7. Die passasierskip die OCEANOS het op 5 Augustus 1991 omtrent 10 km van
Koffiebaai aan die Transkeise kus vergaan. Dit het een van die wêreld se mees
dramatiese en suksesvolste reddingsaksies tot gevolg gehad.
Die skip van 14 000 ton is in 1952 in Frankryk gebou, kon ’n maksimum van 550
passasiers en 250 bemanningslede vervoer. Alhoewel die skip sedert 1976 as die
Oceanos bekend was, het dit voorheen die name Jean
Laborde, Ancona en Eastern Princess gehad.
8. Alhoewel die skip sedert 1976 as die Oceanos bekend was, het dit voorheen die
name Jean Laborde, Ancona en Eastern Princess gehad. Vanaf 1976 was dit die
eiendom van die Griekse maatskappy Epirotiki met Venesië as tuishawe. Vroeg in
Augustus 1991 was die skip van Kaapstad via Mosselbaai na Durban onderweg. Op
3 Augustus tydens ’n harde wind en ’n omstuimige see, spoel seewater deur ’n
reeds bestaande gat van 10 cm in die romp die masjienkamer binne en word die
kragopwekkers uitgeskakel.
9. Skepe in die omgewing en helikopters van die Suid-Afrikaanse
Lugmag het al die 571 opvarendes gered en by The Haven en
Hole in the Wall) aan land gebring. Dat die kaptein en van sy
bemanning glo eerste in die reddingsbote weggekom het en
die ander skipbreukelinge aan hul lot oorgelaat het, het groot
verontwaardiging by die publiek uitgelok. Die towenaar en
ander vermaaklikheidskunstenaars het die leiding met die
ontruiming van die sinkende skip geneem.
Kapt. Yiannis Avranas is deur ’n Londense geregshof van
nalatigheid vrygespreek en het later weer as bevelvoerder op
’n skip opgetree.
Die wrak lê 5 km van die kus op ’n diepte van 90 m.
Vir duikers is dit een van die moeilikste wrakke om te bereik.
10. Peugeot Betroubaarheid.
Gebou vir opwindende rygenot.
van die Oceanos … “Ek is seker julle sal die
reis geniet!"
– Alvon Collison, gaskunstenaar aan boord van
die Oceanos.
UITEINDELIK, ’N ADVERTENSIE WAT
WERK
DIE HUISGENOOT, 1991