1. Met Potskerwe dring Hendie Grobbelaar deur tot
die dieper menswees van die leser. Die skryfster se
keurige taalgebruik en tiperende skryfstyl, maak
van elke kortverhaal ‘n heerlikheid.
Hendie Grobbelaar het die gawe ontvang om in
die alledaagse en gewone iets interessant en
besonders te sien.
Sy slaag om die leser se oë te open vir die mooi en
goeie gawes in die lewe.Potskerwe bestaan uit ‘n
verskeidenheid kortverhale wat die leser kan
verseker van ‘n paar genotvolle uurtjies van lees en
herlees.
Potskerwe word met vrymoedigheid aanbeveel
vir publikasie.
Anet du Plessis
B.A. Tale
Potchefstroom
Hendie Grobbelaar