SlideShare ist ein Scribd-Unternehmen logo
1 von 17
Downloaden Sie, um offline zu lesen
Ek, jy en ons
in die Steentydperk
2
Ek, jy en ons
in die Steentydperk
Drie persoonlike voornaamwoorde in die Boriese oertaal
en hulle manifestering in lewende tale
Pieter Uys
3
Inhoudsopgawe
Taalrekonstruksie 4
Databasisse 6
Twee Modelle 6
Boriese Konsepstamme 7
Semantiese Velde 9
Prototale 10
Eerste Persoon Enkelvoud 10
Tweede Persoon Enkelvoud 11
Eerste Persoon Meervoud 12
Nota 13
Bibliografie 14
Aanhangsel A 16
Aanhangsel B 17
4
Bories, Boreaals of Boreaans is 'n hipotetiese oertaalfamilie wat uit die Ou
Steentydperk dateer (50,000 tot 12,000 jaar gelede). Deur middel van die
historiese linguïstiek se komparatiewe metode is dit moontlik om vroeёre fases
van bestaande tale te rekonstrueer. Latyn byvoorbeeld, kan rekonstrueer word
deur Spaans, Frans, Italiaans en Roemeens te vergelyk. Proto-Germaans is
rekonstrueer deur Duits, Engels, Nederlands, Goties, die Skandinawiese tale en
ander te vergelyk. Deur die sistematiese vergelyking van sy afstammelinge
Germaans, Kelties, Romaans (Italies), Balties en ander, is Proto-Indo-Europees
gerekonstrueer.
So het dit duidelik geword dat hoewel hedendaagse tale drasties van mekaar mag
verskil, hulle prototale sterk ooreenkomste toon. Dit mag wel lyk asof Afrikaans,
Hongaars en Turks min in gemeen het, maar hulle onderskeie prototale (Proto-Indo-
Europees, Proto-Oeraals en Proto-Altaïes) kom heelwat nader aan mekaar in terme van
fonologie, leksikon en morfologiese patrone. Dit het dus moontlik geword om selfs
ouer tale, die voorgangers van PIE, Proto-Oeraals en Proto-Altaïes, te rekonstrueer.
5
Op hierdie manier is prototale soos Eurasiaties/Nostraties, Dene-Sino-Kaukasies, Austries,
Afro-Asiaties en Amerindies geïdentifiseer, die prototale waarvan die afstammelinge deur
meer as 90% van die wêreldbevolking gepraat word. Nie een van hulle is nog in soveel
besonderhede as Proto-Indo-Europees of Proto-Oeraals ontleed nie, maar die werk duur
voort, en die grootste deurbraak van die laaste twee dekades was die identifisering van
Bories.
Indien dit onmoontlik word om ‘n prototaal in detail te rekonstrueer weens gebrek aan data, is
dit steeds moontlik om ‘n oorsigtelike beeld van taal-evolusie te verkry deur die analise van
die data wat wel beskikbaar is. Dis die kernwoordeskat wat die beste resultate oplewer, die
sogenaamde Swadesh-lyste van basiese woorde in die prototale. Dié kernwoordeskat is die
beste bestand teen verandering en bevat min leenwoorde. So het linguïste reeds meer as ‘n
duisend etimons (soortgelyke ouer vorme) in die prototale identifiseer, waaruit die
snelgroeiende Boriese inventaris bestaan.
6
Die data van die Boriese taalfamilie het as teoretiese konstruk beslag gekry uit Sergei Starostin
se navorsing oor prototale. Bories se argeologiese kultuur is die Epipaliolitiese era of laat
steentydperk. Verskeie woordstamme het bestaan wat later in die prototale sou verskyn,
vanwaar dit na natuurlike historiese of lewende tale oorgedra is.
Die “Evolution of Human Languages” (EHL) projek is ‘n histories-vergelykende linguïstiese
navorsingsprojek by die Sante Fé Institute, wat ten doel het om ‘n gedetailleerde klassifikasie
van die wêreld se tale te voorsien. Databasisse word deur die internasionale Toring van Babel-
projek bygehou, terwyl die Global Lexicostatistical Database (GLD) se doelstelling is om die
mees volledige reeks basiese woordelyste van alle tale te versamel en aan navorsers
beskikbaar te stel.
Twee modelle bestaan vir Bories, dié van Harold C. Fleming en dié van Sergei Starostin.
Fleming noem Boralies ‘n “filetiese ketting” eerder as ‘n superfilum, en assosieer dit met die
begin van die Paleolitikum in Europa en die Midde-Ooste sowat 50,000 jaar gelede. Bories
omvat dus die Eurasiatiese, Drawidiese, Kartveliese, en Dené-sino-Kaukasiese makro-
taalfamilies, met Afro-Asiaties as sentrale en Amerindies as oostelike anker.
Volgens Fleming vorm die makrofamilies Australies, Indo-Pasifies, en Khoisan nie deel van
Bories nie. Hiervolgens is die enigste gebiede waar Boraliese tale nie gepraat is voor die
Europese ekspansie nie, dele van Afrika, die Andaman Eilande, Nieu-Guinee, sekere eilande
van Melanesië en Indonesiё, Australië en Tasmanië.
7
Sergei Starostin se Bories bestaan uit twee kerngroepe wat die Eurasiatiese landmassa en
Noord- en Oos-Afrika bewoon: I Nostraties met sy Afro-Asiatiese, Eurasiatiese, Drawidiese en
Kartveelse takke. II Dené-Daïes wat die Dené-sino-Kaukasiese en die Austriese makrofamilies
insluit. Die Dené-groepe woon in Alaska, Kanada en die VSA.
Volgens Murray Gell-Mann, Ilia Peiros en Georgiy Starostin kan Khoisan nie by Boralies gevoeg
word nie, terwyl die verbintenis met Indo-Pasifies, Niger-Kongo en Nilo-Saharies verdere
ondersoek regverdig. Die lïnguis en geskiedkundige Wim van Binsbergen1
beweer egter dat
soveel as 27% van die Boriese leksikon reflekse in Proto-Ntu het.
Die meer as een duisend Boriese konsepstamme wat al identifiseer is, word nie eweredig oor
die prototale versprei nie, maar ooreenkomste met Khoisan bestaan wel, soos hieronder
uiteengesit word. Sien ook Kirill Babaev se artikel Once Again on the Comparison of Personal
Pronouns in Proto-Languages.2
Die Boriese leksikon is nie rekonstruksies nie en kan nie as etimologieë beskou word nie. Hulle
is konsonantskelette wat identifiseer is deur vergelyking in die prototale Afro-Asiaties,
Austries, Eurasiaties en Dene-Sino-Kaukasies te vergelyk, en in sommige gevalle Amerindies
en Nilo-Saharies.
8
‘n Boriese konsepstam word in hoofletters geskryf, en V staan vir enige klinker.
T staan vir enige dentaal [d t ð Ԃ θ ϑ τ ț ţ ŧ þ đ],
C staan vir enige affrikaat [t͡s d͡z t͡ɬ d͡ɮ t͡ʃ d͡ʒ t͡ɕ d͡ʑ ʈ
͡ ʂ ɖ͡ʐ ],
H staan vir enige van [h ɦ ĥ ḥ ħ ђ],
K staan vir enige van [k g ķ ],
P staan vir [p b v f Ф], ensovoorts.
Die Boriese stamme se betekenisvelde strek in alle rigtings uit wanneer hulle in die reflekse
van lewende tale verskyn, byvoorbeeld WVTV met die konseptuele betekenis van spraak kan
betekenisse dra soos /resiteer/, /sing/, /lees/, /skel/, /roep/ en /vertel/.
Eurasiaties *watV /praat/ word in Oeralies *wa[t]V /woord/ en in Indo-Europees *wod- met die
betekenisse /praat/, /sing/ en /skel/, en in Neshili uttar /woord/. Dit klink nogal soos Afrikaans
/uiter/. Proto-Afro-Asiaties *wat- beteken /roep/ en /praat/ en meer.
9
Die grootste mate van ooreenkoms in semantiese kenmerke word op die vlak van die makro-
taalfamilie gevind. By kleiner groeperinge vind differensiasie plaas weens geografiese,
kulturele en historiese faktore. Die Boriese konsepstamme is hoogs verwysend en dus
doeltreffend om basiese konsepte oor te dra. In hulle ontwikkeling word die protokonsepte
uitgebrei deur middel van onder meer metonimie en metafoor, wat verskuilde betekenisse
aan die lig bring.
Van Bories na die prototale is die semantiese skuiwe eenvormig, maar die spesifisiteit daarvan
neem toe van die makrofamilie na die familie, en van die familie na die taalgroep. Die afstand
van die kern of oorsprong af beïnvloed dus die aard van semantiese skuiwe – hoe verder van
die bron, hoe meer uiteenlopend.
Klanksimboliek speel ‘n rol; verskillende semantiese kenmerke word deur spesifieke fonetiese
vorme uitgedruk, byvoorbeeld die idee van dowwe of donker kleure neem ‘n stemdraende
konsonant soos /b/ terwyl skerp of helder kleure die skerper, stemlose /p/ verkies.
Voornaamwoorde vorm deel van die kernwoordeskat van elke taal en is onder die mees
stabiele terme in enige taal. Die semantiese velde is beperk tot konkrete konsepte. Dis ook
van belang om te weet dat verskeie prototale oor twee stelle voornaamwoorde beskik, wat
gewoonlik uit ‘n ouer aktief/statief- of akkusatief/ergatief-paradigma spruit.
10
Die Prototale:
AA = Afro-Asiaties (Hebreeus, Arabies, Amharies, Berder, Kopties, Maltees, Oromo)
Am = Amerindies (Aymara, Guaraní, Quechua, Mapudungun, Maya, Nahua, Otomi)
Aus = Austries (Bahasa Indonesia, Thai, Munda, Khmer, Lao, Malagasy, Maleis, Hmong)
DSK = Dene-sino-Kaukasies (Abkhaz, Mandaryns, Tibetaans, Navajo, Apache, Sirkassies)
Eur = Eurasiaties (Engels, Spaans, Frans, Hongaars, Fins, Turks, Duits, Italiaans, Nederlands)
Eerste persoon- enkelvoud
ek
MV
NV
WV
CA
Verskyn in AA, Am, Aus, Eur, DSK
+ Niger-Kongo > Proto-Ntu (voorwerp)
*mɛ > Zulu > mina
+ Noord-Khoisan (Kx’a) > mV
Verskyn in AA, Am = *na, Aus, DSK = *ŋV,
Eur
+ Niger-Kongo > Proto-Ntu >*ni
Zulu > ηgi
+ Suid-Khoisan (Tuu) > ηV
Verskyn in AA, AUS, Eur
Verskyn in AM, AUS, DSK = *dzV
Afrikaans: my
ek
HVKV
HVCV
in AA, Am, Aus, DSK, Eur
in AA, Am, Aus, DSK
Afrikaans: ek
Proto-Indo-Europees: *h₁eǵhom
‘n Samestelling uit die Proto-Eurasiatiese
aanwysende voornaamwoord /*ʔe/, ‘n Proto-Eur
werkwoord /*ge/ wat waarskynlik “om te wees”
beteken het, en -/*m/ uit Proto-Nostraties /*minV/
= “dis ek”.
11
Tweede persoon- enkelvoud
jy
TV
HV
MV
NV
WV
Verskyn in Am, Aus, Eur, DSK = *wVn
Verskyn in AA, Am, DSK, Eur
Verskyn in Aus, Am = *mi
Verskyn in AA, DSK, Eur
Verskyn in Am, DSK
+ Niger-Kongo > *u/*wɛ
Zulu > wena (jy)
Afrikaans: jy
Proto-Germaans *þū
In Nederlands is die Germaanse woord /du/ aan
die einde van die 16de eeu deur die
meervoudsvorm /gij/ vervang as ‘n teken van
beleefdheid. Van die begin van die 17de eeu
verskyn /je/ in die spreektaal.
12
Eerste persoon- meervoud
ons
WV
TV
PV
Verskyn in Am, Aus, DSK, Eur
Verskyn in Am, Aus, DSK
Verskyn in Am, Aus
Afrikaans: ons
Verbuigde vorm van /Wij/. “Het in Afr. self
ontwikkel. Eerste optekening in vroeë Afr. in bet. 2
in 1672 (Franken 1953b: 113). Hoewel Khoi ook
nie in vorm tussen onderwerp en voorwerp by
pers. vnw. onderskei nie, en invloed van die
gebroke Ndl. van Khoisprekers nie heeltemal
uitgesluit kan word nie, wil Scholtz (1963: 116;
1980: 69) die gebruik eerder toeskryf aan die
neiging tot nadruklikheid wat die
ontwikkelingspatroon van vroeë Afr. kenmerk.” ~
GJ van Wyk.
13
Nota
1 Wim M.J. van Binsbergen & Fred C. Woudhuizen. Ethnicity in Mediterranean protohistory
2 “Languages viewed under the Niger-Congo macrofamily umbrella show distinct similarities in the pronominal
system. A pattern “M—W” for the 1st and 2nd person singular pronouns is displayed by most of the language families
of Niger-Congo. Moreover, at least one 1st person plural pronoun can probably be reconstructed as *tV based on
Bantu, Atlantic, and Gur languages. It seems to us that the Niger-Congo system actually consisted of two series of
pronouns, one subject, one object (oblique), just as it looks like in numerous languages of practically all the families.
The other 1st person singular pronoun *_ (representing a variable syllabic nasal) most probably denoted subject
forms opposed to the object (oblique) *mi.
Niger-Congo forms tend to show some basic similarity in the pattern (_ [any nasal] — W), in the line of the hypothesis
of their common genetic roots ([Blench 2007]). Kordofanian and Ijoid languages in this regard lie closer to Nilo-
Saharan than to common Niger-Congo patterns. But there is still obvious lack in solid basis for the proto-forms, so
these clues should be used carefully before reliable reconstructions are made for all sub-families of Niger-Congo.”
https://cyberleninka.ru/article/n/once-again-on-the-comparison-of-personal-pronouns-in-proto-languages
14
Bibliografie
Automated reconstruction of ancient languages using probabilistic models of sound change. Alexandre
Bouchard-Côtéa,1, David Hallb , Thomas L. Griffithsc , and Dan Kleinb a Department of Statistics,
University of British Columbia, Vancouver, BC V6T 1Z4, Canada; b Computer Science Division and c
Department of Psychology, University of California, Berkeley, CA 94720 Edited by Nick Chater,
University of Warwick, Coventry, United Kingdom, and accepted by the Editorial Board December 22,
2012 (received for review March 19, 2012).
Babaev, Kirill. Once Again on the Comparison of Personal Pronouns in Proto-Languages. An article from the
Journal of Language Relationship_2009_001
Bengtson, John D. 2008. In Hot Pursuit of Language in Prehistory: Essays in the Four Fields of Anthropology -
in Honor of Harold Crane Fleming. John Benjamins.
Bengtson., John D. The Languages of Northern Eurasia: Inference to the Best Explanation
Binsbergen, Wim van. 2009. Exploring the long range pre and proto-history of Element Cosmologies. In:
Quest: An African Journal of Philosophy. Vol. XXIII-XXIV, No. 1-2, 2009-2010.
Binsbergen, Wim van. ‘See no evil, hear no evil, speak no evil’’ commenting on five papers on evil in
contemporary Africa.
Blench, Roger. New developments in the classification of Bantu languages and their historical implications.
https://horizon.documentation.ird.fr/exl-doc/pleins_textes/pleins_textes_6/colloques2/38088.pdf
Dunn, M., S. Greenhill, S. Levinson and R. Gray. “Evolved structure of language shows lineage-specific trends
in word-order universals.” Nature 473 (2011): 79-82.
Etimologiebank. https://www.etymologiebank.nl/
Gell-Man, Murray. Testing the "Borean" Hypothesis, by Ilia Peiros, Santa Fe Institute, George Starostin,
Russian State University for the Humanities.
Gell-Mann, Murray et al. (2009) Distant Language Relationship: The Current Perspective, Journal of Language
Relationship·Вопросы языкового родства
Haase, ‘Fee-Alexandra. ‘Protolanguages’ Vs. Linguistic Networks Across Language Branches’. A Basic
Inventory For Relations Of Concepts In Prehistoric States Of Linguistic Communicatio.
Jäger, Gerhard. Support for linguistic macrofamilies from weighted sequence alignment. Department of
Linguistics, University of Tübingen, 72074 Tübingen, Germany. Edited by Barbara H. Partee, University
of Massachusetts at Amherst, Amherst, MA, and approved August 25, 2015
Siegfried, Tom. Murray Gell-Mann gave structure to the subatomic world: Best known for his quarks, he was
also a complexity pioneer. ScienceNews.
Wyk, G.J. van. (2003), Etimologiewoordeboek van Afrikaans, Stellenbosch
15
16
Aanhangsel A
Babaev, Kirill. Once Again on the Comparison of Personal Pronouns in Proto-Languages.
An article from the Journal of Language Relationship_2009_001, p 40.
17
Aanhangsel B
Babaev, Kirill. Once Again on the Comparison of Personal Pronouns in Proto-Languages.
An article from the Journal of Language Relationship_2009_001, p 41.

Weitere ähnliche Inhalte

Was ist angesagt?

Was ist angesagt? (12)

Taal is 'n drif deur die spruit van tyd
Taal is 'n drif deur die spruit van tydTaal is 'n drif deur die spruit van tyd
Taal is 'n drif deur die spruit van tyd
 
Vreemdste tale
Vreemdste tale Vreemdste tale
Vreemdste tale
 
Khoisan as taalfamilie
Khoisan as taalfamilieKhoisan as taalfamilie
Khoisan as taalfamilie
 
Amerindies: Taal is 'n poort deur die muur van tyd
Amerindies: Taal is 'n poort deur die muur van tydAmerindies: Taal is 'n poort deur die muur van tyd
Amerindies: Taal is 'n poort deur die muur van tyd
 
Urartu, Urmia, Aratta, Armenia
Urartu, Urmia, Aratta, ArmeniaUrartu, Urmia, Aratta, Armenia
Urartu, Urmia, Aratta, Armenia
 
Makro Khoisan
Makro Khoisan Makro Khoisan
Makro Khoisan
 
Eggo's van die oertyd in Afrikaans
Eggo's van die oertyd in AfrikaansEggo's van die oertyd in Afrikaans
Eggo's van die oertyd in Afrikaans
 
Taal is 'n brug oor die stroom van tyd
Taal is 'n brug oor die stroom van tydTaal is 'n brug oor die stroom van tyd
Taal is 'n brug oor die stroom van tyd
 
Amazigh en Austronesies
Amazigh en Austronesies Amazigh en Austronesies
Amazigh en Austronesies
 
Kleiner Germaanse Tale
Kleiner Germaanse TaleKleiner Germaanse Tale
Kleiner Germaanse Tale
 
Eurasiaties en Nostraties
Eurasiaties en NostratiesEurasiaties en Nostraties
Eurasiaties en Nostraties
 
Amerindies: Tale van die Amerikas
Amerindies: Tale van die AmerikasAmerindies: Tale van die Amerikas
Amerindies: Tale van die Amerikas
 

Mehr von PieterUys7

Mehr von PieterUys7 (16)

Afroasiaties Amerind en Dene-Sino-Kaukasies
Afroasiaties Amerind en Dene-Sino-KaukasiesAfroasiaties Amerind en Dene-Sino-Kaukasies
Afroasiaties Amerind en Dene-Sino-Kaukasies
 
Amerindiese taalfamilie ~ Amerind language family
Amerindiese taalfamilie ~ Amerind language familyAmerindiese taalfamilie ~ Amerind language family
Amerindiese taalfamilie ~ Amerind language family
 
Aard van prototaal
Aard van prototaalAard van prototaal
Aard van prototaal
 
Sumeriese misterie
Sumeriese misterieSumeriese misterie
Sumeriese misterie
 
Six macrofamily protolanguages compared
Six macrofamily protolanguages comparedSix macrofamily protolanguages compared
Six macrofamily protolanguages compared
 
Kaskenades van die Agtermekaarkêrels
Kaskenades  van die  Agtermekaarkêrels Kaskenades  van die  Agtermekaarkêrels
Kaskenades van die Agtermekaarkêrels
 
Ural-Altaic et Oeral-Altaies
Ural-Altaic et Oeral-AltaiesUral-Altaic et Oeral-Altaies
Ural-Altaic et Oeral-Altaies
 
Prototale van Afrika en Eurasie
Prototale van Afrika en EurasiePrototale van Afrika en Eurasie
Prototale van Afrika en Eurasie
 
Die Engelse Taal
Die Engelse TaalDie Engelse Taal
Die Engelse Taal
 
Eurasiatic and Dene-Sino-Caucasian
Eurasiatic and Dene-Sino-CaucasianEurasiatic and Dene-Sino-Caucasian
Eurasiatic and Dene-Sino-Caucasian
 
Eurasiaties
Eurasiaties Eurasiaties
Eurasiaties
 
The Pretorian Underground
The Pretorian UndergroundThe Pretorian Underground
The Pretorian Underground
 
Hond en kat in die oertaal
Hond en kat in die oertaalHond en kat in die oertaal
Hond en kat in die oertaal
 
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse tale
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse taleThiudiskaz: Teutoniese of Germaanse tale
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse tale
 
Germaanse oorsprong
Germaanse oorsprong Germaanse oorsprong
Germaanse oorsprong
 
Afrikatale en Taalfamilies van Afrika
Afrikatale en Taalfamilies van AfrikaAfrikatale en Taalfamilies van Afrika
Afrikatale en Taalfamilies van Afrika
 

Ek, jy en ons in die steentydperk

  • 1. Ek, jy en ons in die Steentydperk
  • 2. 2 Ek, jy en ons in die Steentydperk Drie persoonlike voornaamwoorde in die Boriese oertaal en hulle manifestering in lewende tale Pieter Uys
  • 3. 3 Inhoudsopgawe Taalrekonstruksie 4 Databasisse 6 Twee Modelle 6 Boriese Konsepstamme 7 Semantiese Velde 9 Prototale 10 Eerste Persoon Enkelvoud 10 Tweede Persoon Enkelvoud 11 Eerste Persoon Meervoud 12 Nota 13 Bibliografie 14 Aanhangsel A 16 Aanhangsel B 17
  • 4. 4 Bories, Boreaals of Boreaans is 'n hipotetiese oertaalfamilie wat uit die Ou Steentydperk dateer (50,000 tot 12,000 jaar gelede). Deur middel van die historiese linguïstiek se komparatiewe metode is dit moontlik om vroeёre fases van bestaande tale te rekonstrueer. Latyn byvoorbeeld, kan rekonstrueer word deur Spaans, Frans, Italiaans en Roemeens te vergelyk. Proto-Germaans is rekonstrueer deur Duits, Engels, Nederlands, Goties, die Skandinawiese tale en ander te vergelyk. Deur die sistematiese vergelyking van sy afstammelinge Germaans, Kelties, Romaans (Italies), Balties en ander, is Proto-Indo-Europees gerekonstrueer. So het dit duidelik geword dat hoewel hedendaagse tale drasties van mekaar mag verskil, hulle prototale sterk ooreenkomste toon. Dit mag wel lyk asof Afrikaans, Hongaars en Turks min in gemeen het, maar hulle onderskeie prototale (Proto-Indo- Europees, Proto-Oeraals en Proto-Altaïes) kom heelwat nader aan mekaar in terme van fonologie, leksikon en morfologiese patrone. Dit het dus moontlik geword om selfs ouer tale, die voorgangers van PIE, Proto-Oeraals en Proto-Altaïes, te rekonstrueer.
  • 5. 5 Op hierdie manier is prototale soos Eurasiaties/Nostraties, Dene-Sino-Kaukasies, Austries, Afro-Asiaties en Amerindies geïdentifiseer, die prototale waarvan die afstammelinge deur meer as 90% van die wêreldbevolking gepraat word. Nie een van hulle is nog in soveel besonderhede as Proto-Indo-Europees of Proto-Oeraals ontleed nie, maar die werk duur voort, en die grootste deurbraak van die laaste twee dekades was die identifisering van Bories. Indien dit onmoontlik word om ‘n prototaal in detail te rekonstrueer weens gebrek aan data, is dit steeds moontlik om ‘n oorsigtelike beeld van taal-evolusie te verkry deur die analise van die data wat wel beskikbaar is. Dis die kernwoordeskat wat die beste resultate oplewer, die sogenaamde Swadesh-lyste van basiese woorde in die prototale. Dié kernwoordeskat is die beste bestand teen verandering en bevat min leenwoorde. So het linguïste reeds meer as ‘n duisend etimons (soortgelyke ouer vorme) in die prototale identifiseer, waaruit die snelgroeiende Boriese inventaris bestaan.
  • 6. 6 Die data van die Boriese taalfamilie het as teoretiese konstruk beslag gekry uit Sergei Starostin se navorsing oor prototale. Bories se argeologiese kultuur is die Epipaliolitiese era of laat steentydperk. Verskeie woordstamme het bestaan wat later in die prototale sou verskyn, vanwaar dit na natuurlike historiese of lewende tale oorgedra is. Die “Evolution of Human Languages” (EHL) projek is ‘n histories-vergelykende linguïstiese navorsingsprojek by die Sante Fé Institute, wat ten doel het om ‘n gedetailleerde klassifikasie van die wêreld se tale te voorsien. Databasisse word deur die internasionale Toring van Babel- projek bygehou, terwyl die Global Lexicostatistical Database (GLD) se doelstelling is om die mees volledige reeks basiese woordelyste van alle tale te versamel en aan navorsers beskikbaar te stel. Twee modelle bestaan vir Bories, dié van Harold C. Fleming en dié van Sergei Starostin. Fleming noem Boralies ‘n “filetiese ketting” eerder as ‘n superfilum, en assosieer dit met die begin van die Paleolitikum in Europa en die Midde-Ooste sowat 50,000 jaar gelede. Bories omvat dus die Eurasiatiese, Drawidiese, Kartveliese, en Dené-sino-Kaukasiese makro- taalfamilies, met Afro-Asiaties as sentrale en Amerindies as oostelike anker. Volgens Fleming vorm die makrofamilies Australies, Indo-Pasifies, en Khoisan nie deel van Bories nie. Hiervolgens is die enigste gebiede waar Boraliese tale nie gepraat is voor die Europese ekspansie nie, dele van Afrika, die Andaman Eilande, Nieu-Guinee, sekere eilande van Melanesië en Indonesiё, Australië en Tasmanië.
  • 7. 7 Sergei Starostin se Bories bestaan uit twee kerngroepe wat die Eurasiatiese landmassa en Noord- en Oos-Afrika bewoon: I Nostraties met sy Afro-Asiatiese, Eurasiatiese, Drawidiese en Kartveelse takke. II Dené-Daïes wat die Dené-sino-Kaukasiese en die Austriese makrofamilies insluit. Die Dené-groepe woon in Alaska, Kanada en die VSA. Volgens Murray Gell-Mann, Ilia Peiros en Georgiy Starostin kan Khoisan nie by Boralies gevoeg word nie, terwyl die verbintenis met Indo-Pasifies, Niger-Kongo en Nilo-Saharies verdere ondersoek regverdig. Die lïnguis en geskiedkundige Wim van Binsbergen1 beweer egter dat soveel as 27% van die Boriese leksikon reflekse in Proto-Ntu het. Die meer as een duisend Boriese konsepstamme wat al identifiseer is, word nie eweredig oor die prototale versprei nie, maar ooreenkomste met Khoisan bestaan wel, soos hieronder uiteengesit word. Sien ook Kirill Babaev se artikel Once Again on the Comparison of Personal Pronouns in Proto-Languages.2 Die Boriese leksikon is nie rekonstruksies nie en kan nie as etimologieë beskou word nie. Hulle is konsonantskelette wat identifiseer is deur vergelyking in die prototale Afro-Asiaties, Austries, Eurasiaties en Dene-Sino-Kaukasies te vergelyk, en in sommige gevalle Amerindies en Nilo-Saharies.
  • 8. 8 ‘n Boriese konsepstam word in hoofletters geskryf, en V staan vir enige klinker. T staan vir enige dentaal [d t ð Ԃ θ ϑ τ ț ţ ŧ þ đ], C staan vir enige affrikaat [t͡s d͡z t͡ɬ d͡ɮ t͡ʃ d͡ʒ t͡ɕ d͡ʑ ʈ ͡ ʂ ɖ͡ʐ ], H staan vir enige van [h ɦ ĥ ḥ ħ ђ], K staan vir enige van [k g ķ ], P staan vir [p b v f Ф], ensovoorts. Die Boriese stamme se betekenisvelde strek in alle rigtings uit wanneer hulle in die reflekse van lewende tale verskyn, byvoorbeeld WVTV met die konseptuele betekenis van spraak kan betekenisse dra soos /resiteer/, /sing/, /lees/, /skel/, /roep/ en /vertel/. Eurasiaties *watV /praat/ word in Oeralies *wa[t]V /woord/ en in Indo-Europees *wod- met die betekenisse /praat/, /sing/ en /skel/, en in Neshili uttar /woord/. Dit klink nogal soos Afrikaans /uiter/. Proto-Afro-Asiaties *wat- beteken /roep/ en /praat/ en meer.
  • 9. 9 Die grootste mate van ooreenkoms in semantiese kenmerke word op die vlak van die makro- taalfamilie gevind. By kleiner groeperinge vind differensiasie plaas weens geografiese, kulturele en historiese faktore. Die Boriese konsepstamme is hoogs verwysend en dus doeltreffend om basiese konsepte oor te dra. In hulle ontwikkeling word die protokonsepte uitgebrei deur middel van onder meer metonimie en metafoor, wat verskuilde betekenisse aan die lig bring. Van Bories na die prototale is die semantiese skuiwe eenvormig, maar die spesifisiteit daarvan neem toe van die makrofamilie na die familie, en van die familie na die taalgroep. Die afstand van die kern of oorsprong af beïnvloed dus die aard van semantiese skuiwe – hoe verder van die bron, hoe meer uiteenlopend. Klanksimboliek speel ‘n rol; verskillende semantiese kenmerke word deur spesifieke fonetiese vorme uitgedruk, byvoorbeeld die idee van dowwe of donker kleure neem ‘n stemdraende konsonant soos /b/ terwyl skerp of helder kleure die skerper, stemlose /p/ verkies. Voornaamwoorde vorm deel van die kernwoordeskat van elke taal en is onder die mees stabiele terme in enige taal. Die semantiese velde is beperk tot konkrete konsepte. Dis ook van belang om te weet dat verskeie prototale oor twee stelle voornaamwoorde beskik, wat gewoonlik uit ‘n ouer aktief/statief- of akkusatief/ergatief-paradigma spruit.
  • 10. 10 Die Prototale: AA = Afro-Asiaties (Hebreeus, Arabies, Amharies, Berder, Kopties, Maltees, Oromo) Am = Amerindies (Aymara, Guaraní, Quechua, Mapudungun, Maya, Nahua, Otomi) Aus = Austries (Bahasa Indonesia, Thai, Munda, Khmer, Lao, Malagasy, Maleis, Hmong) DSK = Dene-sino-Kaukasies (Abkhaz, Mandaryns, Tibetaans, Navajo, Apache, Sirkassies) Eur = Eurasiaties (Engels, Spaans, Frans, Hongaars, Fins, Turks, Duits, Italiaans, Nederlands) Eerste persoon- enkelvoud ek MV NV WV CA Verskyn in AA, Am, Aus, Eur, DSK + Niger-Kongo > Proto-Ntu (voorwerp) *mɛ > Zulu > mina + Noord-Khoisan (Kx’a) > mV Verskyn in AA, Am = *na, Aus, DSK = *ŋV, Eur + Niger-Kongo > Proto-Ntu >*ni Zulu > ηgi + Suid-Khoisan (Tuu) > ηV Verskyn in AA, AUS, Eur Verskyn in AM, AUS, DSK = *dzV Afrikaans: my ek HVKV HVCV in AA, Am, Aus, DSK, Eur in AA, Am, Aus, DSK Afrikaans: ek Proto-Indo-Europees: *h₁eǵhom ‘n Samestelling uit die Proto-Eurasiatiese aanwysende voornaamwoord /*ʔe/, ‘n Proto-Eur werkwoord /*ge/ wat waarskynlik “om te wees” beteken het, en -/*m/ uit Proto-Nostraties /*minV/ = “dis ek”.
  • 11. 11 Tweede persoon- enkelvoud jy TV HV MV NV WV Verskyn in Am, Aus, Eur, DSK = *wVn Verskyn in AA, Am, DSK, Eur Verskyn in Aus, Am = *mi Verskyn in AA, DSK, Eur Verskyn in Am, DSK + Niger-Kongo > *u/*wɛ Zulu > wena (jy) Afrikaans: jy Proto-Germaans *þū In Nederlands is die Germaanse woord /du/ aan die einde van die 16de eeu deur die meervoudsvorm /gij/ vervang as ‘n teken van beleefdheid. Van die begin van die 17de eeu verskyn /je/ in die spreektaal.
  • 12. 12 Eerste persoon- meervoud ons WV TV PV Verskyn in Am, Aus, DSK, Eur Verskyn in Am, Aus, DSK Verskyn in Am, Aus Afrikaans: ons Verbuigde vorm van /Wij/. “Het in Afr. self ontwikkel. Eerste optekening in vroeë Afr. in bet. 2 in 1672 (Franken 1953b: 113). Hoewel Khoi ook nie in vorm tussen onderwerp en voorwerp by pers. vnw. onderskei nie, en invloed van die gebroke Ndl. van Khoisprekers nie heeltemal uitgesluit kan word nie, wil Scholtz (1963: 116; 1980: 69) die gebruik eerder toeskryf aan die neiging tot nadruklikheid wat die ontwikkelingspatroon van vroeë Afr. kenmerk.” ~ GJ van Wyk.
  • 13. 13 Nota 1 Wim M.J. van Binsbergen & Fred C. Woudhuizen. Ethnicity in Mediterranean protohistory 2 “Languages viewed under the Niger-Congo macrofamily umbrella show distinct similarities in the pronominal system. A pattern “M—W” for the 1st and 2nd person singular pronouns is displayed by most of the language families of Niger-Congo. Moreover, at least one 1st person plural pronoun can probably be reconstructed as *tV based on Bantu, Atlantic, and Gur languages. It seems to us that the Niger-Congo system actually consisted of two series of pronouns, one subject, one object (oblique), just as it looks like in numerous languages of practically all the families. The other 1st person singular pronoun *_ (representing a variable syllabic nasal) most probably denoted subject forms opposed to the object (oblique) *mi. Niger-Congo forms tend to show some basic similarity in the pattern (_ [any nasal] — W), in the line of the hypothesis of their common genetic roots ([Blench 2007]). Kordofanian and Ijoid languages in this regard lie closer to Nilo- Saharan than to common Niger-Congo patterns. But there is still obvious lack in solid basis for the proto-forms, so these clues should be used carefully before reliable reconstructions are made for all sub-families of Niger-Congo.” https://cyberleninka.ru/article/n/once-again-on-the-comparison-of-personal-pronouns-in-proto-languages
  • 14. 14 Bibliografie Automated reconstruction of ancient languages using probabilistic models of sound change. Alexandre Bouchard-Côtéa,1, David Hallb , Thomas L. Griffithsc , and Dan Kleinb a Department of Statistics, University of British Columbia, Vancouver, BC V6T 1Z4, Canada; b Computer Science Division and c Department of Psychology, University of California, Berkeley, CA 94720 Edited by Nick Chater, University of Warwick, Coventry, United Kingdom, and accepted by the Editorial Board December 22, 2012 (received for review March 19, 2012). Babaev, Kirill. Once Again on the Comparison of Personal Pronouns in Proto-Languages. An article from the Journal of Language Relationship_2009_001 Bengtson, John D. 2008. In Hot Pursuit of Language in Prehistory: Essays in the Four Fields of Anthropology - in Honor of Harold Crane Fleming. John Benjamins. Bengtson., John D. The Languages of Northern Eurasia: Inference to the Best Explanation Binsbergen, Wim van. 2009. Exploring the long range pre and proto-history of Element Cosmologies. In: Quest: An African Journal of Philosophy. Vol. XXIII-XXIV, No. 1-2, 2009-2010. Binsbergen, Wim van. ‘See no evil, hear no evil, speak no evil’’ commenting on five papers on evil in contemporary Africa. Blench, Roger. New developments in the classification of Bantu languages and their historical implications. https://horizon.documentation.ird.fr/exl-doc/pleins_textes/pleins_textes_6/colloques2/38088.pdf Dunn, M., S. Greenhill, S. Levinson and R. Gray. “Evolved structure of language shows lineage-specific trends in word-order universals.” Nature 473 (2011): 79-82. Etimologiebank. https://www.etymologiebank.nl/ Gell-Man, Murray. Testing the "Borean" Hypothesis, by Ilia Peiros, Santa Fe Institute, George Starostin, Russian State University for the Humanities. Gell-Mann, Murray et al. (2009) Distant Language Relationship: The Current Perspective, Journal of Language Relationship·Вопросы языкового родства Haase, ‘Fee-Alexandra. ‘Protolanguages’ Vs. Linguistic Networks Across Language Branches’. A Basic Inventory For Relations Of Concepts In Prehistoric States Of Linguistic Communicatio. Jäger, Gerhard. Support for linguistic macrofamilies from weighted sequence alignment. Department of Linguistics, University of Tübingen, 72074 Tübingen, Germany. Edited by Barbara H. Partee, University of Massachusetts at Amherst, Amherst, MA, and approved August 25, 2015 Siegfried, Tom. Murray Gell-Mann gave structure to the subatomic world: Best known for his quarks, he was also a complexity pioneer. ScienceNews. Wyk, G.J. van. (2003), Etimologiewoordeboek van Afrikaans, Stellenbosch
  • 15. 15
  • 16. 16 Aanhangsel A Babaev, Kirill. Once Again on the Comparison of Personal Pronouns in Proto-Languages. An article from the Journal of Language Relationship_2009_001, p 40.
  • 17. 17 Aanhangsel B Babaev, Kirill. Once Again on the Comparison of Personal Pronouns in Proto-Languages. An article from the Journal of Language Relationship_2009_001, p 41.