Die statuur van Sumeries in die antieke Nabye Ooste is merkwaardig. Selfs nadat die taal vanaf sowat 1,600 VHE nie meer ‘n betekenisvolle aantal moedertaalsprekers het nie, is dit op skool geleer en geskryf tot die begin van ons era. Benewens die taal se lang leeftyd, is die geografiese verspreiding daarvan uiters indrukwekkend.
Kleitablette in die Sumeriese taal het deel uitgemaak van die versamelings van biblioteke in stede soos Hattusa, Ebla, Ugarit, Susa, Mari, en ander, regdeur Assiriё en Babiloniё. Sumeries is vanaf Elam in die ooste deur Siriё tot in Anatoliё in die weste gebruik. Dit kan net toegeskryf word aan die kulturele prestasies van die Sumeriёrs en die ryk literatuurskatte van die taal.
1. Die Sumeriese taal bly steeds een van die frustrerendste raaisels van
die geskiedenis en van die linguïstiek. Dis nie net die kwessie van die
oorsprong daarvan nie, maar veral die afwesigheid van geneties-
verwante tale, wat kwel.
Hoe meer ons uitvind oor die taalsituasie in Mesopotamiё in die derde
en vierde millenium VHE, hoe meer vermenigvuldig die raaisels.
Die kernvrae is: Van wanneer af is die Sumeriёrs in Suid-Mesopotamiё
teenwoordig? Het die Sumeriёrs hulle in ‘n reeds-bevolkte land
gevestig? Wie het hulle voorafgegaan?
3. 3
Spykerskrif-ortografie kompliseer fonologiese en morfologiese analise. Die oudste suiwer
Sumeriese tekste (logografies en spykerskrif van 2,800 VHE) het nie woorde volledig uitgeskryf nie,
terwyl die groot aantal tekste uit die Ou-Babiloniese periode die Sumeriese taal deur ‘n Akkadiese
(Semitiese) lens weergee.
Sumeries (Emeg̃ir) is die taal van antieke Sumer (Ki’eg̃ir) wat in Mesopotamië gepraat is vanaf die
vierde millennium VHE tot sowat die middel van die tweede millennium VHE. Daarna is Sumeries
steeds as ‘n akademiese, liturgiese en literêre taal gebruik tot in die eerste eeu van die huidige era,
soos Latyn deur die Middeleeue in Europa.
4. 4
Die statuur van Sumeries in die antieke Nabye Ooste is merkwaardig. Selfs nadat die taal vanaf
sowat 1,600 VHE nie meer ‘n betekenisvolle aantal moedertaalsprekers het nie, is dit op skool geleer
en geskryf tot die begin van ons era. Benewens die taal se lang leeftyd, is die geografiese
verspreiding daarvan uiters indrukwekkend.
Kleitablette in die Sumeriese taal het deel uitgemaak van die versamelings van biblioteke in stede
soos Hattusa, Ebla, Ugarit, Susa, Mari, en ander, regdeur Assiriё en Babiloniё. Sumeries is vanaf
Elam in die ooste deur Siriё tot in Anatoliё in die weste gebruik. Dit kan net toegeskryf word aan die
kulturele prestasies van die Sumeriёrs en die ryk literatuurskatte van die taal.
5. 5
Bekende Sumeriese literêre werke:
The poetry and hymns of Enheduanna
A Creation and Flood Myth
Three epic cycles:
Two Enmerkar legends: Enmerkar and the Lord of Aratta; Enmerkar and En-suhgir-
ana
Two tales of Lugalbanda during Enmerkar's campaign against Aratta: Lugalbanda in the
Mountain Cave; Lugalbanda and the Anzud Bird
Five stories in the Gilgamesh epic cycle: Gilgamesh and Huwawa (version A, version
B); Gilgamesh and the Bull of Heaven; Gilgamesh and Aga; Gilgamesh, Enkidu and
the Netherworld; The Death of Gilgamesh
The Kesh Temple Hymn
The Lament for Ur
A series of long poems about the exploits of the goddess Inanna:
Inanna and the Me’s
Inanna and Ebih
Inanna and Shukaletuda
Inanna and Gudam
Inanna and An
The Descent of Inanna into the Underworld
The Dream of Dumuzid
Leksikon
Bewyse dat die Sumeriёrs nie die eerste inwoners van die landstreek was nie, blyk uit die Sumeriese
taal. Op grond van die plekname van Suid-Mesopotamiё weet ons dat Sumeries nie die
oorspronklike taal van die gebied was nie. Die naam van die Eufraatrivier (Buraduna) is allermins
Sumeries, en so ook die name van antieke stede soos Urim, Uruk, Larsa, Adab, Lagas en Zimbir.
Onsekerheid heers oor die naam van die Tigris (Hidigla), “snelstroom?”
Beroepsterme soos engar (landbouer), udul (veeteler), shuhadak (visserman), tibira (metaalwerker),
simug (smid), shidim (bouer), nangar (skrynwerker), pahar (pottebakker) en damgar (handelaar) kom
uit ‘n ander taal. Tesame daarmee woorde soos apin (ploeg), nimbar (palm) en sulumb (dadel).
So ook verskeie terme rondom bier en bierbrouery.
6. 6
Morfologie
Sumeries is ‘n agglutinerende taal met gesplete ergatief, wat beteken dit funksioneer as nominatief-
akkusatief in die eerste en tweede persone van die onvoltooide tyds-aspek maar as ergatief-
absolutief in ander gevalle. So ‘n stelsel kom ook in Georgies, Burushaski, Iraanse Pashto en etlike
Indo-Europese tale van Indiё voor.
‘n Onderskeid tussen “mense & gode” vs “die res” skep twee naamwoordklasse, en die naamvalle
absolutief, ergatief, allatief, genitief, ekwatief, datief, terminatief, komitatief, lokatief en ablatief word
met suffikse aangedui.
Sumeries is ‘n SOV-taal, en tot tien verskillende prefikse kan voor die werkwoordstam verskyn, met
tot drie suffikse daarna, sodat die Sumeriese werkwoord 14 posisies bied waarin morfeme met ‘n
spesifieke betekenis aangewend kan word. Die werkwoord merk onder meer modaliteit, aspek,
stem, polariteit, iterativiteit en intensiteit, en integreer die onderwerp en voorwerp.
Prinses Pu-Abi
7. 7
Fonologie
Ons kennis van die Sumeriese taal is onvolledig omdat die grootste korpus daarvan deur die
medium van Akkadiese fonologie en die spykerskrif oorgedra is.
Omdat die Akkadiese skryfwyse net vier simbole vir klinkers het, word Sumeries ook met net /i, e, a,
u/ geskryf, wat beslis nie korrek kan wees nie. Die simbole wat aangewend word om verskillende
vorme van byvoorbeeld /u/ te onderskei, word nie deeglik verstaan nie. Ander bronne bied ook
leidrade dat die taal se klinkers nie tot vier beperk was nie. As minimum het Sumeries die vokale /e,
i, a, u, o of ɔ, ε en ü/ bevat, en moontlik ook ‘n onderskeid getref tussen kort en lang vokale.
Volop bewys van vokaalharmonie bestaan. Sumeriese woorde van twee lettergrepe toon
vokaalharmonie deur die eerste klinker te herhaal, bv kalam “land,” piriŋ “leeu,” of murub “sentrum.”
As Spreektaal
Argaïese Sumeries is die vroegste fase van die taal, en tekste daarin begin met die Jemdet Nasr
(Uruk III) periode in die 31ste eeu VHE. Sumeries het waarskynlik as ‘n spreektaal bly voortbestaan
in die stad Nippur en omgewing tot die sestiende eeue VHE. Sumeries is ook tot laat in die Seeland-
streek gepraat, waar daar nog ‘n dinastie (1700- 14000) was met Sumeriese troonname.
Sprachbund met Akkadies
Die taal het 19 – 20 konsonante gehad, sommige waarvan die uitspraak oor honderde jare verander
het. Akkadies en Sumeries het vir meer as ‘n millennium saam bestaan en mekaar wedersyds
beïnvloed, sodat Akkadies sy prototipiese Semitiese vorm verloor het. Dis die eerste bekende
voorbeeld van taalverandering weens kontak, wat tot ooreenkomste in fonologie, morfologie,
sintaks en leksikon gelei het.
Die Sumeriese invloed op Akkadies het die vyf gutturale klanke van Proto-Semities /*ḫ, *ħ, *ɣ~ʁ, *ʕ
*/!/ tot een met ‘n sagter uitspraak reduseer. Akkadies se aanvanklike drie klinkers [a, i, u] is deur [e]
aangevul en het aanleiding gegee tot Babiloniese vokaalharmonie.
Die voornaamwoordstelsels van Sargoniese Akkadies en Babilonies toon ‘n toenemende aantal
naamvalle in vergelyking met Proto-Semities en die noordelike (Assiriese) vorm van Akkadies.
Akkadies het die interne meervoudsvorm verloor en net die suffiksmeervoud behou wat met die
Sumeriese vorm ooreenstem. Die Akkadiese en Sumeriese ‘tenses’ toon merkwaardige
ooreenkomste, byvoorbeeld die Akkadiese perfektum verledetydsvorm met -t-infiks weerspieёl die
Sumeriese vorm met ba-prefiks.
8. 8
Proto-Semities se VSO-woordorde het in Akkadies SOV geword onder invloed van Sumeries.
Benewens die Sumeriese leenwoorde in Akkadies, is daar idiome in die twee tale wat woord-vir-
woord ooreenstem.
Eufraties
Die taal van die vroegste Mesopotamiese tekste, die proto-kuneivorm tablette van die Laat-Uruk-
periode (ca. 3350-3100 VHE), was waarskynlik ‘n vroeё vorm van Indo-Europees.*1
Dis die taal van die mense wat landbou na suidelike Mesopotamië gebring het tydens die Vroeë
Ubaid-era (5300 tot 4700 vC). Dit sou die vroegste voorbeeld van ‘n Indo-Europese taal wees wat
nog gevind is.
Die naam van die landstreek, Kalama, mag betrekking hê op die PIE woord *kolHm (riete). Nippur,
die stad van Enlil (Heer van die Wind), dui moontlik op PIE *nebhro (wolk, newel), en die stad Lagash
op PIE *leghos (stoorkamer). Die Sumeriese woord vir ‘n bewerkte land, ugur, mag uit PIE *hegro
spruit, terwyl die titel patesi, ‘n goewerneur of burgemeester, baie op PIE *potis (leier) trek.
‘n Hele woordfamilie in Sumeries mag op die PIE stam *ner (man) / *neros (krygsman) gebaseer
wees. Dit sluit in die Sumeriese stam ner/nir wat vir prins, held, heerser of owerheid gebruik word.
Vergelyk ook Sumeries giru 'geliefde' met PIE *kāra/u- 'beminde, geliefde', Sum. gud/gu ‘bul, os, bees’
met PIE *gu/gwou- ‘koei’, Sum. pala ‘kleed, met die PIE werkwoord *pal- 'toedraai, bedek', en Sum. tur
(erf, kraal) met PIE *dhwors (deur).
9. 9
Enkele ander voorbeelde:
Sum. erin; (ḫ)uríin 'arend' ~ PIE *her-; *horno- arend.
Armeens arcui, Grieks orneon, Litous erelis.
Die woord kom in Akkadies voor as eru en urinnu.
Sum. luḫ(u) 'was; skoonmaak’ ~ PIE *lehw- 'was';
Gk. lousis (λοῦσις); Lat. lavō.
Sum. maḫ(a) ' om magtig te wees’ ~ PIE *magh- 'magtig';
Skt. magha (मघ); Gk. mēkhos (μῆχος).
Sum. us(.a) 'ooi'; us5 'skaap' ~ PIE *owi; *howi(s) 'skaap;
Sanskrit avika (अति); Lat. Ovis.
Sealand
10. 10
Familiebande
Familie vir Sumeries is al onder meer by die volgende tale en taalfamilies gesoek:
• Kartveelse tale
• Mundatale (Austries)
• Drawidies (Elamo-Drawidies)
• Oeraals (Uralo-Siberiese groep)
• Altaïes (Transeurasiese groep)
• Baskies (Dené-Sino-Kaukasies)
• Nostratiese tale
• Sino-Tibetaans (Dené-Sino-Kaukasies)
• Dené-Sino-Kaukasies
Dis onweerlegbaar dat Sumeries aansienlike leksikale ooreenkomste met die Oeraalse tak van
Uralo-Siberies, en met die Altaïese tak van Transeurasies toon, en gevolglik met hulle prototaal,
Nostraties (soos die woord vir opperwese/hemel, Dingir/Dimir, en vir demoon, Dimme) wat in
voorvermelde groepe onder meer as Tengri, Tündér, Jengis, Cingiz voorkom. Waar dit egter die
werkwoord-morfologie aangaan, het die suffikserende Oeraals en Altaïes min in gemeen met
Sumeries wat ‘n uitgebreide string prefikse aanwend.
Van al die bogenoemde, is die Dené-Sino-Kaukasiese prototaal waarskynlik die naaste aan Sumeries
in die lig van beide kognate en werkwoord-morfologie.
11. 11
Volgorde van prefikse in die Sumeriese werkwoordtemplaat
Modale verbuigings- naamvals- pronominale [WERKWOORDSTAM] suffikse
Die DSK-werkwoord was polisinteties, met verskeie prefiksposisies voor die werkwoordstam. Die
prefikse het kategorieё soos aspek, tens, modaliteit, valensie en pronominale agente en/of pasiёnte
aangedui.
Affikse in die Proto-Dené-Sino-Kaukasiese werkwoordtemplaat
-4 -3 -2 -1 [WERKWOORDSTAM] +1 +2 +3 .....
-1 Valensie-veranderende prefiks
-2 Klasmerker
-3 Voorwerpsprefiks
-4 Onderwerpsprefiks
Voornaamwoorde
Proto-DSK het oor drie stelle suppletiewe voornaamwoorde beskik. Een stel het Eerstepersoon
enkelvoud *ŋa en tweedepersoon meervoud *su, teenoor Sumeries Eerstepersoon enkelvoud ŋa
en tweedepersoon enkelvoud za [tsa].
Etlike kognate in DSK-tale
Term Sum Kognaat Taal
Bloed gur gorri “rooi” Baskies
Dag ud od “lig, skyn” Tibetaans
Vlieg dal dal “bo” Burushaski
Vol uš oso “heel” Baskies
Lewe tin/til til “wees” Tlingit
Mond ka kha Tibetaans
Maak ag egin “maak” Baskies
Knie dug dumus Burushaski
Naam sa izen Baskies
Reёn seng zhang Sino-Tibetaans
Water er (h)ur Baskies
Wind lil luia “ill wind” Baskies
13. 13
Verwysings
1* Landsberger, Benno. (1974) Three Essays on the Sumerians.
Whittaker, Gordon. (2008) The Case for Euphratic. University of Göttingen, Germany.
Bibliografie
Bengtson, John D. 2011. The Dene-Sino-Caucasian hypothesis: state of the art and perspectives.
https://www.academia.edu/13072385/The_Dene-Sino-Caucasian_hypothesis_state_of_the_art_and_perspectives
Bengtson, John D. 1997. The Riddle of Sumerian. Mother Tongue. Issue III.
Bomhard, Allan R. 1997. On the Origin of Sumerian. Mother Tongue. Issue III.
Cunningham, G. 2009. 'Sumerian'. Concise Encyclopedia of Languages of the World, pp 1022-1025. K.
Brown & S. Ogilvie (eds). Elsevier (2009).
Foxvog. 2013. Introduction to Sumerian Grammar. http://cdli.ucla.edu/pubs/cdlp/cdlp0002_20160104.pdf
Jagersma, A H. A Descriptive Grammar of Sumerian. A. H. Jagersma. Doctoral thesis, Leiden University
(2010). Available online at: https://openaccess.leidenuniv.nl/handle/1887/16107
Michalowski, P. 2008. 'Sumerian'. In The Ancient Languages of Mesopotamia, Egypt, and Aksum, pp 19-
59. R. D. Woodward (ed). Cambridge University Press (2008).
Sahala, Alexi, 2013. Sumero-Indo-European Language Contacts.
Uys, Pieter. 2014. Priesteres Enheduanna. https://en.calameo.com/read/006689791a1f8f7dd744b
Whittaker, Gordon. 2012. Euphratic - A phonological sketch
Whittaker, Gordon. 1998. Traces of an early Indo-European language in Southern Mesopotamia.
Göttinger Beiträge zur Sprachwissenschaft 1: 111–147.
Whittaker, Gordon. 2001. The dawn of writing and phoneticism. In Dörte
Borchers, Frank Kammerzell & Stefan Weninger (eds.), Hieroglyphen, Alphabete, Schriftreformen: Studien zu
Multiliteralismus, Schriftwechsel und Orthographienregelungen, 11–50. Lingua Aegyptia – Studia monographica.