SlideShare ist ein Scribd-Unternehmen logo
1 von 19
Wie is Vrywilligers?
• Vrywilligers kom vanuit alle vlakke van ons samelewing en
almal is anders, maar almal is gewillig om te help, het harte wat
omgee en hande wat gereed is om diens te doen.
• Hulle dien ander deur hul tyd en energie af te staan tot die
voordeel van ander mense in hul gemeenskappe. Hulle beskou hul
vrywillige werk as ‘n sosiale verantwoordelikheid en verwag geen
finansiële vergoeding vir hulle werk en bydrae nie.
• As ’n nie-winsgewende organisasie maak ons baie staat op ons
nagenoeg 7 000 opgeleide KANSA vrywilligers om ons in hul
plaaslike gemeenskappe te help in ons stryd teen kanker.
“Vrywilligers word nie betaal nie – nie omdat hulle waardeloos is
nie, maar omdat hulle van onskatbare waarde is!” - Sherry Anderson
KANSA se Vrywilligers
• KANSA se vrywilligers word hoog op prys
gestel. Ons vrywilligers help KANSA
personeel by ons 30 KANSA Sorg-Sentrums
landwyd om mense in hul plaaslike
gemeenskappe meer te leer oor die
belangrikheid van bewusmaking van:
– die tekens en simptome van kanker,
– gereelde siftingstoetse vir kanker en
– ‘n gebalanseerde leefstyl om kankerrisiko te
verminder.
• Hulle verskaf ook sorg en ondersteuning aan kankerpasiënte en hul
geliefdes en hulle help ook met administratiewe take en fondsinsameling.
Geaffekteer deur Kanker #GivingBack
• Baie van ons vrywilligers was of is persoonlik met kanker
gediagnoseer en is self kankeroorwinnaars of hulle is deur
kanker geraak oor geliefdes, vriende of kennisse wat met kanker
gediagnoseer is.
• Ander doen vrywillige werk vir KANSA bloot omdat hulle wil
help om die las van kanker in hul gemeenskap te verlig.
Sharon Fransman: “Kankeroorwinnaars het dikwels net iemand
nodig om mee te praat en iemand wat gewillig is om te luister. As
jy ‘n vrywilliger word, word jy een van die belangrikste en
onmisbare reisgenoot van die persoon wat met kanker
gediagnoseer is. ”
KANSA se Vrywilligers
KANSA se vrywilligers word deeglik gekeur en
opgelei en word ondersteun deur vrywillige
Koördineerders.
Vrywilligers kan kies waar en hoe hulle diens
wil doen volgens hul eiesoortige talente en
vermoëns. Elke vrywilliger ontvang opleiding
wat deur KANSA personeel behartig word.
• Opvoeding of
• sorg / ondersteuning of
• voorspraak of
• administrasie of
• fondsinsameling
Waar KANSA Vrywilligers Help
in die Stryd teen Kanker
Ons help jou om jou Kankerbehandeling te hanteer:
• Meer as 30 KANSA SorgSentrums bied ondersteuning aan
nagenoeg
50 318 kankerpasiënte en hul gesinne in meer as 322
gemeenskappe met die hulp van 2 016 vrywilligers.
• KANSA bied sorg- en ondersteuningprogramme aan vir
individue en groepe.
• Ons leen mediese toerusting om kankerpasiënte te help om
kanker beter te hanteer (pruike, borsprostese en rolstoele).
• Ons gee advies en bied spesialis wondversorging aan.
• Stoma dienseenhede bied bekostigbare en omvattende
stomaprodukte aan.
• KANSA bied tuisversorging aan kankerpasiënte
Waar KANSA Vrywilligers Help
in die Stryd teen Kanker
Aanlyndiens en -ondersteuning
• KANSA eKickButt is ‘n aanlyn program wat mense help om op
te hou rook.
• iSurvivor is ‘n reeks eposse wat 20 weke duur en dien as ‘n gids
vir kankeroorwinnaars op hul reis met kanker:
www.isurvivor.org.za
• KANSA se Hanteringsgids vir kankerpasiënte (CD en pamflet)
verskaf inligting en praktiese wenke om kankerpasiënte te help.
• KANSA het Facebook groepe:
–“Champions of Hope” – vir kankeroorwinnaars,
– ‘CANSA Caring for the Carers” - vir mense wat
kankeroorwinnaars (pasiënte) versorg
– “CANSA TLC” – vir kinders en hul gesinne
Waar KANSA Vrywilligers Help
in die Stryd teen Kanker
KANSA Sorgtuistes en TLC Tuistes
• Weg-van- die-huis akkommodasie by ons 11 KANSA
SorgTuistes en Theunis Fichardt Hospitum.
• Gesonde maaltye vir kankerpasiënte
• Gratis vervoer na en van sentrums vir
kankerbehandeling.
• Ondersteuning van Kinders/Jeug en hul gesinne wat
deur kanker geraak word.
• Verblyf vir ouers/voogde wie se kinders vir kanker
behandel word in Pretoria, Durban en KANSA TLC
Pediatriese Onkologie saal in Polokwane plus TLC
Ondersteuningkamers in Kimberley en Port Elizabeth.
Waar KANSA Vrywilligers Help
in die Stryd teen Kanker
KANSA Bewusmaking Veldtogte
• Gebalanseerde Leefstyl om die risiko’s van kanker te
verminder
• SonSlim
• Geen tabak
• Mansgesondheid, Vrouegesondheid, Kinder- en
Jeuggesondheid
• Omgewing – vermyding van karsinogene (agente wat
kanker veroorsaak)
Phakamisa – Bemagtiging van Plaaslike
Vrywilligers om Kankerpasiënte te help
• Die Phakamisa-projek is in April
2011 van stapel gestuur en word in
samewerking met AstraZeneca
Pharmaceuticals en KANSA.
• Die doel van die projek is om die SA
gesondheid- en versorging-sisteem
te ondersteun deur hulp van die
openbare sektor om te verseker dat
effektiewe diagnose, behandeling en
bestuur in plek gestel word vir die
mees algemene kankers onder mans
en vroue in Suid-Afrika – borskanker
en sedert 2017 prostaatkanker.
Phakamisa bied geleentheid
aan vir vrywilligers om te spesialiseer
in die ondersteuning van pasiënte met
borskanker en die projek bemagtig
vrywilligers met kennis en
vaardigheidtegnieke.
Sedert die aanvang van die projek het 546
vrywilligers ingeskryf en opleiding ontvang om
gemiddeld 647 pasiënte per maand te ondersteun.
Vrywilliger statistieke
• 3 Besigheidseenhede Rade
• 32 Streeksbestuur Komitees
• 238 funksionele Skakelkomitees
• 72 Komitees in ontwikkelingsfase om volle funksionele Skakelkomitees te
word.
• 2 311 Lede in vrywilliger leierskap komitees, 57% van kleur, 43% wit
• 4 995 gekontrakteerde vrywilligers (leier vrywilligers ingesluit)
• Nagenoeg 4 995 bygestaande ad hoc vrywilligers tydens spesifieke projekte
of funksies
• 249* Gegroepeerde oriënteringskursusse is aan nuwe vrywilligers
aangebied (*3-5 dorpe/gemeenskappe gegroepeer om koste-effektiewe
vrywilligeropleiding te verseker)
• 1 090 in-diens opleiding werkswinkels aangebied aan vrywilliger groepe
KANSA Erkennings van Uitstaande
Vrywilligers - Mariëtte Loots Toekenning
Die jaarlikse Mariette Loots Cancer Trust
Awards vereer op nasionale vlak die
toewyding van KANSA vrywilligers wat
kankeroorwinnaars bystaan. Nominasies in
KANSA se streke landswyd word gestuur na
die Mariette Loots Trust se keurkomitee.
Hulle kies elke jaar die wenners op meriete
en twee hoof pryswenners word gekies op
grond van ’n deeglike gradering.
KANSA vereer al ons toegewyde vrywilligers wat as kampvegters in die
stryd teen kanker baklei want ons weet hierdie onbaatsugtige mense
gee soveel van hulself en hul tyd om ons te help om kanker te beveg.
Spanwerk laat die Droom Werk
Promosie oor Gesondheid
Help ons met ons
maandelikse veldtogte oor
hoe om die risiko’s van
kanker te verminder.
Help deur praatjies te
lewer, uitstallings op te stel
en met die verspreiding
van plakkate en pamflette.
Spanwerk laat die Droom Werk
Sorg en Ondersteuning van Pasiënte
Help met tuisversorging
van kankerpasiënte en gee
raad en leiding aan
geliefdes oor mediese
toerusting, prosteses, die
verhuring van pruike of
fasiliteer ondersteunings-
groepe
Spanwerk laat die Droom Werk
Voorspraak
Help KANSA om te veg vir
die pasiënt se reg om
bekostigbare mediese
versorging en behandeling te
ontvang.
Spanwerk laat die Droom Werk
Fondsinsameling
Ons het hulp nodig om jaarliks suksesvolle veldtogte en
funksies te organiseer en aan te bied om fondse vir KANSA in te
samel. Befondsing stel ons in staat om voort te gaan met ons
dienslewering aan kankerpasiënte en hul geliefdes.
Spanwerk laat die Droom Werk
Administrasie / Bemarking
• Help ons om ons span se
werksaamhede te organiseer
en help hulle wat ons hulp en
ondersteuning nodig het met
’n vriendelike glimlag.
• Jy kan ons ook help om ons
dienste, veldtogte en funksies te
bemark om ons in staat te stel
om soveel as moontlik in
aanraking te kom met mense
wat deur kanker geraak word.
Spanwerk laat die Droom Werk
Help ons om die stryd teen kanker te wen in die
omgewing waar jy woon deur jou plaaslike KANSA SorgSentrum
as ‘n KANSA vrywilliger te ondersteun.
Is JY gereed om aan te sluit by ons
KANSA span?
Ons hoor graag van jou !
• FAQs – KANSA Vrywilligers
• 10 Redes waarom JY ‘n Vrywilliger moet word
• KANSA SorgSentra kontakbesonderhede
• Teken aanlyn in as ‘n Vrywilliger
#TogetherWeAreStronger
#MakeADifference
Vrywaring:
Terwyl die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) elke voorsorgmaatreël getref het met die
samestelling van hierdie aanbieding, kan dit of enige bydraer(s) tot hierdie aanbieding nie
verantwoordelik gehou word vir enige optrede (of die gebrek daaraan) wat deur enige persoon
of organisasie waarookal hulle gebaseer is, as 'n gevolg, direk of andersins, van inligting vervat
in, of bekom is deur middel van hierdie aanbieding.

Weitere ähnliche Inhalte

Ähnlich wie Spanwerk laat die Droom Werk - 2017 Internasionale Vrywilligers Dag Afrikaans

Ähnlich wie Spanwerk laat die Droom Werk - 2017 Internasionale Vrywilligers Dag Afrikaans (6)

KANSA Vrouegesondheid Die Groot 5 kankers Suid-Afrika 2017
KANSA Vrouegesondheid Die Groot 5 kankers Suid-Afrika 2017KANSA Vrouegesondheid Die Groot 5 kankers Suid-Afrika 2017
KANSA Vrouegesondheid Die Groot 5 kankers Suid-Afrika 2017
 
KANSA Vier 85 Jaar se Stryd om ‘n Wêreld Sonder Kanker te Skep
KANSA Vier 85 Jaar se Stryd om ‘n Wêreld Sonder Kanker te SkepKANSA Vier 85 Jaar se Stryd om ‘n Wêreld Sonder Kanker te Skep
KANSA Vier 85 Jaar se Stryd om ‘n Wêreld Sonder Kanker te Skep
 
CANSA Wenke - hoe om jou maatjie met kanker te ondersteun 2017 Afrikaans
CANSA Wenke - hoe om jou maatjie met kanker te ondersteun 2017 AfrikaansCANSA Wenke - hoe om jou maatjie met kanker te ondersteun 2017 Afrikaans
CANSA Wenke - hoe om jou maatjie met kanker te ondersteun 2017 Afrikaans
 
CANSA Mansgesondheid - Testikulêre Kanker - 2014 Afrikaans
CANSA Mansgesondheid - Testikulêre Kanker - 2014 AfrikaansCANSA Mansgesondheid - Testikulêre Kanker - 2014 Afrikaans
CANSA Mansgesondheid - Testikulêre Kanker - 2014 Afrikaans
 
2014 - Vrouegesondheid - Servikale kanker
2014 - Vrouegesondheid - Servikale kanker2014 - Vrouegesondheid - Servikale kanker
2014 - Vrouegesondheid - Servikale kanker
 
CANSA Vrouegesondheid Borskanker 2014
CANSA Vrouegesondheid Borskanker 2014CANSA Vrouegesondheid Borskanker 2014
CANSA Vrouegesondheid Borskanker 2014
 

Mehr von CANSA The Cancer Association of South Africa

Mehr von CANSA The Cancer Association of South Africa (20)

Coping with Childhood Cancer - How Does it Hurt Today
Coping with Childhood Cancer - How Does it Hurt TodayCoping with Childhood Cancer - How Does it Hurt Today
Coping with Childhood Cancer - How Does it Hurt Today
 
'Feeling Sad' book - a young boy's challenge after his mother dies from cancer
'Feeling Sad' book - a young boy's challenge after his mother dies from cancer'Feeling Sad' book - a young boy's challenge after his mother dies from cancer
'Feeling Sad' book - a young boy's challenge after his mother dies from cancer
 
CANSA Mens Health slideshow Nov 2023.pptx
CANSA Mens Health slideshow Nov 2023.pptxCANSA Mens Health slideshow Nov 2023.pptx
CANSA Mens Health slideshow Nov 2023.pptx
 
CANSA - Impak van Borskanker op Geestesgesondheid Vrouegesondheid slidedeck O...
CANSA - Impak van Borskanker op Geestesgesondheid Vrouegesondheid slidedeck O...CANSA - Impak van Borskanker op Geestesgesondheid Vrouegesondheid slidedeck O...
CANSA - Impak van Borskanker op Geestesgesondheid Vrouegesondheid slidedeck O...
 
CANSA Care Month Aug 2023 Coping with Cancer.pptx
CANSA Care Month Aug 2023 Coping with Cancer.pptxCANSA Care Month Aug 2023 Coping with Cancer.pptx
CANSA Care Month Aug 2023 Coping with Cancer.pptx
 
CANSA Fertility Discussions for Female Cancer Patients.pptx
CANSA Fertility Discussions for Female Cancer Patients.pptxCANSA Fertility Discussions for Female Cancer Patients.pptx
CANSA Fertility Discussions for Female Cancer Patients.pptx
 
CANSA No Tobacco May 2023 Slideshow.pptx
CANSA No Tobacco May 2023 Slideshow.pptxCANSA No Tobacco May 2023 Slideshow.pptx
CANSA No Tobacco May 2023 Slideshow.pptx
 
CANSA HPV and CERVICAL CANCER 2023
CANSA HPV and CERVICAL CANCER 2023CANSA HPV and CERVICAL CANCER 2023
CANSA HPV and CERVICAL CANCER 2023
 
KANSA sê Kies Rookvrye Lewenswyses 2022
KANSA sê Kies Rookvrye Lewenswyses 2022KANSA sê Kies Rookvrye Lewenswyses 2022
KANSA sê Kies Rookvrye Lewenswyses 2022
 
CANSA says Choose Smoke-free Lives - May 2022
CANSA says Choose Smoke-free Lives - May 2022CANSA says Choose Smoke-free Lives - May 2022
CANSA says Choose Smoke-free Lives - May 2022
 
Is jou kolon gesond? KANSA Kolorektale Kankerbewusmaking 2022
Is jou kolon gesond? KANSA Kolorektale Kankerbewusmaking 2022Is jou kolon gesond? KANSA Kolorektale Kankerbewusmaking 2022
Is jou kolon gesond? KANSA Kolorektale Kankerbewusmaking 2022
 
CANSA asks 'Is your colon healthy'? 2022
CANSA asks 'Is your colon healthy'? 2022CANSA asks 'Is your colon healthy'? 2022
CANSA asks 'Is your colon healthy'? 2022
 
KANSA Mansgesondheid slideshow 2021 Afrikaans
KANSA Mansgesondheid slideshow 2021 AfrikaansKANSA Mansgesondheid slideshow 2021 Afrikaans
KANSA Mansgesondheid slideshow 2021 Afrikaans
 
CANSA COVID Vaccination and Cancer Patients webinar Dr Zainab Mohamed
CANSA COVID Vaccination and Cancer Patients webinar Dr Zainab MohamedCANSA COVID Vaccination and Cancer Patients webinar Dr Zainab Mohamed
CANSA COVID Vaccination and Cancer Patients webinar Dr Zainab Mohamed
 
CANSA COVID Vaccination and Cancer Patients webinar Dr Ria David
CANSA COVID Vaccination and Cancer Patients webinar Dr Ria DavidCANSA COVID Vaccination and Cancer Patients webinar Dr Ria David
CANSA COVID Vaccination and Cancer Patients webinar Dr Ria David
 
CANSA Relay For Life Launch 2021: Relay Song
CANSA Relay For Life Launch 2021: Relay SongCANSA Relay For Life Launch 2021: Relay Song
CANSA Relay For Life Launch 2021: Relay Song
 
CANSA Relay For Life Launch 2021 - Relay Advisory Team
CANSA Relay For Life Launch 2021 - Relay Advisory TeamCANSA Relay For Life Launch 2021 - Relay Advisory Team
CANSA Relay For Life Launch 2021 - Relay Advisory Team
 
CANSA Relay For Life Launch 2021: 90 Years of Service
CANSA Relay For Life Launch 2021: 90 Years of ServiceCANSA Relay For Life Launch 2021: 90 Years of Service
CANSA Relay For Life Launch 2021: 90 Years of Service
 
CANSA Relay For Life Launch 2021: Global Heroes of Hope
CANSA Relay For Life Launch 2021: Global Heroes of HopeCANSA Relay For Life Launch 2021: Global Heroes of Hope
CANSA Relay For Life Launch 2021: Global Heroes of Hope
 
CANSA Relay For Life Launch 2021
CANSA Relay For Life Launch 2021CANSA Relay For Life Launch 2021
CANSA Relay For Life Launch 2021
 

Spanwerk laat die Droom Werk - 2017 Internasionale Vrywilligers Dag Afrikaans

  • 1.
  • 2. Wie is Vrywilligers? • Vrywilligers kom vanuit alle vlakke van ons samelewing en almal is anders, maar almal is gewillig om te help, het harte wat omgee en hande wat gereed is om diens te doen. • Hulle dien ander deur hul tyd en energie af te staan tot die voordeel van ander mense in hul gemeenskappe. Hulle beskou hul vrywillige werk as ‘n sosiale verantwoordelikheid en verwag geen finansiële vergoeding vir hulle werk en bydrae nie. • As ’n nie-winsgewende organisasie maak ons baie staat op ons nagenoeg 7 000 opgeleide KANSA vrywilligers om ons in hul plaaslike gemeenskappe te help in ons stryd teen kanker. “Vrywilligers word nie betaal nie – nie omdat hulle waardeloos is nie, maar omdat hulle van onskatbare waarde is!” - Sherry Anderson
  • 3. KANSA se Vrywilligers • KANSA se vrywilligers word hoog op prys gestel. Ons vrywilligers help KANSA personeel by ons 30 KANSA Sorg-Sentrums landwyd om mense in hul plaaslike gemeenskappe meer te leer oor die belangrikheid van bewusmaking van: – die tekens en simptome van kanker, – gereelde siftingstoetse vir kanker en – ‘n gebalanseerde leefstyl om kankerrisiko te verminder. • Hulle verskaf ook sorg en ondersteuning aan kankerpasiënte en hul geliefdes en hulle help ook met administratiewe take en fondsinsameling.
  • 4. Geaffekteer deur Kanker #GivingBack • Baie van ons vrywilligers was of is persoonlik met kanker gediagnoseer en is self kankeroorwinnaars of hulle is deur kanker geraak oor geliefdes, vriende of kennisse wat met kanker gediagnoseer is. • Ander doen vrywillige werk vir KANSA bloot omdat hulle wil help om die las van kanker in hul gemeenskap te verlig. Sharon Fransman: “Kankeroorwinnaars het dikwels net iemand nodig om mee te praat en iemand wat gewillig is om te luister. As jy ‘n vrywilliger word, word jy een van die belangrikste en onmisbare reisgenoot van die persoon wat met kanker gediagnoseer is. ”
  • 5. KANSA se Vrywilligers KANSA se vrywilligers word deeglik gekeur en opgelei en word ondersteun deur vrywillige Koördineerders. Vrywilligers kan kies waar en hoe hulle diens wil doen volgens hul eiesoortige talente en vermoëns. Elke vrywilliger ontvang opleiding wat deur KANSA personeel behartig word. • Opvoeding of • sorg / ondersteuning of • voorspraak of • administrasie of • fondsinsameling
  • 6. Waar KANSA Vrywilligers Help in die Stryd teen Kanker Ons help jou om jou Kankerbehandeling te hanteer: • Meer as 30 KANSA SorgSentrums bied ondersteuning aan nagenoeg 50 318 kankerpasiënte en hul gesinne in meer as 322 gemeenskappe met die hulp van 2 016 vrywilligers. • KANSA bied sorg- en ondersteuningprogramme aan vir individue en groepe. • Ons leen mediese toerusting om kankerpasiënte te help om kanker beter te hanteer (pruike, borsprostese en rolstoele). • Ons gee advies en bied spesialis wondversorging aan. • Stoma dienseenhede bied bekostigbare en omvattende stomaprodukte aan. • KANSA bied tuisversorging aan kankerpasiënte
  • 7. Waar KANSA Vrywilligers Help in die Stryd teen Kanker Aanlyndiens en -ondersteuning • KANSA eKickButt is ‘n aanlyn program wat mense help om op te hou rook. • iSurvivor is ‘n reeks eposse wat 20 weke duur en dien as ‘n gids vir kankeroorwinnaars op hul reis met kanker: www.isurvivor.org.za • KANSA se Hanteringsgids vir kankerpasiënte (CD en pamflet) verskaf inligting en praktiese wenke om kankerpasiënte te help. • KANSA het Facebook groepe: –“Champions of Hope” – vir kankeroorwinnaars, – ‘CANSA Caring for the Carers” - vir mense wat kankeroorwinnaars (pasiënte) versorg – “CANSA TLC” – vir kinders en hul gesinne
  • 8. Waar KANSA Vrywilligers Help in die Stryd teen Kanker KANSA Sorgtuistes en TLC Tuistes • Weg-van- die-huis akkommodasie by ons 11 KANSA SorgTuistes en Theunis Fichardt Hospitum. • Gesonde maaltye vir kankerpasiënte • Gratis vervoer na en van sentrums vir kankerbehandeling. • Ondersteuning van Kinders/Jeug en hul gesinne wat deur kanker geraak word. • Verblyf vir ouers/voogde wie se kinders vir kanker behandel word in Pretoria, Durban en KANSA TLC Pediatriese Onkologie saal in Polokwane plus TLC Ondersteuningkamers in Kimberley en Port Elizabeth.
  • 9. Waar KANSA Vrywilligers Help in die Stryd teen Kanker KANSA Bewusmaking Veldtogte • Gebalanseerde Leefstyl om die risiko’s van kanker te verminder • SonSlim • Geen tabak • Mansgesondheid, Vrouegesondheid, Kinder- en Jeuggesondheid • Omgewing – vermyding van karsinogene (agente wat kanker veroorsaak)
  • 10. Phakamisa – Bemagtiging van Plaaslike Vrywilligers om Kankerpasiënte te help • Die Phakamisa-projek is in April 2011 van stapel gestuur en word in samewerking met AstraZeneca Pharmaceuticals en KANSA. • Die doel van die projek is om die SA gesondheid- en versorging-sisteem te ondersteun deur hulp van die openbare sektor om te verseker dat effektiewe diagnose, behandeling en bestuur in plek gestel word vir die mees algemene kankers onder mans en vroue in Suid-Afrika – borskanker en sedert 2017 prostaatkanker. Phakamisa bied geleentheid aan vir vrywilligers om te spesialiseer in die ondersteuning van pasiënte met borskanker en die projek bemagtig vrywilligers met kennis en vaardigheidtegnieke. Sedert die aanvang van die projek het 546 vrywilligers ingeskryf en opleiding ontvang om gemiddeld 647 pasiënte per maand te ondersteun.
  • 11. Vrywilliger statistieke • 3 Besigheidseenhede Rade • 32 Streeksbestuur Komitees • 238 funksionele Skakelkomitees • 72 Komitees in ontwikkelingsfase om volle funksionele Skakelkomitees te word. • 2 311 Lede in vrywilliger leierskap komitees, 57% van kleur, 43% wit • 4 995 gekontrakteerde vrywilligers (leier vrywilligers ingesluit) • Nagenoeg 4 995 bygestaande ad hoc vrywilligers tydens spesifieke projekte of funksies • 249* Gegroepeerde oriënteringskursusse is aan nuwe vrywilligers aangebied (*3-5 dorpe/gemeenskappe gegroepeer om koste-effektiewe vrywilligeropleiding te verseker) • 1 090 in-diens opleiding werkswinkels aangebied aan vrywilliger groepe
  • 12. KANSA Erkennings van Uitstaande Vrywilligers - Mariëtte Loots Toekenning Die jaarlikse Mariette Loots Cancer Trust Awards vereer op nasionale vlak die toewyding van KANSA vrywilligers wat kankeroorwinnaars bystaan. Nominasies in KANSA se streke landswyd word gestuur na die Mariette Loots Trust se keurkomitee. Hulle kies elke jaar die wenners op meriete en twee hoof pryswenners word gekies op grond van ’n deeglike gradering. KANSA vereer al ons toegewyde vrywilligers wat as kampvegters in die stryd teen kanker baklei want ons weet hierdie onbaatsugtige mense gee soveel van hulself en hul tyd om ons te help om kanker te beveg.
  • 13. Spanwerk laat die Droom Werk Promosie oor Gesondheid Help ons met ons maandelikse veldtogte oor hoe om die risiko’s van kanker te verminder. Help deur praatjies te lewer, uitstallings op te stel en met die verspreiding van plakkate en pamflette.
  • 14. Spanwerk laat die Droom Werk Sorg en Ondersteuning van Pasiënte Help met tuisversorging van kankerpasiënte en gee raad en leiding aan geliefdes oor mediese toerusting, prosteses, die verhuring van pruike of fasiliteer ondersteunings- groepe
  • 15. Spanwerk laat die Droom Werk Voorspraak Help KANSA om te veg vir die pasiënt se reg om bekostigbare mediese versorging en behandeling te ontvang.
  • 16. Spanwerk laat die Droom Werk Fondsinsameling Ons het hulp nodig om jaarliks suksesvolle veldtogte en funksies te organiseer en aan te bied om fondse vir KANSA in te samel. Befondsing stel ons in staat om voort te gaan met ons dienslewering aan kankerpasiënte en hul geliefdes.
  • 17. Spanwerk laat die Droom Werk Administrasie / Bemarking • Help ons om ons span se werksaamhede te organiseer en help hulle wat ons hulp en ondersteuning nodig het met ’n vriendelike glimlag. • Jy kan ons ook help om ons dienste, veldtogte en funksies te bemark om ons in staat te stel om soveel as moontlik in aanraking te kom met mense wat deur kanker geraak word.
  • 18. Spanwerk laat die Droom Werk Help ons om die stryd teen kanker te wen in die omgewing waar jy woon deur jou plaaslike KANSA SorgSentrum as ‘n KANSA vrywilliger te ondersteun. Is JY gereed om aan te sluit by ons KANSA span? Ons hoor graag van jou ! • FAQs – KANSA Vrywilligers • 10 Redes waarom JY ‘n Vrywilliger moet word • KANSA SorgSentra kontakbesonderhede • Teken aanlyn in as ‘n Vrywilliger #TogetherWeAreStronger #MakeADifference
  • 19. Vrywaring: Terwyl die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) elke voorsorgmaatreël getref het met die samestelling van hierdie aanbieding, kan dit of enige bydraer(s) tot hierdie aanbieding nie verantwoordelik gehou word vir enige optrede (of die gebrek daaraan) wat deur enige persoon of organisasie waarookal hulle gebaseer is, as 'n gevolg, direk of andersins, van inligting vervat in, of bekom is deur middel van hierdie aanbieding.