Cervical cancer is the 2nd most common cancer among South African women & the leading cancer among black South African women - 1 in 39 women in South Africa will be diagnosed with Cervical Cancer (NCR 2005). Having regular Pap smears can detect abnormal cells in the cervix (mouth of the womb), that could develop into Cervical Cancer. We encourage all women to go for Pap smears at least every 3 years, from the age of 25, to detect abnormal cells early.
http://cansa.kansa.co.za/womens-health/
4. Wat is servikale kanker?
• Servikale kanker is 'n tipe kanker wat in die
selle van die serviks (die onderste deel van
die baarmoeder / uterus) voorkom
• Dit is een van die mees algemene kankers
onder Suid-Afrikaanse vroue, en die
grootste oorsaak van dood onder vroue in
ontwikkelende lande
Servikale kanker
ontwikkel nie skielik
nie. Daar is ‘n
geleidelike verandering
van normale servikale
selle, deur verskeie
vlakke van
abnormaliteit, tot
kankeragtige groeisels
en uiteindelik tot
kanker. Die hele proses
kan baie jare neem.
5. Wat is ‘n Papsmeer?
• Dit is 'n toets om abnormale selle in die
serviks op te spoor om kanker te help
voorkom
• Deur gereeld vir ‘n Papsmeer te gaan, kan
behandeling betyds toegepas word om
sodoende die ontwikkeling van gevorderde
servikale kanker te stuit
Alhoewel
sommige vroue
ongemak kan
ervaar, is ‘n
Papsmeer
gewoonlik vinnig
en pynloos
6. Indien abnormale
selle opgespoor
word, sal jy
verwys word vir
behandeling om
die ontwikkeling
van servikale
kanker te voorkom
Hoe word ‘n Papsmeer gedoen?
• Om ‘n visuele ondersoek van die vagina en
serviks moontlik te maak en om dit makliker
te maak om ‘n servikale sel-monster te
neem, plaas ‘n gesondheidspraktisyn ‘n
instrument naamlik ‘n spekulum in die
vaginale kanaal
• Servikale selle word dan met behulp van ‘n
klein houtspatel of ‘n klein servikale
borseltjie versamel
• Die selle word op ‘n glasskyfie geplaas wat
dan na ‘n laboratorium gestuur word om
onder ‘n mikroskoop bestudeer te word
7. Jy het ‘n groter kans om servikale
kanker te kry indien...
Jy of jou seksmaat baie ander seksuele verhoudings
gehad het (of nog steeds het)
• Baie seksmaats verhoog jou risiko vir MPV infeksies
• Seksuele aktiwiteit vanaf 'n jong ouderdom verhoog jou
blootstelling
• Vroue in eie geslagtelike verhoudings behoort ook gereeld
ondersoek te word omdat MPV deur liggaamsvloeistowwe
oorgedra word
8. Jy het ‘n groter kans om servikale
kanker te kry indien...
Jy drie of meer jaar laas 'n Papsmeer gehad het
• Vroue wat nog nooit 'n Papsmeer gehad het nie, of baie
lanklaas een gehad het, loop 'n groter risiko
• Onthou... ‘n Papsmeer vir servikale kanker is die enkel
mees effektiewe servikale kanker siftingstoets
Jy tussen 18 en 40 jaar oud is (vrugbaarheidsouderdom)
• Hoë risiko kankeragtige letsels kom meestal by vroue in hul
vrugbaarheidsjare voor
• Veelvuldige swangerskappe (veral nadat 5 tot 7 voltermyn
swangerskappe beleef is) verhoog verder die risiko vir servikale
kanker
9. Jy het ‘n groter kans om servikale
kanker te kry indien...
Jy 'n verswakte immuunstelsel het
• Vroue met verswakte immuunstelsels - soos wanneer met
Verworwe Immuniteitsgebreksindroom (VIGS) gediagnoseer of
weens gebruik van medikasie wat die immuniteitstelsel onderdruk
vir outo-immuniteitsiektes of na orgaanoorplantings - is meer geneig
om servikale kanker te kry
Jy rook
• Onlangse navorsing toon dat tabakrook die risiko vir servikale kanker
met 50% verhoog
Jy langdurige Menslike Papilloomvirus (MPV) infeksies kry
• MPV infeksies van die serviks is 'n primêre risikofaktor vir servikale
kanker en is verantwoordelik vir 70% van alle gevalle
10. Wat is MPV?
• Die Menslike Papilloomvirus (MPV) bestaan uit 'n
groep van meer as 100 verwante virusse
• Sowat 40 tipes is seksueel oordraagbaar deur genitale
kontak, terwyl 2 tipes (16 + 18) 'n hoë risiko in Suid-
Afrika beskou word
• MPVs word deur vel-tot-vel kontak en
liggaamsvloeistowwe oorgedra
• Sommige MPV's, soos dié wat gewone vratjies op
hande en voete veroorsaak, versprei nie maklik nie
11. Wat is MPV?
• MPV entstowwe voorkom infeksie
deur sekere MPV tipes, soos dié wat
verbind word met die ontwikkeling
van servikale kanker, genitale vratjies,
en ander minder algemene kankers
• Vra jou mediese praktisyn vir meer
inligting oor entstowwe wat
beskikbaar is
Hoë risiko MPV veroorsaak na raming...
• 70% van servikale en anale kankers
• 50% van vaginale, vulva en penale
kankers
• 20% van kop- en nekkankers
12. MPV Inenting
• Die Departement van Gesondheid
(DvG) bied gratis MPV-inentings aan
Suid-Afrikaanse skooldogters
• In 2014 was alle graad 4 dogters die
geleentheid gebied om die MPV-
inenting by skole te ontvang
• ’n Implementeringsgids is aan die
skole verskaf, wat opvoeders die
nodige inligting oor die inenting aan
graad 4 dogters gegee het
• Die teikengroep vir die MPV-entstof
was graad 4 meisies van 9 jaar en
ouer
13. Onthou...
Indien jy ‘n
aantal risiko-faktore
het, kontak jou
gesondheids-
praktisyn of ‘n
KANSA Sorgsentrum
of -kliniek om uit te
vind wat jy kan doen
om jou risiko te
verlaag
Hoe meer risiko-
faktore jy het,
hoe groter is die
moontlikheid dat
jy servikale
kanker kan
ontwikkel
Dis moontlik om
servikale kanker
te ontwikkel
sonder dat enige
van hierdie
faktore
teenwoordig is
15. Wat doen KANSA
om te help?
• KANSA het Mobiele
Gesondheidsklinieke wat na
afgeleë gebiede in Suid-Afrika
reis om mense wat andersins
nie toegang tot siftingstoetse
het nie, te bereik
• Dit sluit in borsondersoeke,
Pap-smeer siftingstoetse vir
servikale kanker, sowel as
ander gesondheidstoetse soos
cholesterol
16. Een van KANSA se Mobiele
Gesondheidsklinieke skep
bewustheid en doen gratis
siftingstoetse in die
gemeenskap
18. KANSA het die afgelope jaar...
13 456 vroue getoets vir servikale
kanker, d.m.v. Papsmere en ‘n verdere
3 494 Papsmere gefasiliteer in
samewerking met die
Departement van
Gesondheid
19. KANSA het die
afgelope jaar...
• Ondersteuning aan 6 203 individuele
kankerpasiënte verleen deur middel
van ons 110 ondersteuningsgroepe
en ons 2 611 opgeleide sorg- en
ondersteuningsvrywilligers
• Ongeveer 1 055 pasiënte elke maand
besoek en ondersteun by KANSA
Sorgsentra en onkologie-klinieke
• Tuisversorging gefasiliteer aan 13 397
pasiënte
• Mediese hulptoerusting aan 4 320
mense beskikbaar gestel
20. Wees deel van die stryd teen
servikale kanker...
• Gaan vir gereelde ondersoeke
• Maak ‘n donasie
• Sluit aan as ‘n lid
• Word ‘n vrywilliger
21. Kyk ons videos
Aartsbiskop Tutu het ‘n boodskap vir jou:
http://www.youtube.com/watch?v=CTeis0HRXXk&feature=c4-
overview&list=UUsAPiRjevTiGiAvUV1WU77g
KANSA Sorg en Ondersteuning:
http://www.youtube.com/watch?v=swNltOAZSwE&feature=c4-
overview&list=UUsAPiRjevTiGiAvUV1WU77g
KANSA Sifting:
http://www.youtube.com/watch?v=Hfq5z3MtSz4&feature=c4-
overview&list=UUsAPiRjevTiGiAvUV1WU77g
22. Help KANSA om ons
kankersiftingsprogramme uit te brei,
oorweeg dit asseblief om 'n skenking
by enige van ons KANSA Sorgsentra
en –klinieke landswyd te maak
23. Kontak ons…
• Skakel ons tolvry 0800 22 66 22, of e-pos info@cansa.org.za
• Teken in op ons KANSA Nasionale Facebook-blad:
CANSA The Cancer Association of South Africa
• As jy ‘n kankeroorwinnaar is, besoek graag ons Facebook blad ter
ondersteuning van kankeroorwinnaars:
Champions of Hope - CANSA Survivors
• Word ook deel van ons Twitter-blad: @CANSA
• Besoek ons op Pinterest: http://pinterest.com/cansa/
• Kyk al ons videos op YouTube: http://www.youtube.com/user/can1000sa
24. Disclaimer:
Whilst the Cancer Association of South Africa (CANSA) has taken every precaution in
compiling this presentation, neither it, nor any contributor(s) to this presentation can be
held responsible for any action (or the lack thereof) taken by any person or organisation
wherever they shall be based, as a result, direct or otherwise, of information contained in,
or accessed through, this presentation.