, My Lady of the Chimney Corner. Die heldin van die boek gaan na ’n buurvrou wat in rou is en plaas haar hand om haar en sê: “God takes a hand whenever he can find it and just does what he likes with it. Sometimes he takes a bishop's hand and lays it on a child's head in benediction. And then he takes the hand of a doctor to relieve the pain, the hand of a mother to guide a child. And sometimes he takes the hand of a poor old creature like me to give comfort to a neighbor. But they're all hands touched by his Spirit, and his Spirit's everywhere lookin' for hands to use.” Gebed Dankoffers Slotlied Ons kan die Here dank vir sy liefde op baie maniere. Ons kan ons eenheid met mekaar ook wys op baie maniere. Een manier is om dié kwartaal in gasvryheid te lewe. ‘n Ander manier is om saam te kom op Woensdagaande of –oggende vir Didage. Ons droom van ‘n skare mense wat die Here kom dien en verder toegerus word om die Here as dissipels te dien. Skryf in! 524 God roep ons om met woord en daad vir Hom te leef en werk (staan) Seën Halleluja 189 Halleluja (staan) gedagtes oor armoede (vir dié wat verder hieroor wil nadink – op die web geplaas) Strategieë vir die hantering van armoede Watter riglyne gee Lukas vir ʼn gemeente wat oorval word met armes? Lukas gee vir ons meer as een antwoord. Unieke situasies vra dus om verskillende optredes. Die volgende blyk egter belangrike riglyne te wees: 1. Ons moet waak om materiële dinge te begeer (Luk. 12:15-21). Ons moet eerder begeer om barmhartig te wees soos wat God is (Luk 6:36). 2. Daar moet verder as 'n gevoel van jammerte gegaan word deurdat daar konkreet iets gedoen is. Daarom praat ons van liefdadigheid. 3. Die gee van Aalmoese en die verlening van gasvryheid is deel van ons taak as kerk (dis Jesus se oproep - Luk 12:33 en word deur gelowiges gemodelleer: Paulus gee in Hand. 11:27-30, 12:25, 24:17; en in Hand. 10:2 gee Cornelius ruim). Dis immers saliger om te gee as om te ontvang (Hand. 20:35b). Die vraag is ook nie hoeveel jy gee nie, maar hoeveel jy vir jouself hou. 4. Lukas vermeld drie keer (dus ʼn algemene gebruik) dat die gelowiges hulle besittings verkoop het en alles met mekaar gedeel het (Hand. 2:45, 4:32 en 4:34). Dit gaan in die gedeeltes egter eerder oor mededeelsaamheid as besitloosheid. Jesus word bv. nie as 'n askeet geskets nie (vgl. sy optrede by die troue in Joh. 2 en die aanklag teen Hom in Luk. 7:34). Hand. 4:32-37 getuig van die verdeling van besittings eerder as die totale afsien daarvan. Liefdadigheid en die verligting van lyding, is die motief. Die grammatika van die verse dui ook eerder op 'n voortdurende (soos nood ontstaan het?) proses as 'n eenmalige een. 5. Die oproep tot mededeelsaamheid geld vir almal. Die rykes ten opsigte van die armes, maar ook ten opsigte van die minder armes teenoor die meer armes (vgl. Luk. 3:11 waar die wat net twee het, ook moet ook deel). Daar was egter geen dwang om alles te verkoop en weg te gee nie soos wat Ananias-hulle voorgegee het nie (5:3-4). 6. Waar moontlik, moet die armes selfversorgend wees (vgl. Paulus as tentmaker - Hand 20:35). 7. Gelowiges moet alle uitbuiters met liefde behandel (Luk. 6:27 & 35), maar hulle moet weer met hulle onreg breek (Luk. 19:8). Let op Saggeüs se weggee van die helfte van sy besittings! 8. Dis 'n geestelike gawe om te kan gee (Rom. 12:8). Miskien moet ons meer (indien ons ooit wel), daarvoor bid as vir ander gawes wat vir ons as mense meer belangrik lyk. 9. Dit is duidelik in vers 35 dat die apostels 'n leidende rol gespeel het in die insameling en die verdeling van die gemeente se middele. Die geld wat ingesamel is, is letterlik aan hulle voete neergelê as simbool van die onderwerping daarvan aan hulle beheer (Hand. 4:35, 37, 5:2).