SlideShare a Scribd company logo
1 of 13
Download to read offline
Die Geronde
Voorvokale
2
Die Gerønde
Võõrvœkale
'n Eienskap van Eurasië
Pieter Œÿs
3
Inhoudsopgawe
Inleiding 4
Geografiese verspreiding 5
Die Oorsprong van Geronde Voorvokale 6
Die Internasionale Fonetiese Alfabet se geronde voorvokale 7
Geronde voorvokale in Afrikaans 9
Ingedeel volgens Eurasiaties, Dené-Sino-Kaukasies en Amerindies 12
Bibliografie 13
4
Inleiding
Duits en Frans is twee wêreldtale wat bekend is vir hulle geronde voorvokale, soos [y] of
[ü] en [ö] in woorde soos tu (jy) of Mörsch of über (oor) of Bücher (boeke). Afrikaans het
ook dié [y] of [ü] soos byvoorbeeld in die formele tweedepersoon-voornaamwoord u, en
[ö] in woorde soos lug, dun en sug.
Volgens die World Atlas of Language Structures Online, is daar 37 tale met geronde voorvokale in
hulle klank-inventaris, wat maar 6.6% van wêreldtale uitmaak. Geronde voorvokale verskyn in
vokaalstelsels met 'n bogemiddelde aantal klinkers. Die gemiddelde syfer vir die bovermelde 37
tale is 7.87, teenoor 5.85 vir tale sonder geronde voorvokale. Om daardie rede, en gegrond op
wat bekend is oor die ontwikkeling van heelwat van die betrokke tale, word die
teenwoordigheid van geronde voorvokale gewoonlik beskou as 'n leidraad dat sulke klank-
inventarisse gegroei het van 'n klinkerstelsel wat op 'n vroeëre stadium uit minder elemente
bestaan het.
Rigiede eenvormigheid word nie universeel gehandhaaf nie, en opsies bestaan vir die fonetiese
simbole hieronder. Simbool [y] word byvoorbeeld in die gewone alfabet van sommige tale, en
die fonetiese alfabet van ander deur [ü] vir die kort klank en [ű] vir die lang klank
verteenwoordig. Simbole soos å, ä, ö, ɪ, ɛ, æ, ʊ, ʌ, ə, ɚ, ɔ, ɑ, ɨ, ʉ, ɯ, ɵ, ɤ, ø̞, ɜ, ɞ word
aangewend om fyner te onderskei, en dan’s daar nog ‘n hele rits diakritiese tekens ook.
[y] [ʏ] [ø] [ø̞] [œ] [ɶ]
Geografiese verspreiding
29 uit die 37 tale met geronde voorvokale is in Eurasiё geleё, in Europa noord van die Alpe, met ‘n swenk
na die suide om Albanië, Turkye en die Stans van Sentraal-Asiё in te sluit, en verder oos tot by die Stille
Oseaan. Net vier tale met geronde voorvokale word vir die Amerikas aangegee, en selfs minder elk vir
Afrika en Oseaniё. Die bronne blyk boonop skepties te wees oor sommige van voorgenoemde.
Die nasies van wes na oos sluit in Ysland, die Faro Eilande, die Skandinawiese lande, die Lae Lande,
Frankryk, Duitsland, Switzerland, die noordooste van Italië, Oostenryk, Hongarye, Anatolië, die
Kaukasus, Estland, die Russiese Federasie, Tibet, Mongolië en China. Binne die Russiese Federasie, onder
meer die volgende: Bashkortostan, Tatarstan, Chuvashia, Kalmykia, Mari-El en Saka (Yakutia).
23 van die 37 tale het geronde voorvokale in beide die hoё en middelposisie, agt het net hoё geronde
voorvokale en ses van hulle het net geronde voorvokale onder middelhoogte klinkers.
Wat taal- makrofamilies betref, behoort almal van hulle tot die Eurasiatiese of Dene-Sino-Kaukasiese
families. Onder die Eurasiatiese familie is die Germaanse, Romaanse, Keltiese en Albaniese groepe.
In die Germaanse tale is geronde voorvokale ‘n algemene
verskynsel; benewens Duits is dit deel van die fonologie van tale
soos Yslands, Noorweegs, Sweeds, Deens, Nederlands en
Alemannies.
In Europa, benewens Frans in Romaanse tale soos Gascon
(Langue d’oc) is daar die Italiaanse dialekte van die noordweste
soos Piedmontees en Lombardies wat ook in die Switzerse
kanton Ticino gepraat word.
Bretons is ‘n Keltiese taal wat in die Bretagneprovinsie van
Frankryk gepraat word.
Fins, Nganasan, Hongaars en Selkup behoort tot die Oeraalse
familie, terwyl Altaïes verteenwoordig word deur Kalmyk ,
Dagur en Oirat (lede van die Mongoliese familie), Turks, Kumyk,
Yakut (Turkiese familie) en Manchu (Manchu-Toengoes).
Die Dené-sino-Kaukasiese makrofamilie het deur Baskies verteenwoordiging in die Communauté
d'Agglomeration du Pays Basque in Frankryk, en die Baskiese Outonome Gebied in Spanje. In die
Kaukasus is daar die Lesgiese tale van Dagestan en Chechnies van Chechnya (laasgenoemde twee
behoort tot die Noord00s-Kaukasiese taalfamilie). Dan’s daar Tibetaans, en standaard Chinees sowel as
Kantonees, wat tot die Sino-Tibetaanse of Trans-Himalaya-familie behoort.
6
Die Oorsprong van Geronde Voorvokale
In die Germaanse tale het geronde voorvokale deur metafonie gestalte gekry: dis die Umlautproses
waardeur geronde agtervokale soos [o] of [u] deur hoё voorvokale soos [i] of [e] gevolg is, en hulle
voorvokale geword het maar hulle ronding behou het. In Frans het dit op ‘n soortgelyke manier
ontstaan, weens die teenwoordigheid van ‘n voorvokaal. In Chinees was dit blykbaar die invloed van ‘n
voorkonsonant soos [t] op ‘n geronde agtervokaal soos [u] wat daartoe gelei het.
Taalkontak moes ‘n beduidende rol gespeel het in westelike Europa, want tale met geronde voorvokale
vorm ‘n soliede blok van Skandinawië tot in die noorde van Italië, en van Hongarye deur Switzerland tot
in Bretagne en Souletin in Frankryk.
Taalkontak was waarskynlik ook ‘n faktor onder die Oeraalse
en Altaïese families (Mongoolse, Turkse en Toengoesiese
groepe). Geronde voorvokale floreer onder hierdie drie
families, en mag selfs ‘n genetiese kenmerk wees wat hulle
by ‘n laatfase Eurasiatiese dialek geёrf het.
Vokaalharmonie – ‘n vorm van metafonie – is ‘n eienskap van
heelwat van hierdie tale; dit beteken dat ‘n woord uitsluitlik
voor- of agtervokale het, en dat die vokale van uitgange en
suffikse aanpas by die vokaaltipe van die stam.
Vokaalharmonie kan op hoogte, nasalering, posisie (voor- of
agtervokaal) en ander faktore gebou word.
In baie tale ressorteer verskillende vokale onder verskillende stelle, soos agtervokale of geronde vokale.
In sekere Altaïese tale is daar ‘n rondingsharmonie wat bo-00r die agtervokaliteitsharmonie optree.
Harmonie behels een of meer harmoniese eienskappe waarvoor klinkers harmoniese pare vorm, sodat
elke klinker ‘n harmoniese opponent in die ander stel het.
Vokaalharmonie is ‘n assimilerende proses waarin die klinkers van ‘n woord almal tot dieselfde klas
sinchroniseer. Vokaalharmonie werk langafstand, wat beteken dat die betrokke klinkers nie langs
mekaar hoef te verskyn nie, en dat daar segmente tussen die snellervokaal en die teikenvokale mag
wees. Gewoonlik is daar een klinker, die sneller, wat die ander klinkers in die woord beïnvloed om by ‘n
relevante fonologiese kenmerk van die sneller in te val.
7
Die Internasionale Fonetiese Alfabet se geronde voorvokale
[y] Die nabygeronde voorvokaal, of hoëgeronde voorvokaal
Afrikaans u ~ Nederlands nu [ny]
In Baskies, Duits, Estnies en Turks word dit ortografies as ⟨ü⟩ voorgestel; ⟨ű⟩ in Hongaars vir die
langer weergawe; die kort weergawe is die ⟨ü⟩ van die Duitse, Turkse en Estniese ortografie.
[ʏ] Die nabygeslote geperste voorvokaal
Nederlands (standaard) nu [ny] ~ Quebec Frans lune [lʏn]
Die vokaalhoogte is naby geslote (naby-hoog) wat beteken die tong is nie heeltemal so vernou as
by ‘n geslote (hoë) vokaal nie. Die rondheid word saamgepers, wat beteken dat die rante van die
lippe gespanne en saamgetrek is op so ‘n manier dat die binne-oppervlakke nie blootgestel word
nie.
[ø] Die naby-mid voorgeronde klinker, of hoë-mid geronde klinker
Nederlands neus [nøːs] ~ English (Broad New Zealand) [bøːd] ‘bird'
Die vokaalhoogte is naby middel, ook bekend as middelnaby, wat beteken die tong is halfpad
tussen ‘n geslote vokaal (‘n hoë vokaal) en ‘n mid-vokaal posisioneer. Die tong verskyn vorentoe in
die mond sonder om ‘n samepersing te veroorsaak. Geronde voorvokale word dikwels
gesentraliseer, wat hulle dikwels naby aan die voorkant bring, sy rondheid word saamgepers sodat
die grense van die lippe gespanne is en saamgetrek is sodat die binneste oppervlakke nie
blootgestel word nie.
8
[ø
̞ ] Middelvoor gerond tussen geslote-mid [ø] en oop-mid [œ]
Nederlands mùl [mœ
̝ ɫ] 'put' ~ Turks göz [ɟø
̞ z
̪ ] 'oog'
Vokaalhoogte is mid, tong halfpad tussen geslote en oop vokaal; tong is voor in mond sonder om
konstriksie te veroorsaak. Geronde voorvokale word dikwels gesentraliseer, wat hulle dan naby-
voor maak.. Sy ronding is gepers, rand van lippe is gespanne.
[œ] Die oop naby-voor geronde klinker.
Frans jeune ~ Duits Hölle
Vokaalhoogte is mid-oop, (laag-mid), tong is halfpad
geposisioneer tussen oop vokaal (lae vokaal) en ‘n mid-vokaal.
Geronde voorvokale word dikwels gesentreer, wat beteken dat
hulle dikwels naby-voor is. Sy ronding is saamgepers, rande
van lippe is gespanne en op so ‘n manier saamgetrek dat
binneste oppervlakke nie blootgestel word nie. Sy ronding
staan uit.
[ɶ] Die oop voorgeronde klinker
Sweeds köpa ‘koop’ ~ Noorweegs nøtt
Vokaalhoogte is oop-mid, ook bekend as laag-mid. Die tong is geposisioneer halfpad tussen ‘n oop
(lae) vokaal en ‘n mid-vokaal. Tong is vorentoe in die mond sonder om konstriksie te veroorsaak.
Geronde voorvokale word dikwels gesentreer, wat beteken hulle is naby aan die voorkant. Sy
ronding staan uit.
9
Geronde voorvokale in Afrikaans
Gedekte Klinkers
Met die benaming gedekte klinkers word bedoel dat hierdie vokale gevolg (gedek) word deur 'n
konsonant in dieselfde lettergreep. Gedekte klinkers kom slegs in geslote lettergrepe voor; d.w.s. in
lettergrepe wat op 'n medeklinker eindig, soos kat, bed, dik, bom, hul en u (wat gevolg word deur die
stembandklapper ʔ – glottale sluitklank – wat nie in Afrikaans geskryf word nie).
Gedekte Geronde Voorvokale
[œ] of alternatiewe simbool [ö] soos in /bul/ en /dun/ en /spul/ en /lug/ en /vrug/
[y] of alternatiewe simbool [ü] soos in /uniek/ en /sku/ [skyʔ] ~ [sküʔ] en /ru/ [ryʔ] ~ [rüʔ]
Vrye Klinkers
Met die benaming vrye klinkers word bedoel dat hierdie vokale vryelik kan voorkom, nie net in geslote
lettergrepe nie maar ook in oop lettergrepe soos /bure/ [by:rə]~[bűrə] en /vure/ [fy:rə]~[fűrə].
Vrye Geronde Voorvokale
[y:] of [ű] wat lank is soos in /nuut/ en /tuur/ en /stuur/ en foneties as [ny:t] of [nűt], [ty:r] of [tűr], [sty:r]
of [stűr] aangedui kan word
10
Die Diftong [ø:] = [yœ]
[ø:] in /deur/ en /kleur/ en /steur/ is die diftong [yœ]
en is die geronde weergawe van /e:/ wat die diftong [iə] is
en [yœ] is die hoёr weergawe van /o:/ wat die diftong [uœ] of [uə] is
Die Diftonge [œy] en [œu]
soos in /muis/ en /mou/
11
Trans-Himalaja-tale
12
Bevinding
59% - 21 uit die 37 tale met geronde voorvokale uit WALS se monster van 562 tale, behoort tot die
Eurasiatiese makrofamilie.
20% - 6 uit die 37 tale met geronde voorvokale uit WALS se monster van 562 tale, behoort tot die Dene-
Sino-Kaukasiese makrofamilie.
5% - 2 uit die 37 tale met geronde voorvokale uit WALS se monster van 562 tale, behoort tot die
Amerindiese makrofamilie.
Binne Eurasiaties:
24% - 9 uit die 37 is Altaïes
13% - 5 uit die 37 is Indo-Europees
13% - 5 uit die 37 is Oeraals
13
Bibliografie
Ian Maddieson. 2013. Front Rounded Vowels.
In: Dryer, Matthew S. & Haspelmath, Martin (eds.)
The World Atlas of Language Structures Online.
Leipzig: Max Planck Institute for Evolutionary Anthropology.
(Available online at http://wals.info/chapter/11, Accessed on 2021-08-01.)
Ko, Seongyeon. (2011). Vowel Contrast and Vowel Harmony Shift in the
Mongolic Languages. Language Research 47.1, 23-43. ournal of Phonetics (1990) 18, 93-122
Ladefoged , Peter. Vowels of the world's languages, by Peter Ladefoged and Ian Maddieson. Journal of
Phonetics (1990) 18, 93-122
Stevens, K. N. 1972. The Quantal Nature of Speech: Evidence from Articulatory-Acoustic Data. In David, E. E. and
Denes, P. B. (eds.), Human Communication: A Unified View, 51-56. New York: McGraw-Hill.
Wikipedia
https://en.wikipedia.org/wiki/IPA_vowel_chart_with_audio
Historical linguistics – Protolanguage - Language in prehistory – Caucasian tale – Uralic tale – Altaic tale
– Proto-Indo-European – Semitic tale – Language Families – Areal linguistics – Substrate – Adstrate –
Eurasiatic - Nostratic.

More Related Content

What's hot

Oorsprong en ontwikkeling van die Proto-Indo-Europese taalfamilie
Oorsprong en ontwikkeling van die Proto-Indo-Europese taalfamilieOorsprong en ontwikkeling van die Proto-Indo-Europese taalfamilie
Oorsprong en ontwikkeling van die Proto-Indo-Europese taalfamiliePieterUys7
 
Afrikaans as lid van Standaard Gemiddelde Europees
Afrikaans as lid van Standaard Gemiddelde EuropeesAfrikaans as lid van Standaard Gemiddelde Europees
Afrikaans as lid van Standaard Gemiddelde EuropeesPieterUys7
 
Urartu, Urmia, Aratta, Armenia
Urartu, Urmia, Aratta, ArmeniaUrartu, Urmia, Aratta, Armenia
Urartu, Urmia, Aratta, ArmeniaPieterUys7
 
Taal is 'n drif deur die spruit van tyd
Taal is 'n drif deur die spruit van tydTaal is 'n drif deur die spruit van tyd
Taal is 'n drif deur die spruit van tydPieterUys7
 
Amazigh en Austronesies
Amazigh en Austronesies Amazigh en Austronesies
Amazigh en Austronesies PieterUys7
 
Bories en Betekenis (Borean and semantics)
Bories en Betekenis (Borean and semantics)Bories en Betekenis (Borean and semantics)
Bories en Betekenis (Borean and semantics)PieterUys7
 
Amerindies: Taal is 'n poort deur die muur van tyd
Amerindies: Taal is 'n poort deur die muur van tydAmerindies: Taal is 'n poort deur die muur van tyd
Amerindies: Taal is 'n poort deur die muur van tydPieterUys7
 
Eggo's van die oertyd in Afrikaans
Eggo's van die oertyd in AfrikaansEggo's van die oertyd in Afrikaans
Eggo's van die oertyd in AfrikaansPieterUys7
 
Taal is 'n brug oor die stroom van tyd
Taal is 'n brug oor die stroom van tydTaal is 'n brug oor die stroom van tyd
Taal is 'n brug oor die stroom van tydPieterUys7
 
Kleiner Germaanse Tale
Kleiner Germaanse TaleKleiner Germaanse Tale
Kleiner Germaanse TalePieterUys7
 
Amerindies: Tale van die Amerikas
Amerindies: Tale van die AmerikasAmerindies: Tale van die Amerikas
Amerindies: Tale van die AmerikasPieterUys7
 
Eurasiaties en Nostraties
Eurasiaties en NostratiesEurasiaties en Nostraties
Eurasiaties en NostratiesPieterUys7
 

What's hot (12)

Oorsprong en ontwikkeling van die Proto-Indo-Europese taalfamilie
Oorsprong en ontwikkeling van die Proto-Indo-Europese taalfamilieOorsprong en ontwikkeling van die Proto-Indo-Europese taalfamilie
Oorsprong en ontwikkeling van die Proto-Indo-Europese taalfamilie
 
Afrikaans as lid van Standaard Gemiddelde Europees
Afrikaans as lid van Standaard Gemiddelde EuropeesAfrikaans as lid van Standaard Gemiddelde Europees
Afrikaans as lid van Standaard Gemiddelde Europees
 
Urartu, Urmia, Aratta, Armenia
Urartu, Urmia, Aratta, ArmeniaUrartu, Urmia, Aratta, Armenia
Urartu, Urmia, Aratta, Armenia
 
Taal is 'n drif deur die spruit van tyd
Taal is 'n drif deur die spruit van tydTaal is 'n drif deur die spruit van tyd
Taal is 'n drif deur die spruit van tyd
 
Amazigh en Austronesies
Amazigh en Austronesies Amazigh en Austronesies
Amazigh en Austronesies
 
Bories en Betekenis (Borean and semantics)
Bories en Betekenis (Borean and semantics)Bories en Betekenis (Borean and semantics)
Bories en Betekenis (Borean and semantics)
 
Amerindies: Taal is 'n poort deur die muur van tyd
Amerindies: Taal is 'n poort deur die muur van tydAmerindies: Taal is 'n poort deur die muur van tyd
Amerindies: Taal is 'n poort deur die muur van tyd
 
Eggo's van die oertyd in Afrikaans
Eggo's van die oertyd in AfrikaansEggo's van die oertyd in Afrikaans
Eggo's van die oertyd in Afrikaans
 
Taal is 'n brug oor die stroom van tyd
Taal is 'n brug oor die stroom van tydTaal is 'n brug oor die stroom van tyd
Taal is 'n brug oor die stroom van tyd
 
Kleiner Germaanse Tale
Kleiner Germaanse TaleKleiner Germaanse Tale
Kleiner Germaanse Tale
 
Amerindies: Tale van die Amerikas
Amerindies: Tale van die AmerikasAmerindies: Tale van die Amerikas
Amerindies: Tale van die Amerikas
 
Eurasiaties en Nostraties
Eurasiaties en NostratiesEurasiaties en Nostraties
Eurasiaties en Nostraties
 

More from PieterUys7

Afroasiaties Amerind en Dene-Sino-Kaukasies
Afroasiaties Amerind en Dene-Sino-KaukasiesAfroasiaties Amerind en Dene-Sino-Kaukasies
Afroasiaties Amerind en Dene-Sino-KaukasiesPieterUys7
 
Amerindiese taalfamilie ~ Amerind language family
Amerindiese taalfamilie ~ Amerind language familyAmerindiese taalfamilie ~ Amerind language family
Amerindiese taalfamilie ~ Amerind language familyPieterUys7
 
Aard van prototaal
Aard van prototaalAard van prototaal
Aard van prototaalPieterUys7
 
Sumeriese misterie
Sumeriese misterieSumeriese misterie
Sumeriese misteriePieterUys7
 
Six macrofamily protolanguages compared
Six macrofamily protolanguages comparedSix macrofamily protolanguages compared
Six macrofamily protolanguages comparedPieterUys7
 
Kaskenades van die Agtermekaarkêrels
Kaskenades  van die  Agtermekaarkêrels Kaskenades  van die  Agtermekaarkêrels
Kaskenades van die Agtermekaarkêrels PieterUys7
 
Ural-Altaic et Oeral-Altaies
Ural-Altaic et Oeral-AltaiesUral-Altaic et Oeral-Altaies
Ural-Altaic et Oeral-AltaiesPieterUys7
 
Prototale van Afrika en Eurasie
Prototale van Afrika en EurasiePrototale van Afrika en Eurasie
Prototale van Afrika en EurasiePieterUys7
 
Die Engelse Taal
Die Engelse TaalDie Engelse Taal
Die Engelse TaalPieterUys7
 
Eurasiatic and Dene-Sino-Caucasian
Eurasiatic and Dene-Sino-CaucasianEurasiatic and Dene-Sino-Caucasian
Eurasiatic and Dene-Sino-CaucasianPieterUys7
 
The Pretorian Underground
The Pretorian UndergroundThe Pretorian Underground
The Pretorian UndergroundPieterUys7
 
Hond en kat in die oertaal
Hond en kat in die oertaalHond en kat in die oertaal
Hond en kat in die oertaalPieterUys7
 
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse tale
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse taleThiudiskaz: Teutoniese of Germaanse tale
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse talePieterUys7
 
Germaanse oorsprong
Germaanse oorsprong Germaanse oorsprong
Germaanse oorsprong PieterUys7
 
Afrikatale en Taalfamilies van Afrika
Afrikatale en Taalfamilies van AfrikaAfrikatale en Taalfamilies van Afrika
Afrikatale en Taalfamilies van AfrikaPieterUys7
 

More from PieterUys7 (16)

Afroasiaties Amerind en Dene-Sino-Kaukasies
Afroasiaties Amerind en Dene-Sino-KaukasiesAfroasiaties Amerind en Dene-Sino-Kaukasies
Afroasiaties Amerind en Dene-Sino-Kaukasies
 
Amerindiese taalfamilie ~ Amerind language family
Amerindiese taalfamilie ~ Amerind language familyAmerindiese taalfamilie ~ Amerind language family
Amerindiese taalfamilie ~ Amerind language family
 
Aard van prototaal
Aard van prototaalAard van prototaal
Aard van prototaal
 
Sumeriese misterie
Sumeriese misterieSumeriese misterie
Sumeriese misterie
 
Six macrofamily protolanguages compared
Six macrofamily protolanguages comparedSix macrofamily protolanguages compared
Six macrofamily protolanguages compared
 
Kaskenades van die Agtermekaarkêrels
Kaskenades  van die  Agtermekaarkêrels Kaskenades  van die  Agtermekaarkêrels
Kaskenades van die Agtermekaarkêrels
 
Ural-Altaic et Oeral-Altaies
Ural-Altaic et Oeral-AltaiesUral-Altaic et Oeral-Altaies
Ural-Altaic et Oeral-Altaies
 
Prototale van Afrika en Eurasie
Prototale van Afrika en EurasiePrototale van Afrika en Eurasie
Prototale van Afrika en Eurasie
 
Die Engelse Taal
Die Engelse TaalDie Engelse Taal
Die Engelse Taal
 
Eurasiatic and Dene-Sino-Caucasian
Eurasiatic and Dene-Sino-CaucasianEurasiatic and Dene-Sino-Caucasian
Eurasiatic and Dene-Sino-Caucasian
 
Eurasiaties
Eurasiaties Eurasiaties
Eurasiaties
 
The Pretorian Underground
The Pretorian UndergroundThe Pretorian Underground
The Pretorian Underground
 
Hond en kat in die oertaal
Hond en kat in die oertaalHond en kat in die oertaal
Hond en kat in die oertaal
 
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse tale
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse taleThiudiskaz: Teutoniese of Germaanse tale
Thiudiskaz: Teutoniese of Germaanse tale
 
Germaanse oorsprong
Germaanse oorsprong Germaanse oorsprong
Germaanse oorsprong
 
Afrikatale en Taalfamilies van Afrika
Afrikatale en Taalfamilies van AfrikaAfrikatale en Taalfamilies van Afrika
Afrikatale en Taalfamilies van Afrika
 

Geronde voorvokale

  • 2. 2 Die Gerønde Võõrvœkale 'n Eienskap van Eurasië Pieter Œÿs
  • 3. 3 Inhoudsopgawe Inleiding 4 Geografiese verspreiding 5 Die Oorsprong van Geronde Voorvokale 6 Die Internasionale Fonetiese Alfabet se geronde voorvokale 7 Geronde voorvokale in Afrikaans 9 Ingedeel volgens Eurasiaties, Dené-Sino-Kaukasies en Amerindies 12 Bibliografie 13
  • 4. 4 Inleiding Duits en Frans is twee wêreldtale wat bekend is vir hulle geronde voorvokale, soos [y] of [ü] en [ö] in woorde soos tu (jy) of Mörsch of über (oor) of Bücher (boeke). Afrikaans het ook dié [y] of [ü] soos byvoorbeeld in die formele tweedepersoon-voornaamwoord u, en [ö] in woorde soos lug, dun en sug. Volgens die World Atlas of Language Structures Online, is daar 37 tale met geronde voorvokale in hulle klank-inventaris, wat maar 6.6% van wêreldtale uitmaak. Geronde voorvokale verskyn in vokaalstelsels met 'n bogemiddelde aantal klinkers. Die gemiddelde syfer vir die bovermelde 37 tale is 7.87, teenoor 5.85 vir tale sonder geronde voorvokale. Om daardie rede, en gegrond op wat bekend is oor die ontwikkeling van heelwat van die betrokke tale, word die teenwoordigheid van geronde voorvokale gewoonlik beskou as 'n leidraad dat sulke klank- inventarisse gegroei het van 'n klinkerstelsel wat op 'n vroeëre stadium uit minder elemente bestaan het. Rigiede eenvormigheid word nie universeel gehandhaaf nie, en opsies bestaan vir die fonetiese simbole hieronder. Simbool [y] word byvoorbeeld in die gewone alfabet van sommige tale, en die fonetiese alfabet van ander deur [ü] vir die kort klank en [ű] vir die lang klank verteenwoordig. Simbole soos å, ä, ö, ɪ, ɛ, æ, ʊ, ʌ, ə, ɚ, ɔ, ɑ, ɨ, ʉ, ɯ, ɵ, ɤ, ø̞, ɜ, ɞ word aangewend om fyner te onderskei, en dan’s daar nog ‘n hele rits diakritiese tekens ook. [y] [ʏ] [ø] [ø̞] [œ] [ɶ]
  • 5. Geografiese verspreiding 29 uit die 37 tale met geronde voorvokale is in Eurasiё geleё, in Europa noord van die Alpe, met ‘n swenk na die suide om Albanië, Turkye en die Stans van Sentraal-Asiё in te sluit, en verder oos tot by die Stille Oseaan. Net vier tale met geronde voorvokale word vir die Amerikas aangegee, en selfs minder elk vir Afrika en Oseaniё. Die bronne blyk boonop skepties te wees oor sommige van voorgenoemde. Die nasies van wes na oos sluit in Ysland, die Faro Eilande, die Skandinawiese lande, die Lae Lande, Frankryk, Duitsland, Switzerland, die noordooste van Italië, Oostenryk, Hongarye, Anatolië, die Kaukasus, Estland, die Russiese Federasie, Tibet, Mongolië en China. Binne die Russiese Federasie, onder meer die volgende: Bashkortostan, Tatarstan, Chuvashia, Kalmykia, Mari-El en Saka (Yakutia). 23 van die 37 tale het geronde voorvokale in beide die hoё en middelposisie, agt het net hoё geronde voorvokale en ses van hulle het net geronde voorvokale onder middelhoogte klinkers. Wat taal- makrofamilies betref, behoort almal van hulle tot die Eurasiatiese of Dene-Sino-Kaukasiese families. Onder die Eurasiatiese familie is die Germaanse, Romaanse, Keltiese en Albaniese groepe. In die Germaanse tale is geronde voorvokale ‘n algemene verskynsel; benewens Duits is dit deel van die fonologie van tale soos Yslands, Noorweegs, Sweeds, Deens, Nederlands en Alemannies. In Europa, benewens Frans in Romaanse tale soos Gascon (Langue d’oc) is daar die Italiaanse dialekte van die noordweste soos Piedmontees en Lombardies wat ook in die Switzerse kanton Ticino gepraat word. Bretons is ‘n Keltiese taal wat in die Bretagneprovinsie van Frankryk gepraat word. Fins, Nganasan, Hongaars en Selkup behoort tot die Oeraalse familie, terwyl Altaïes verteenwoordig word deur Kalmyk , Dagur en Oirat (lede van die Mongoliese familie), Turks, Kumyk, Yakut (Turkiese familie) en Manchu (Manchu-Toengoes). Die Dené-sino-Kaukasiese makrofamilie het deur Baskies verteenwoordiging in die Communauté d'Agglomeration du Pays Basque in Frankryk, en die Baskiese Outonome Gebied in Spanje. In die Kaukasus is daar die Lesgiese tale van Dagestan en Chechnies van Chechnya (laasgenoemde twee behoort tot die Noord00s-Kaukasiese taalfamilie). Dan’s daar Tibetaans, en standaard Chinees sowel as Kantonees, wat tot die Sino-Tibetaanse of Trans-Himalaya-familie behoort.
  • 6. 6 Die Oorsprong van Geronde Voorvokale In die Germaanse tale het geronde voorvokale deur metafonie gestalte gekry: dis die Umlautproses waardeur geronde agtervokale soos [o] of [u] deur hoё voorvokale soos [i] of [e] gevolg is, en hulle voorvokale geword het maar hulle ronding behou het. In Frans het dit op ‘n soortgelyke manier ontstaan, weens die teenwoordigheid van ‘n voorvokaal. In Chinees was dit blykbaar die invloed van ‘n voorkonsonant soos [t] op ‘n geronde agtervokaal soos [u] wat daartoe gelei het. Taalkontak moes ‘n beduidende rol gespeel het in westelike Europa, want tale met geronde voorvokale vorm ‘n soliede blok van Skandinawië tot in die noorde van Italië, en van Hongarye deur Switzerland tot in Bretagne en Souletin in Frankryk. Taalkontak was waarskynlik ook ‘n faktor onder die Oeraalse en Altaïese families (Mongoolse, Turkse en Toengoesiese groepe). Geronde voorvokale floreer onder hierdie drie families, en mag selfs ‘n genetiese kenmerk wees wat hulle by ‘n laatfase Eurasiatiese dialek geёrf het. Vokaalharmonie – ‘n vorm van metafonie – is ‘n eienskap van heelwat van hierdie tale; dit beteken dat ‘n woord uitsluitlik voor- of agtervokale het, en dat die vokale van uitgange en suffikse aanpas by die vokaaltipe van die stam. Vokaalharmonie kan op hoogte, nasalering, posisie (voor- of agtervokaal) en ander faktore gebou word. In baie tale ressorteer verskillende vokale onder verskillende stelle, soos agtervokale of geronde vokale. In sekere Altaïese tale is daar ‘n rondingsharmonie wat bo-00r die agtervokaliteitsharmonie optree. Harmonie behels een of meer harmoniese eienskappe waarvoor klinkers harmoniese pare vorm, sodat elke klinker ‘n harmoniese opponent in die ander stel het. Vokaalharmonie is ‘n assimilerende proses waarin die klinkers van ‘n woord almal tot dieselfde klas sinchroniseer. Vokaalharmonie werk langafstand, wat beteken dat die betrokke klinkers nie langs mekaar hoef te verskyn nie, en dat daar segmente tussen die snellervokaal en die teikenvokale mag wees. Gewoonlik is daar een klinker, die sneller, wat die ander klinkers in die woord beïnvloed om by ‘n relevante fonologiese kenmerk van die sneller in te val.
  • 7. 7 Die Internasionale Fonetiese Alfabet se geronde voorvokale [y] Die nabygeronde voorvokaal, of hoëgeronde voorvokaal Afrikaans u ~ Nederlands nu [ny] In Baskies, Duits, Estnies en Turks word dit ortografies as ⟨ü⟩ voorgestel; ⟨ű⟩ in Hongaars vir die langer weergawe; die kort weergawe is die ⟨ü⟩ van die Duitse, Turkse en Estniese ortografie. [ʏ] Die nabygeslote geperste voorvokaal Nederlands (standaard) nu [ny] ~ Quebec Frans lune [lʏn] Die vokaalhoogte is naby geslote (naby-hoog) wat beteken die tong is nie heeltemal so vernou as by ‘n geslote (hoë) vokaal nie. Die rondheid word saamgepers, wat beteken dat die rante van die lippe gespanne en saamgetrek is op so ‘n manier dat die binne-oppervlakke nie blootgestel word nie. [ø] Die naby-mid voorgeronde klinker, of hoë-mid geronde klinker Nederlands neus [nøːs] ~ English (Broad New Zealand) [bøːd] ‘bird' Die vokaalhoogte is naby middel, ook bekend as middelnaby, wat beteken die tong is halfpad tussen ‘n geslote vokaal (‘n hoë vokaal) en ‘n mid-vokaal posisioneer. Die tong verskyn vorentoe in die mond sonder om ‘n samepersing te veroorsaak. Geronde voorvokale word dikwels gesentraliseer, wat hulle dikwels naby aan die voorkant bring, sy rondheid word saamgepers sodat die grense van die lippe gespanne is en saamgetrek is sodat die binneste oppervlakke nie blootgestel word nie.
  • 8. 8 [ø ̞ ] Middelvoor gerond tussen geslote-mid [ø] en oop-mid [œ] Nederlands mùl [mœ ̝ ɫ] 'put' ~ Turks göz [ɟø ̞ z ̪ ] 'oog' Vokaalhoogte is mid, tong halfpad tussen geslote en oop vokaal; tong is voor in mond sonder om konstriksie te veroorsaak. Geronde voorvokale word dikwels gesentraliseer, wat hulle dan naby- voor maak.. Sy ronding is gepers, rand van lippe is gespanne. [œ] Die oop naby-voor geronde klinker. Frans jeune ~ Duits Hölle Vokaalhoogte is mid-oop, (laag-mid), tong is halfpad geposisioneer tussen oop vokaal (lae vokaal) en ‘n mid-vokaal. Geronde voorvokale word dikwels gesentreer, wat beteken dat hulle dikwels naby-voor is. Sy ronding is saamgepers, rande van lippe is gespanne en op so ‘n manier saamgetrek dat binneste oppervlakke nie blootgestel word nie. Sy ronding staan uit. [ɶ] Die oop voorgeronde klinker Sweeds köpa ‘koop’ ~ Noorweegs nøtt Vokaalhoogte is oop-mid, ook bekend as laag-mid. Die tong is geposisioneer halfpad tussen ‘n oop (lae) vokaal en ‘n mid-vokaal. Tong is vorentoe in die mond sonder om konstriksie te veroorsaak. Geronde voorvokale word dikwels gesentreer, wat beteken hulle is naby aan die voorkant. Sy ronding staan uit.
  • 9. 9 Geronde voorvokale in Afrikaans Gedekte Klinkers Met die benaming gedekte klinkers word bedoel dat hierdie vokale gevolg (gedek) word deur 'n konsonant in dieselfde lettergreep. Gedekte klinkers kom slegs in geslote lettergrepe voor; d.w.s. in lettergrepe wat op 'n medeklinker eindig, soos kat, bed, dik, bom, hul en u (wat gevolg word deur die stembandklapper ʔ – glottale sluitklank – wat nie in Afrikaans geskryf word nie). Gedekte Geronde Voorvokale [œ] of alternatiewe simbool [ö] soos in /bul/ en /dun/ en /spul/ en /lug/ en /vrug/ [y] of alternatiewe simbool [ü] soos in /uniek/ en /sku/ [skyʔ] ~ [sküʔ] en /ru/ [ryʔ] ~ [rüʔ] Vrye Klinkers Met die benaming vrye klinkers word bedoel dat hierdie vokale vryelik kan voorkom, nie net in geslote lettergrepe nie maar ook in oop lettergrepe soos /bure/ [by:rə]~[bűrə] en /vure/ [fy:rə]~[fűrə]. Vrye Geronde Voorvokale [y:] of [ű] wat lank is soos in /nuut/ en /tuur/ en /stuur/ en foneties as [ny:t] of [nűt], [ty:r] of [tűr], [sty:r] of [stűr] aangedui kan word
  • 10. 10 Die Diftong [ø:] = [yœ] [ø:] in /deur/ en /kleur/ en /steur/ is die diftong [yœ] en is die geronde weergawe van /e:/ wat die diftong [iə] is en [yœ] is die hoёr weergawe van /o:/ wat die diftong [uœ] of [uə] is Die Diftonge [œy] en [œu] soos in /muis/ en /mou/
  • 12. 12 Bevinding 59% - 21 uit die 37 tale met geronde voorvokale uit WALS se monster van 562 tale, behoort tot die Eurasiatiese makrofamilie. 20% - 6 uit die 37 tale met geronde voorvokale uit WALS se monster van 562 tale, behoort tot die Dene- Sino-Kaukasiese makrofamilie. 5% - 2 uit die 37 tale met geronde voorvokale uit WALS se monster van 562 tale, behoort tot die Amerindiese makrofamilie. Binne Eurasiaties: 24% - 9 uit die 37 is Altaïes 13% - 5 uit die 37 is Indo-Europees 13% - 5 uit die 37 is Oeraals
  • 13. 13 Bibliografie Ian Maddieson. 2013. Front Rounded Vowels. In: Dryer, Matthew S. & Haspelmath, Martin (eds.) The World Atlas of Language Structures Online. Leipzig: Max Planck Institute for Evolutionary Anthropology. (Available online at http://wals.info/chapter/11, Accessed on 2021-08-01.) Ko, Seongyeon. (2011). Vowel Contrast and Vowel Harmony Shift in the Mongolic Languages. Language Research 47.1, 23-43. ournal of Phonetics (1990) 18, 93-122 Ladefoged , Peter. Vowels of the world's languages, by Peter Ladefoged and Ian Maddieson. Journal of Phonetics (1990) 18, 93-122 Stevens, K. N. 1972. The Quantal Nature of Speech: Evidence from Articulatory-Acoustic Data. In David, E. E. and Denes, P. B. (eds.), Human Communication: A Unified View, 51-56. New York: McGraw-Hill. Wikipedia https://en.wikipedia.org/wiki/IPA_vowel_chart_with_audio Historical linguistics – Protolanguage - Language in prehistory – Caucasian tale – Uralic tale – Altaic tale – Proto-Indo-European – Semitic tale – Language Families – Areal linguistics – Substrate – Adstrate – Eurasiatic - Nostratic.