Advertisement Photographs From AT&T Mobile by Andric Liubodrag
Concipio 276
1. Redakteur: Johan Schoeman, Renier Hattingh (Adjunk)
Ontwerp en uitleg: Justin Reinecke (Hoof), Thomas Butler
Nuus: Neil Olivier, Alexander Klose, Jaco Marais, Charl Smit
Stuurdingetjies: Luke White (Hoof),
Onderwyser in beheer: Hesti van der Mescht
concipioredaksie@gmail.com | Instagram: @Semper_Concipio_PRG | Twitter: @PaulRoos_Gym | Facebook: fb.com/PaulRoos_Gymnasium
Uitgawe/Issue 276 Jaargang XIII 19 February 2016
Besoek gerus die amptelike skoolwebblad vir ander nuus by www.paulroos.co.za.
ConcipioConcipio270 Editions
VASBYT
Jaap Koekemoer
Vanaf 1-18 Januarie vanjaar het 38
seuns (onder wie drie Paul Roosers
is, naamlik Neil Olivier, Jan-Louis
Lock en Cameron Dawson ) oor ’n
tydperk van agtien dae in die hartjie
van Botswana en op die Zimbabwiese
grens klippe gekou tydens die 2016
Kalahari-Vasbytkursus .
Ware leierskapvaardighede is tot op
die verste punt moontlik getoets.
Spoeg, sweet en bloed is nie iets
waarvoor hierdie manne weghard-
loop nie.
Die groep seuns is elke dag in ’n an-
der span ingedeel: tegnies, kosmaak
of skoonmaak. Die toer is in hulle
hande geplaas – as hulle nie kosmaak
nie, is daar eenvoudig nie iets te ete
nie. Spanwerk en vertroue is iets wat
’n groot rol gespeel het.
Die groot kwessie rondom die
Kalahari Vasbyt gaan oor die fisiese
sy – die “PT”.
Is dit moeilik?
Ja, dit is verbý moeilik. Dit druk
jou verby jou fisiese vermoë en werk
op jou verstandelike en geestelike
vaardighede. Dit is egter nie moontlik
om dit in woorde dit aan iemand te
beskryf nie.
Verbeel jou dis sowat 45 grade Cel-
sius en jy moet ’n PT-sessie voltooi
wat jou letterlik gaan laat wil huil.
Alhoewel dit volgens oom Andries
– die bestuurder agter die Kalahari
Vasbyt – die droogste seisoen in
Botswana is vandat hy al die Vasbyt
aanbied, het die manne vir seker
almal ’n traantjie gepik toe hulle
uiteindelik, ná die laaste PT-sessie in
die middel van sentraal-Kalahari, die
asemrowendste sonsondergang ooit
kon aanskou.
Hierdie kusrsus is gemik op na-
tuurliefhebbers, sportmal fanatici,
masochiste en die ontwikkeling van
leierskapsvaardighede.
Dit help jou om in jou lewe net
daardie twee persent beter te wees.
Die was ’n geval van “Mind over mat-
ter – if you don’t mind, it doesn’t mat-
ter”.Indien jy wil inskryf vir volgende
jaar sal jy moet wikkel, omdat dit
voor Junie volbespreek sal wees – kry
’n vorm by Neil Olivier in 11A1.
p. 3
Foto’s:Verskaf
2. Uitgawe/Issue 276 Concipio Page 2
The past two weeks have been event-
ful to say the least. We’ve been trying
to keep our heads above water while
juggling tests, sports and cultural ac-
tivities. We have gained some things
and we have lost others. Let’s take a
moment to see what has happened
during the past fortnight.
Like Mr Trump, we seemed to have
gained a few points from the Poles
while hosting them in our beauti-
ful country. We have also received a
beautiful painting as commemoration
of our relationship, a painting depic-
ting friendship ties and family bonds.
We even seem to have gained a Paul
Rooser of the week from unexpected
quarters.
We lost the Driehoek, and we also
lost many of our favourite songs
to Boishaai. It seems not even our
school song is safe any longer. No
wonder they’re getting us to practice
Heinz Winkler during assembly.
We also started to lose our breaks
because of the filthy school grounds.
I couldn’t agree more with the new
rule, even though it’s difficult to
munch through a sandwich in a mere
fifteen minutes.
After all, it doesn’t help much to
have a spotless river flowing past
this esteemed institution, cleaned
tirelessly every Wednesday by the
river-cleaning team, while we drown
in our own rubbish on the other side
of Suidwal. I think it’s time we made a
mind shift and started caring. Car-
ing about our school grounds, about
our appearance and about the way we
treat our teachers. Most importantly,
though, I think we should start caring
about each other.
Van Agter die Skoolbank
Yours Truly
Johan Schoeman
Editor-in-Chief
PRG DagboekPRG-Kultuurfeesnaweek (26-28
Februarie)
PRG is Groot! Dit is die naweek
waarvoor juffrou Fourie ontvoer is,
so jý kan dit nie misloop nie. Ons
koor tree op en daar is verskeie Old
Boys wat optree, onder andere Heinz
Winckler , Herman Kleynhans en
Koos Kombuis. Die kaartjies kos
R150 en dit is op 27 Februarie om
19:00. Kaartjies is beskikbaar by
Kamer 14.
Daar is ook ’n kerkdiens 16:00 die
Sondag by die Moederkerk. Ons nooi
ook ons ouers graag daarheen uit.
Paul Roos Gimnasium word 150 jaar
oud! (1 Maart)
Na 150 jaar van uitnemendheid
kry ons almal ’n dag af! Daar is ’n
massabraai om 16:00 tot 20:00
op 1 Maart op die Oval. Geen
akademiese program word
daardie dag gevolg nie.
Dit gebeur net een keer
in 150 jaar.
Ons sien uit na die
saamkuier met al ons
ouers by die laaste van die
150-funksies: die familie-braai !
Gr. 8 JAM-Kamp (4-6 Maart)
Die Graad 8 JAM-kamp vind plaas
van 4 tot 6 Maart. Daar is plek vir 50
graad 8’s en dit kos R430 per per-
soon.
Dit is ’n
ongelooflike
naweek waar
Graad 8’s die
geleentheid
kry om mekaar
beter te leer ken
– definitief die moeite
werd!
Foto:NeelsRossouw
3. Uitgawe/Issue 276 Concipio Page 3
Jaco Marais
On 15 February, Breyton Poole
(Grade 10) once again proved his ath-
letic prowess with a record-breaking
high jump of 2,10m at the Prestige
Athletics (Driehoek). He also com-
peted in the 800m run. At only 1,69m
tall, he holds the U/15 ASA Athlet-
ics Champs record with a height of
1,97m and equalled the SA Schools
record of 2,00m.
He can now officially jump over
both Ben-Jason and Thomas Moss’s
heads.
Recently, at the Bloemfontein Top
10 Athletics Meeting a week ago, he
once more crushed his opponents’
hopes by breaking the record with a
height of 2,08m.
Concipio asked Breyton a few ques-
tions.
Why do you enjoy participating in
high jump?
I love participating in high jump be-
cause of the adrenaline rush I get every
time I fly so high, and it’s always been
one of my favourite hobbies to jump
and reach tall objects.
When and how did you discover your
passion for high jump?
I discovered my passion for high jump
when I started it at Somerset Primary
and discovered that I could jump over
the bar with ease when others were
struggling to clear it.
Do you possess any special abilities
or techniques that give you an advan-
tage?
As I am short and light-weight, only
a short part of my body has to clear
the bar, while taller people need to
put their full height over. I also did
gymnastics in primary school, making
me flexible enough to bend to clear the
bar. Because I am short I need to be a
“speed jumper” so I do a lot of speed
training and have acquired a special
technique for this.
What are three key characteristics a
good sportsman should have?
Key characteristics good sportsmen
need include respect for your oppo-
nents. You have to be a good team
player and you must be humble and
not have a big ego or be arrogant.
What do you think about hard work,
talent and luck, and which one of these
do you have?
I believe hard work certainly comes
first, because jumping 2m high requires
practising it over and over to get it
right. I was born with this talent, but
you definitely need a bit of luck as
well. I definitely think you need a good
combination of the three.
Do you have any pre-race rituals?
Hours before competition time I will
put on my headphones with relax-
ing music and before I jump I would
say a little prayer. Before my run up I
visualise the jump and clearing it in
my mind.
What are your plans for the future?
I would like to qualify for the World
Youth Championships in 2017 and one
day I want to qualify for the Olympics
to jump for South Africa.
For the motivation to reach these
new heights, Breyton uses Gary
Player’s famous quote, “The more you
practise, the luckier you get.”
Keep practising, Breyton, while we
wish you the best of luck!
Breyton Poole setting the bar high
once again
Foto:GeorgeHuyshamer
Foto:NeelsRossouw
4. Uitgawe/Issue 276 Concipio Page 4
Alexander Klose
Eenkeer ’n Paul Rooser, altyd ’n Paul
Rooser! Muller du Plessis, een van Paul
Roos se bestes, is in die jaar 2013 in die
Roos se tuin geplant, maar weer gepluk
– deur Gim in 2015. Muller is tans ’n
Graad 11-leerder by Paarl Gimnasium.
Hy het sy eerste twee hoërskooljare hier
by Paul Roos voltooi, maar het weens
onbekende redes sy tassie vol talente
gepak en na Paarl Gimnasium vertrek.
Met die Driehoek-atletiekby-
eenkoms op 5 Febuarie, spog Muller
weer eens met sy uitstekende talente.
Vir die tweede keer staan Paul Roos-
ers met seer harte en kyk hoe ’n Paul
Roos-Old Boy vir Gim ’n groot aantal
punte opstapel. Muller spog nie nét met
hierdie sak vol punte nie, maar ook met
die verbetering van drie rekords. Die
100m-, 200m- en verspringrekords is
tydens dié atletiekbyeenkoms deur Du
Plessis verbeter.
Tydens Muller se jare hier
by Paul Roos is hy nie net gesien as ’n
uitstekende atleet nie, maar ook as ’n
briljante heelagter en buitesenter vir
die O/14A- (2013) en O/15A- (2014)
rugbyspanne. Tot vandag toe rou die
Maroen Masjien oor die verlies van
hierdie indrukwekkende sportman.
Maar: “Let your stumbling blocks
be your stepping stones” is die wyse
woorde van die legende Paul Roos self.
Dus sal Paul Roos Gimnasium van nou
af nie meer treur oor die verlies van ’n
broer nie, maar glimlag omrede daar
aan nóg ’n jong man die geleentheid
gegee is om na ’n skool soos dié te gaan
en deel van hierdie unieke broederskap
te kon wees.
Paul Rooser van die week
Charl Smit
Paul Roos Gimnasium se sanggroep,
wat uit ’n groep van 16 leerders
bestaan, het die naweek van 5 Feb-
ruarie op hulle jaarlikse oefenkamp
vertrek. Dié jaar se kamp was geen
uitsondering op die reël nie, en was
van groot waarde.
Die kamp is by die Hangklip Ho-
tel, net buite Pringlebaai gehou. Die
sanggroep, onder leiding van Mnr
Stephan Bezuidenhout, het met hulle
uitsonderlike stemme hard gewerk
aan ’n stampvol jaar wat voorlê.
Nodeloos om te sê is daar feitlik die
hele naweek net gesing: treffers vanaf
“Hey Jude” regdeur die bank tot
“1001 Soene”.
Die sanggroep het verlede jaar die
sêr-kompetisie in die Wes-Kaap
gewen, en wil nie vanjaar dié tradisie
verbreek nie. Skole wat onder andere
aan die kompetisie deelneem, sluit
in La Rochelle, Paarl Gimnasium en
Girl’s High.
Die kompetisie vind in Mei plaas en
is ’n geleentheid waar die top- Bolan-
dse skole hulle sang talente kan ten
toon stel.
Nóg ’n belangrike geleentheid waar
die sanggroep gaan optree, is by
“PRG is Groot” (Paul Roos se 150-
jaar Kultuurfees ) op 27 Februarie.
Die sanggroep gaan dan saam met
alombekende “Old Boys” optree, wat
Heinz Winckler, Koos Kombuis en
nog vele ander groot name insluit.
Dit gaan ongetwyfeld ’n geleentheid
wees wat niemand wil misloop nie.
Paul Roos se skoolkoor, wat die beste
seunskoor in die land is, sal óók by
die geleentheid optree.
Dié sanggroep se gees is aansteek-
lik en die manne se talente ken geen
perke nie. Hulle inspireer die gehoor
om saam die lewe te vier. Hulle beoog
om op die suksesse van 2015 voort te
bou.
Paul Roos se sanggroep is soos Coke
op ’n snikhete somersdag in Stellen-
bosch: vars en verfrissend.
Sanggroep hang uit by Hangklip
Foto:BrandinSutherland
Foto:LukeWhite
5. Uitgawe/Issue 276 Concipio Page 5
Charl Smit
150 jaar van trots, respek, gentle-
manship, nederigheid, uitnemend-
heid, integriteit en verantwoordelik-
heid. Op 1 Maart 2016 sluit Paul Roos
Gimnasium sy verjaarsdagvieringe af.
Op hierdie dag gaan Paul Roos se
leerders en hul ouers, onderwysers,
oudskoliere en die hele gemeenskap
die skool se verjaarsdag vier. Die
nuutste toevoeging tot dié spesiale
dag is die muntlegging en bloedsken-
kaktiwiteite.
As dit nie vir die gemeenskap se
ondersteuning en vertroue was nie,
sou Paul Roos nooit eers oor 150 jaar
kon droom nie.
Al die geld wat met die muntleg-
ging ingesamel gaan word, gaan aan
Straatlig in Stellenbosch. Straatlig is
’n niewinsgewende organisasie wat
fokus op die versorging en bemagtig-
ing van hawelose kinders. Straatlig
se visie is om hoop aan hawelose
kinders te gee, hulle gereed te maak
vir die lewe daarbuite en hulle te help
om ’n betekenisvolle lewe te lei.
Bloedskenk mag dalk soos ’n cliché
klink, maar elke druppel in die em-
mer help. Societas beoog om op die
skool se verjaarsdag minstens 150
eenhede bloed in te samel. Die bloed,
soos wat almal alreeds weet, gaan dan
na die Suid-Afrikaanse bloedbank.
As daar enige vrae rondom bloed-
skenk is, gaan na http://www.red-
crossblood.org/donating-blood/why-
donate-blood.
Afgesien van die skool se opwin-
dende verjaarsdag wat voorlê, gaan
Societas se weeklikse aktiwiteite aan
soos normaal:
Huiswerkklub,
Dinsdae, 14:30-15:30
Rivierskoonmaak,
Woensdae,14:30-15:30
Groentetuin,
Donderdae, 14:30-15:30
“Volunteers are not paid – not
because they are worthless, but
because they are priceless.” – dié
aanhaling is deur Moeder Theresa,
’n alombekende figuur wat bekend
was vir haar goedhartigheid, net
voor haar dood gesê. Herbesin haar
woorde en vind die kardinale belang
in gemeenskapsdiens.
Ons moedig almal in en rondom
Paul Roos aan om hulle dankbaar-
heid aan die gemeenskap te betoon
en sodoende deel te neem aan elke
aktiwiteit by Paul Roos Gimnasium
op 1 Maart 2016!
Paul Roos Gimnasium ploeg terug in die
gemeenskap
Foto’s:VerskafFoto’s:Verskaf
6. Uitgawe/Issue 276 Concipio Page 6
Wenke van hulle wat weet
Renier Hattingh
Hoe begin mens eintlik 'n band?
Die beste is om by jou skoolpelle
te begin. Jacobus sê dat die meeste
bands tussen skoolvriende begin
(aangesien al drie lede van Nagligte in
bands gespeel het toe hulle
nog in PRG was). Raak betrokke by
die skool se musiekbewegings en bou
só kontakte op. As jy professioneel wil
word, is dit belangrik om jou te laat
lei deur iemand wat by die industrie
betrokke is.
"Benader die band soos 'n besig-
heid.”
Die musiek moet natuurlik goed
wees, maar jy moet aan die algehele
konsep van die band ook dink.
Dis ’n sakeonderneming. Faktore
soos die bemarking en wat die band
uniek maak is wat gaan maak dat jou
band aandag trek.
Jacobus sê dat hulle nie genoeg kan
beklemtoon hoe belangrik 'n vervaar-
diger is nie (producer, vir dié wie
se Afrikaans ook onder die Engelse
aanslag gebuk gaan). "Hulle is die ‘un-
sung heroes’ van die industrie."
Kry ook 'n publisiteitsbeampte
(publicist) om jou produk uit te rol
wanner dit gereed is, hulle is duur,
maar elke sent werd werd!
Jy moet egter sorg dat jy goeie ver-
houdings behou tussen al die betrok-
kenes.
Jacobus sê dat almal ver-
skillende persoonlikhede,
belangstellings,'commitments' en
verwagtinge het van die band. Jy
moet bereid wees om oplossings te
soek vir konflik wat gaan kom. "Die
grootste wanpersepsie is dat die een
groot ‘party’ is. Dit verg baie harde
werk van almal, maar mens moet dit
natuurlik ook in die proses geniet."
Solank as wat kommunikasie en
deursettingsvermoë deel is van die
pakket, behoort jy die meeste slaggate
te kan vermy.
Jacobus gee ook 'n paar wenke met
dit wat die skryf van treffers betref.
Dis belangrik om die mees basiese
komponente van die liedjie perfek
te kry, 'n goeie melodie en lekker
lirieke oor 'n eenvoudige koord-
struktuur. Daarna is dit die be-
langrikste om saam met die vervaar-
diger 'n goeie 'klank' vir die melodie
te kry. As dit goed klink op 'n akoes-
tiese kitaar, sal dit loop met enige
vorm van vervaardiging en in enige
genre.
In 'n onderhoud met Jacobus Brink van die musiekgroep 'Nagligte' verkry ons advies oor hoe
om 'n band te stig en 'n musikale loopbaan te volg
Foto:Verskaf