SlideShare a Scribd company logo
1 of 14
Download to read offline
1
Hond en Kat
in die Oertaal
2
Hond en Kat in die Oertaal
en Brak en Siebie
Pieter Uys
Orchards, 2021
3
Kat
Die woord 'kat' is klaarblyklik 'n oer-oue woord, omdat dit in soveel verskillende tale regdeur die wêreld
voorkom, in variante van kat, kats, kit, ket, ked, kot, kes en kotter.
Navorsing dui daarop dat die oorsprong van die huiskat by die Midde-Oosterse wildekat, Felis silvestris
libyca, lê, sowat 12,000 jaar gelede. Domestikasie het waarskynlik in Egipte plaasgevind, waar katbeeldjies
gevind is wat tot 2300 vC terugdateer. In die graftombe van Baket III by Beni Hassan uit 1950 vC is ’n
skildery van ‘n kat wat ‘n rot konfronteer. Vanaf 1450 vC is daar volop afbeeldings van katte in graftombes
by Thebes.
Van Egipte af het die kat na die Griekse en Romeinse wêreld versprei, waar die woord cattus gebruik is. In
Hebreeus is dit ‫חתול‬ khatúl, en in Baskies, wat geen familiebande met die omringende tale het nie, is dit
katu. Hoewel daar altyd katte in die woude van Europa was, het die Germane die woord *kattōn- by die Ou
Europeërs geleen, wat beteken dat laasgenoemde dieselfde stam gebruik het, of die woord by die Grieke
en Romeine geleen het.
4
Of dit kom uit Proto-Oeraals, waar ‘n wesel *käďwä genoem is. Noord-Afrika is nog ‘n moontlike bron vir
die oorsprong van die woord, in die lig van Berber en Nubies kaddîska ‘wilde kat’ en Nubies kadis, wat in
Arabies ّ
‫ِط‬‫ق‬ qiṭṭ geword het.
In die hedendaagse Arabiese dialekte van Egipte en Sirië word die woorde ‫بسة‬/‫بس‬ biss/bisse gebruik, wat
mens aan Engels ‘pussy’ herinner, ‘n term wat uit die 16de eeu dateer en uit Nederlands ‘poes’ of
Nederduits ‘puuskatte’ mag kom. Sweeds het kattepus, en Noorweegs pusekatt. Soortgelyke vorme
bestaan in Litous, puižė en Iers, puisín of puiscín.
Of bogenoemde term enigiets met die Egiptiese B'sst, Baast, Ubaste, of Baset te doen het, sal mens nooit
weet nie.
5
‘n Ander woord is op die taak van die kat gebaseer, soos Engels ‘mouser’, Italiaans ‘micio’, Spaans ‘micho’,
Frans ‘minet’, Romeens ‘mutzu", wat almal na “muisvanger’ verwys.
Sanskrit het मार्ाारी maarjaari, बिडाली bidaali, क
ु न्दम kundama, जर्ह्वाप: jivahapah en पयस्य: payasyah.
က ွောငျ ବିଲେଇ పిల్లి ድመት կատու კატა
6
Die vierde term is die onomatopiese [miao] of [miw] wat ook in antieke Egipties gebruik is, en in Oosterse
tale soos Chinees en Thai aangetref word. In die Indiese subkontinent word ander terme gebruik, wat
moontlik op woorde vir klein wilde soogdiere gebaseer is.
Dan’s daar die Germaanse suffiks ‘-kat’ wat vir ander klein soogdiere gebruik word: Deens lækatt,
Noorweegs røyskatt en Sweeds lekatt wat na ‘n wesel verwys. Oud-Noors igulkǫttr en moderne Sweeds
igelkott vir krimpvarkie. Dieselfde as Afrikaans ‘meerkat’ en ‘muskejaatkat.’
Sumeries
7
Chauvet
Die Chauvet-grot in Frankryk bevat honderde tekeninge wat tussen 20,000 en 30,000 jaar oud is. Vreemd
genoeg is daar nie ‘n enkele afbeelding van ‘n wolf nie, moontlik omdat dit as taboe beskou is.
Gelukkig bewaar die grot iets anders ook – die voetspore van ‘n kind en ‘n hond. Die middelste toon van
die voorpoot is kort, soos dié van ‘n hond, wat ‘n wolf uitskakel. Die voetspore word op 26,000 jaar gelede
dateer.
Daar bestaan oerwoorde vir hond, maar die situasie is nie so eenvoudig soos by ‘kat’ nie.
8
Die oudste woord wat in Nostraties (+/- 10 – 12 000 jaar gelede) gerekonstrueer kan word, is *kwan, wat in
Proto-Indo-Europees *kwṓn geword het, en vandaar in Germaans: hund, Latyn: canis, Frans: chien [shi’en],
Litous: si’ens, Sanskrit: chvan, ens. (k kan na s, sh, h en ch verander; w kan na v, p, b, u en o verander; n kan
in d, l of r verander of verdwyn).
Die probleem is dat hierdie etimologie in baie van die dogtertaalfamilies van Nostraties, die woord vir wolf,
vos of jakkals is. In Oeraals (Fins, sami) en Eskimo is dit ‘wolf’, in Afro-Asiatiese tale kan dit ‘hond’ of ‘wolf’
wees, in Amerindiese tale kan dit ‘jakkals’ of ‘hond’ wees: Tewa tuxwana ‘coyote,’ Zacapoaxtla kwiin-
ti ‘hond.’
In Khoisan verwys die word na hiëna.
Die Indo-Europese woorde vir ‘hond’ in Germaans, Romaans, Armeens en Balties (behalwe in Spaans, en
Engels ‘dog’ uitgesluit) het almal uit dieselfde stam ontwikkel. Die volgende kom uit Merrit Ruhlen en John
D Bengtson se Global Etymologies, ‘n lys van etimons waartoe linguïste soos Trombetti, Swadesh,
Greenberg, Illich-Svitych, Dolgopolsky en Starostin bygedra het.
9
Woorde vir Hond
Hierdie is nie rekonstruksies nie, en bloot ‘n poging om die mees algemene betekenis aan ‘n fonologiese
vorm te koppel.
FAMILIE GROEP TAAL VORM BETEKENIS
Afro-Asiaties Proto-AA *k(j)n
Altaïes Mongools qani wilde hond
Turks Ou Turks qanˇciq teef
Amerind Hokan Achomawi ku-an jakkals
Tonkawa ekuan
Sentrale Amerind Jemez kiano
Tewa tuxwana jakkals
Popoloca kuniya
Austronesies Proto-Oseanies *nkaun
Baskies haz-koin ratel (beerhond)
Eskimo-Aleut Sirenik qanaγa wolf
Himalajies Proto-Sino-Tibetaans *qhwıj ‘
Argaïese Chinees *khiwen
Indo-Europees Proto-Indo-Europees *kwon ∼ *kun
Italies Latyn can(-is);
Indies Sanskrit cvan
Proto-Germaans *hundaz
Indo-Pasifies Pila kawun
Saki kawun
Wodani kawino
Kaukasies Proto-Kaukasies *χHw˘eje
Proto-Avar-Andi *χwo÷i
Proto-Lezghies *χIw¨aja
10
Khoisan Tuu /Xam !gw˜a˜ı hiëna
Kx’a !Kung /gw´I hiëna
Tuu Nǁng /x˜a˜I hiëna
Koreaans ka
Oeraals Proto-Oeraals *kűjnä wolf
Finno-Oegries Sami gaidne wolf
Udmurt kyjon ‘ wolf
Komi koin ‘ wolf
WELPIE
Die woord vir ‘welpie’ in Nostraties is *Kwelb en in Proto-Indo-Europees *kwelp. Afrikaans welpie.
Semities; Arabies kalb = hond; Hebreeus keleb = hond.
Die woord vir ‘jakkals’ het dikwels die vorm CVC(C)VC, byvoorbeels tsakur in Baskies.
11
BRAK
Die linguïs Arnaud Faurnet beweer dat die name van mak diere in Germaans uit ‘n substratumtaal
(Waskonies?) van Ou Europa kom, wat dus aan Baskies en Noord-Kaukasies verwant is.
Noordoos-Kaukasies het nog voorvoegsels (net soos Zulu
en ander Ntutale) wat woorde in klasse verdeel. In Baskies
kan mens die oorblyfsels sien, maar dit vorm nie meer
woordklasse nie. Een daarvan is die voorvoegsel m(a)- vir
skape, bokke, beeste, brakke en varke.
Die stam *rag- verwys na bloedhond, en het ‘n prefiks-
variant, *m-> *b-: Substratiese Wes-Germaans *brakka(n).
Moontlike comparanda is Germaans *rauk-, *r(e)uk- = rook /
reuk.
Elamitiese Spitshond
12
SIEBIE
Oud-Hoog-Duits zoha ‘teef’ lyk na Yslands tóa jakkalswyfie. Met die verkleinsuffiks gee dit in Duitse
dialekte variante soos tiffe, tifte, tēwe, tispe, tipse, ziwwe, zibbe en zeische. Zibbe kan verwys na
‘haaswyfie’, ‘ooi’, ‘teef’, en ‘ooilammetjie.’
13
Bibliografie
Grimm, Guido en Johann-Mattis List. (2017) Man gave names to all those animals: cats and dogs.
http://phylonetworks.blogspot.com/2017/10/man-gave-names-to-all-those-animals.html
Jäger, G. (2015) Support for linguistic macrofamilies from weighted alignment. Proceedings of the
National Academy of Sciences 112: 12752-12757.
Kroonen, G. (2013) Etymological dictionary of Proto-Germanic. Brill: Leiden and Boston.
List, J.-M. and R. Forkel (2016) LingPy. A Python library for historical linguistics. Max Planck Institute for
the Science of Human History: Jena.
Lloyd, Ellen (2016) 26,000-Year-Old Footprints In Chauvet Cave: Oldest Evidence Of Human-Canine
Relationship. https://www.ancientpages.com/2016/12/29/26000-year-old-footprints-in-chauvet-cave-
oldest-evidence-of-human-canine-relationship/
Mandelbaum, Ryan F. Ancient Cave Art Depicts Oldest Evidence of Dogs Wearing Leashes.
https://gizmodo.com/ancient-cave-art-depicts-oldest-evidence-of-dogs-wearin-1820606741
Schuster, Ruth. (2013) Word of the Day / Khatool - The Word Cat: Evidence of an Ur-language in
Proto-humans? https://www.haaretz.com/.premium-word-of-the-day-khatool-1.5290863
Serpell, J. (2013) The Domestic Cat: Domestication and history of the cat.
DOI:10.1017/CBO9781139177177.011Corpus ID: 132428847
14

More Related Content

More from PieterUys7

Amerindiese taalfamilie ~ Amerind language family
Amerindiese taalfamilie ~ Amerind language familyAmerindiese taalfamilie ~ Amerind language family
Amerindiese taalfamilie ~ Amerind language familyPieterUys7
 
Amerind ~ Amerindies
Amerind ~ AmerindiesAmerind ~ Amerindies
Amerind ~ AmerindiesPieterUys7
 
Afrikaans as lid van Standaard Gemiddelde Europees
Afrikaans as lid van Standaard Gemiddelde EuropeesAfrikaans as lid van Standaard Gemiddelde Europees
Afrikaans as lid van Standaard Gemiddelde EuropeesPieterUys7
 
Six macrofamily protolanguages compared
Six macrofamily protolanguages comparedSix macrofamily protolanguages compared
Six macrofamily protolanguages comparedPieterUys7
 
Mixed languages
Mixed languagesMixed languages
Mixed languagesPieterUys7
 
Kaskenades van die Agtermekaarkêrels
Kaskenades  van die  Agtermekaarkêrels Kaskenades  van die  Agtermekaarkêrels
Kaskenades van die Agtermekaarkêrels PieterUys7
 
Die Engelse Taal
Die Engelse TaalDie Engelse Taal
Die Engelse TaalPieterUys7
 
The Pretorian Underground
The Pretorian UndergroundThe Pretorian Underground
The Pretorian UndergroundPieterUys7
 
Geronde voorvokale
Geronde voorvokaleGeronde voorvokale
Geronde voorvokalePieterUys7
 
Oorsprong en ontwikkeling van die Proto-Indo-Europese taalfamilie
Oorsprong en ontwikkeling van die Proto-Indo-Europese taalfamilieOorsprong en ontwikkeling van die Proto-Indo-Europese taalfamilie
Oorsprong en ontwikkeling van die Proto-Indo-Europese taalfamiliePieterUys7
 
Ek, jy en ons in die steentydperk
Ek, jy en ons in die steentydperkEk, jy en ons in die steentydperk
Ek, jy en ons in die steentydperkPieterUys7
 
Bories en Betekenis (Borean and semantics)
Bories en Betekenis (Borean and semantics)Bories en Betekenis (Borean and semantics)
Bories en Betekenis (Borean and semantics)PieterUys7
 
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse tale
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse taleThiudiskaz: Teutoniese of Germaanse tale
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse talePieterUys7
 
Khoisan as taalfamilie
Khoisan as taalfamilieKhoisan as taalfamilie
Khoisan as taalfamiliePieterUys7
 
Amerindies: Tale van die Amerikas
Amerindies: Tale van die AmerikasAmerindies: Tale van die Amerikas
Amerindies: Tale van die AmerikasPieterUys7
 
Makro Khoisan
Makro Khoisan Makro Khoisan
Makro Khoisan PieterUys7
 
Kleiner Germaanse Tale
Kleiner Germaanse TaleKleiner Germaanse Tale
Kleiner Germaanse TalePieterUys7
 
Urartu, Urmia, Aratta, Armenia
Urartu, Urmia, Aratta, ArmeniaUrartu, Urmia, Aratta, Armenia
Urartu, Urmia, Aratta, ArmeniaPieterUys7
 
Amazigh en Austronesies
Amazigh en Austronesies Amazigh en Austronesies
Amazigh en Austronesies PieterUys7
 
Vreemdste tale
Vreemdste tale Vreemdste tale
Vreemdste tale PieterUys7
 

More from PieterUys7 (20)

Amerindiese taalfamilie ~ Amerind language family
Amerindiese taalfamilie ~ Amerind language familyAmerindiese taalfamilie ~ Amerind language family
Amerindiese taalfamilie ~ Amerind language family
 
Amerind ~ Amerindies
Amerind ~ AmerindiesAmerind ~ Amerindies
Amerind ~ Amerindies
 
Afrikaans as lid van Standaard Gemiddelde Europees
Afrikaans as lid van Standaard Gemiddelde EuropeesAfrikaans as lid van Standaard Gemiddelde Europees
Afrikaans as lid van Standaard Gemiddelde Europees
 
Six macrofamily protolanguages compared
Six macrofamily protolanguages comparedSix macrofamily protolanguages compared
Six macrofamily protolanguages compared
 
Mixed languages
Mixed languagesMixed languages
Mixed languages
 
Kaskenades van die Agtermekaarkêrels
Kaskenades  van die  Agtermekaarkêrels Kaskenades  van die  Agtermekaarkêrels
Kaskenades van die Agtermekaarkêrels
 
Die Engelse Taal
Die Engelse TaalDie Engelse Taal
Die Engelse Taal
 
The Pretorian Underground
The Pretorian UndergroundThe Pretorian Underground
The Pretorian Underground
 
Geronde voorvokale
Geronde voorvokaleGeronde voorvokale
Geronde voorvokale
 
Oorsprong en ontwikkeling van die Proto-Indo-Europese taalfamilie
Oorsprong en ontwikkeling van die Proto-Indo-Europese taalfamilieOorsprong en ontwikkeling van die Proto-Indo-Europese taalfamilie
Oorsprong en ontwikkeling van die Proto-Indo-Europese taalfamilie
 
Ek, jy en ons in die steentydperk
Ek, jy en ons in die steentydperkEk, jy en ons in die steentydperk
Ek, jy en ons in die steentydperk
 
Bories en Betekenis (Borean and semantics)
Bories en Betekenis (Borean and semantics)Bories en Betekenis (Borean and semantics)
Bories en Betekenis (Borean and semantics)
 
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse tale
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse taleThiudiskaz: Teutoniese of Germaanse tale
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse tale
 
Khoisan as taalfamilie
Khoisan as taalfamilieKhoisan as taalfamilie
Khoisan as taalfamilie
 
Amerindies: Tale van die Amerikas
Amerindies: Tale van die AmerikasAmerindies: Tale van die Amerikas
Amerindies: Tale van die Amerikas
 
Makro Khoisan
Makro Khoisan Makro Khoisan
Makro Khoisan
 
Kleiner Germaanse Tale
Kleiner Germaanse TaleKleiner Germaanse Tale
Kleiner Germaanse Tale
 
Urartu, Urmia, Aratta, Armenia
Urartu, Urmia, Aratta, ArmeniaUrartu, Urmia, Aratta, Armenia
Urartu, Urmia, Aratta, Armenia
 
Amazigh en Austronesies
Amazigh en Austronesies Amazigh en Austronesies
Amazigh en Austronesies
 
Vreemdste tale
Vreemdste tale Vreemdste tale
Vreemdste tale
 

Hond en kat in die oertaal

  • 1. 1 Hond en Kat in die Oertaal
  • 2. 2 Hond en Kat in die Oertaal en Brak en Siebie Pieter Uys Orchards, 2021
  • 3. 3 Kat Die woord 'kat' is klaarblyklik 'n oer-oue woord, omdat dit in soveel verskillende tale regdeur die wêreld voorkom, in variante van kat, kats, kit, ket, ked, kot, kes en kotter. Navorsing dui daarop dat die oorsprong van die huiskat by die Midde-Oosterse wildekat, Felis silvestris libyca, lê, sowat 12,000 jaar gelede. Domestikasie het waarskynlik in Egipte plaasgevind, waar katbeeldjies gevind is wat tot 2300 vC terugdateer. In die graftombe van Baket III by Beni Hassan uit 1950 vC is ’n skildery van ‘n kat wat ‘n rot konfronteer. Vanaf 1450 vC is daar volop afbeeldings van katte in graftombes by Thebes. Van Egipte af het die kat na die Griekse en Romeinse wêreld versprei, waar die woord cattus gebruik is. In Hebreeus is dit ‫חתול‬ khatúl, en in Baskies, wat geen familiebande met die omringende tale het nie, is dit katu. Hoewel daar altyd katte in die woude van Europa was, het die Germane die woord *kattōn- by die Ou Europeërs geleen, wat beteken dat laasgenoemde dieselfde stam gebruik het, of die woord by die Grieke en Romeine geleen het.
  • 4. 4 Of dit kom uit Proto-Oeraals, waar ‘n wesel *käďwä genoem is. Noord-Afrika is nog ‘n moontlike bron vir die oorsprong van die woord, in die lig van Berber en Nubies kaddîska ‘wilde kat’ en Nubies kadis, wat in Arabies ّ ‫ِط‬‫ق‬ qiṭṭ geword het. In die hedendaagse Arabiese dialekte van Egipte en Sirië word die woorde ‫بسة‬/‫بس‬ biss/bisse gebruik, wat mens aan Engels ‘pussy’ herinner, ‘n term wat uit die 16de eeu dateer en uit Nederlands ‘poes’ of Nederduits ‘puuskatte’ mag kom. Sweeds het kattepus, en Noorweegs pusekatt. Soortgelyke vorme bestaan in Litous, puižė en Iers, puisín of puiscín. Of bogenoemde term enigiets met die Egiptiese B'sst, Baast, Ubaste, of Baset te doen het, sal mens nooit weet nie.
  • 5. 5 ‘n Ander woord is op die taak van die kat gebaseer, soos Engels ‘mouser’, Italiaans ‘micio’, Spaans ‘micho’, Frans ‘minet’, Romeens ‘mutzu", wat almal na “muisvanger’ verwys. Sanskrit het मार्ाारी maarjaari, बिडाली bidaali, क ु न्दम kundama, जर्ह्वाप: jivahapah en पयस्य: payasyah. က ွောငျ ବିଲେଇ పిల్లి ድመት կատու კატა
  • 6. 6 Die vierde term is die onomatopiese [miao] of [miw] wat ook in antieke Egipties gebruik is, en in Oosterse tale soos Chinees en Thai aangetref word. In die Indiese subkontinent word ander terme gebruik, wat moontlik op woorde vir klein wilde soogdiere gebaseer is. Dan’s daar die Germaanse suffiks ‘-kat’ wat vir ander klein soogdiere gebruik word: Deens lækatt, Noorweegs røyskatt en Sweeds lekatt wat na ‘n wesel verwys. Oud-Noors igulkǫttr en moderne Sweeds igelkott vir krimpvarkie. Dieselfde as Afrikaans ‘meerkat’ en ‘muskejaatkat.’ Sumeries
  • 7. 7 Chauvet Die Chauvet-grot in Frankryk bevat honderde tekeninge wat tussen 20,000 en 30,000 jaar oud is. Vreemd genoeg is daar nie ‘n enkele afbeelding van ‘n wolf nie, moontlik omdat dit as taboe beskou is. Gelukkig bewaar die grot iets anders ook – die voetspore van ‘n kind en ‘n hond. Die middelste toon van die voorpoot is kort, soos dié van ‘n hond, wat ‘n wolf uitskakel. Die voetspore word op 26,000 jaar gelede dateer. Daar bestaan oerwoorde vir hond, maar die situasie is nie so eenvoudig soos by ‘kat’ nie.
  • 8. 8 Die oudste woord wat in Nostraties (+/- 10 – 12 000 jaar gelede) gerekonstrueer kan word, is *kwan, wat in Proto-Indo-Europees *kwṓn geword het, en vandaar in Germaans: hund, Latyn: canis, Frans: chien [shi’en], Litous: si’ens, Sanskrit: chvan, ens. (k kan na s, sh, h en ch verander; w kan na v, p, b, u en o verander; n kan in d, l of r verander of verdwyn). Die probleem is dat hierdie etimologie in baie van die dogtertaalfamilies van Nostraties, die woord vir wolf, vos of jakkals is. In Oeraals (Fins, sami) en Eskimo is dit ‘wolf’, in Afro-Asiatiese tale kan dit ‘hond’ of ‘wolf’ wees, in Amerindiese tale kan dit ‘jakkals’ of ‘hond’ wees: Tewa tuxwana ‘coyote,’ Zacapoaxtla kwiin- ti ‘hond.’ In Khoisan verwys die word na hiëna. Die Indo-Europese woorde vir ‘hond’ in Germaans, Romaans, Armeens en Balties (behalwe in Spaans, en Engels ‘dog’ uitgesluit) het almal uit dieselfde stam ontwikkel. Die volgende kom uit Merrit Ruhlen en John D Bengtson se Global Etymologies, ‘n lys van etimons waartoe linguïste soos Trombetti, Swadesh, Greenberg, Illich-Svitych, Dolgopolsky en Starostin bygedra het.
  • 9. 9 Woorde vir Hond Hierdie is nie rekonstruksies nie, en bloot ‘n poging om die mees algemene betekenis aan ‘n fonologiese vorm te koppel. FAMILIE GROEP TAAL VORM BETEKENIS Afro-Asiaties Proto-AA *k(j)n Altaïes Mongools qani wilde hond Turks Ou Turks qanˇciq teef Amerind Hokan Achomawi ku-an jakkals Tonkawa ekuan Sentrale Amerind Jemez kiano Tewa tuxwana jakkals Popoloca kuniya Austronesies Proto-Oseanies *nkaun Baskies haz-koin ratel (beerhond) Eskimo-Aleut Sirenik qanaγa wolf Himalajies Proto-Sino-Tibetaans *qhwıj ‘ Argaïese Chinees *khiwen Indo-Europees Proto-Indo-Europees *kwon ∼ *kun Italies Latyn can(-is); Indies Sanskrit cvan Proto-Germaans *hundaz Indo-Pasifies Pila kawun Saki kawun Wodani kawino Kaukasies Proto-Kaukasies *χHw˘eje Proto-Avar-Andi *χwo÷i Proto-Lezghies *χIw¨aja
  • 10. 10 Khoisan Tuu /Xam !gw˜a˜ı hiëna Kx’a !Kung /gw´I hiëna Tuu Nǁng /x˜a˜I hiëna Koreaans ka Oeraals Proto-Oeraals *kűjnä wolf Finno-Oegries Sami gaidne wolf Udmurt kyjon ‘ wolf Komi koin ‘ wolf WELPIE Die woord vir ‘welpie’ in Nostraties is *Kwelb en in Proto-Indo-Europees *kwelp. Afrikaans welpie. Semities; Arabies kalb = hond; Hebreeus keleb = hond. Die woord vir ‘jakkals’ het dikwels die vorm CVC(C)VC, byvoorbeels tsakur in Baskies.
  • 11. 11 BRAK Die linguïs Arnaud Faurnet beweer dat die name van mak diere in Germaans uit ‘n substratumtaal (Waskonies?) van Ou Europa kom, wat dus aan Baskies en Noord-Kaukasies verwant is. Noordoos-Kaukasies het nog voorvoegsels (net soos Zulu en ander Ntutale) wat woorde in klasse verdeel. In Baskies kan mens die oorblyfsels sien, maar dit vorm nie meer woordklasse nie. Een daarvan is die voorvoegsel m(a)- vir skape, bokke, beeste, brakke en varke. Die stam *rag- verwys na bloedhond, en het ‘n prefiks- variant, *m-> *b-: Substratiese Wes-Germaans *brakka(n). Moontlike comparanda is Germaans *rauk-, *r(e)uk- = rook / reuk. Elamitiese Spitshond
  • 12. 12 SIEBIE Oud-Hoog-Duits zoha ‘teef’ lyk na Yslands tóa jakkalswyfie. Met die verkleinsuffiks gee dit in Duitse dialekte variante soos tiffe, tifte, tēwe, tispe, tipse, ziwwe, zibbe en zeische. Zibbe kan verwys na ‘haaswyfie’, ‘ooi’, ‘teef’, en ‘ooilammetjie.’
  • 13. 13 Bibliografie Grimm, Guido en Johann-Mattis List. (2017) Man gave names to all those animals: cats and dogs. http://phylonetworks.blogspot.com/2017/10/man-gave-names-to-all-those-animals.html Jäger, G. (2015) Support for linguistic macrofamilies from weighted alignment. Proceedings of the National Academy of Sciences 112: 12752-12757. Kroonen, G. (2013) Etymological dictionary of Proto-Germanic. Brill: Leiden and Boston. List, J.-M. and R. Forkel (2016) LingPy. A Python library for historical linguistics. Max Planck Institute for the Science of Human History: Jena. Lloyd, Ellen (2016) 26,000-Year-Old Footprints In Chauvet Cave: Oldest Evidence Of Human-Canine Relationship. https://www.ancientpages.com/2016/12/29/26000-year-old-footprints-in-chauvet-cave- oldest-evidence-of-human-canine-relationship/ Mandelbaum, Ryan F. Ancient Cave Art Depicts Oldest Evidence of Dogs Wearing Leashes. https://gizmodo.com/ancient-cave-art-depicts-oldest-evidence-of-dogs-wearin-1820606741 Schuster, Ruth. (2013) Word of the Day / Khatool - The Word Cat: Evidence of an Ur-language in Proto-humans? https://www.haaretz.com/.premium-word-of-the-day-khatool-1.5290863 Serpell, J. (2013) The Domestic Cat: Domestication and history of the cat. DOI:10.1017/CBO9781139177177.011Corpus ID: 132428847
  • 14. 14