Diese Präsentation wurde erfolgreich gemeldet.
Die SlideShare-Präsentation wird heruntergeladen. ×

KANSA Sorgtuistes – Dit Voel Soos Huis

Anzeige
Anzeige
Anzeige
Anzeige
Anzeige
Anzeige
Anzeige
Anzeige
Anzeige
Anzeige
Anzeige
Anzeige
Wird geladen in …3
×

Hier ansehen

1 von 35 Anzeige

KANSA Sorgtuistes – Dit Voel Soos Huis

Herunterladen, um offline zu lesen

KANSA bied ‘n wye verskeidenheid van ondersteunings- en sorgdienste aan kankerpasiënte en hul gesinne. Een sodanige ondersteuningsdiens is die KANSA Sorgtuistes, waarvan daar 11 in hoofstedelike gebiede in Suid-Afrika is. Hulle bied huis-weg-van-die-huis akkommodasie aan pasiënte wat kankerbehandeling ondergaan op ‘n buitepasiënt basis naby onkologie-klinieke wat ver van pasiënte se tuistes geleë is.
Lees meer: http://www.cansa.org.za/kansa-sorgtuistes-dit-voel-soos-huis/

KANSA bied ‘n wye verskeidenheid van ondersteunings- en sorgdienste aan kankerpasiënte en hul gesinne. Een sodanige ondersteuningsdiens is die KANSA Sorgtuistes, waarvan daar 11 in hoofstedelike gebiede in Suid-Afrika is. Hulle bied huis-weg-van-die-huis akkommodasie aan pasiënte wat kankerbehandeling ondergaan op ‘n buitepasiënt basis naby onkologie-klinieke wat ver van pasiënte se tuistes geleë is.
Lees meer: http://www.cansa.org.za/kansa-sorgtuistes-dit-voel-soos-huis/

Anzeige
Anzeige

Weitere Verwandte Inhalte

Ähnlich wie KANSA Sorgtuistes – Dit Voel Soos Huis (8)

Weitere von CANSA The Cancer Association of South Africa (20)

Anzeige

KANSA Sorgtuistes – Dit Voel Soos Huis

  1. 1. KANSA Sorgtuistes Tolvry 0800 22 66 22
  2. 2. Huis-weg-van-die-huis Daar is tans 11 KANSA Sorgtuistes, met ‘n totale 254 beddens, in areas naby onkologie behandelingsentra regoor die land. KANSA Sorgtuistes bied verblyf aan pasiënte wat kankerbehandeling ondergaan by onkologie-klinieke wat ver van pasiënte se tuistes geleë is. Gaste by dieTuistes bly vir ‘n gemiddelde tydperk van ses weke. Jy kan ons KANSA Sorgtuiste video hier kyk: https://youtu.be/EnvgJCtGyrk
  3. 3. "Om 'n mens voor te berei vir die dood is uiters emosioneel, maar ek het troos by die KANSA Sorgtuiste gevind en dit
  4. 4. “Dit voel soos ‘n huis, sonder om die skottelgoed te doen of tuin te maak. Al die personeel is so positief en vreeslik behulpsaam.” - Arnold Bezuidenhout (Gas by die KANSA Sorgtuiste)
  5. 5. "Al die personeel was so professioneel liefdevol en respekvol. Dankie aan die kombuispersoneel vir die die heerlike etes - my ma kon nie ophou praat oor hul
  6. 6. Ondersteuning • KANSA se aktiewe ondersteuningsgroepe bind pasiënte, langtermyn-oorlewendes en hul geliefdes saam met ander wat al ‘daar was' vir insig, morele ondersteuning en begrip, hoop en inspirasie. • KANSA bied ook individuele berading aan pasiënte in nood.
  7. 7. Aanlyn-ondersteuning • Facebook Group: Champions of Hope – CANSA Survivors vir kankeroorwinnaars – ontvang bemoediging van mede-lede en deel jou storie • Facebook Group: CANSA Caring for the Carers vir versorgers van kankeroorwinnaars (pasiënte) - ontvang bemoediging van mede-lede en deel jou storie • Facebook Group: CANSA-TLC vir kinders en ouers wat deur kanker geraak word - ontvang bemoediging van mede-lede en deel jou storie
  8. 8. Aanlyn-ondersteuning • iSurvivor Online Support Programme om kankeroorwinnaars (enigeen wat die woorde 'jy het kanker' gehoor het) te lei in hul pad met kanker en hulle te help om dit beter te hanteer (weeklikse e- posse)
  9. 9. “Julle liefde, omgee en vriendelikheid word baie waardeer. Hou aan met die goeie werk, selfs vir diegene wat nog wat nog kom.” - Mrs Maseko (Gas by die KANSA Sorgtuiste)
  10. 10. KankerSorg Hanteringsgids • Dit verskaf inligting en ondersteuning aan individue om hul kankerdiagnose en alles wat daarmee saamgaan, te hanteer. • Dit bied ook praktiese advies aan individue, hul geliefdes, versorgers en vriende om die kankerreis te verlig en beheer te neem deur ingeligte keuses te maak. • Beskikbaar op CD of as ‘n boekie http://www.cansa.org.za/cancercare- coping-kit/
  11. 11. "Ek het sulke waarde in die Hanteringsgids gevind. Dit het my en my familie gehelp om hierdie nuwe reis aan te pak. aan te pak. Dit het baie nuttige informasie in.” - Shirley Hanson (CANSA beneficiary)
  12. 12. “Die slegste deel van my kankerbehandeling was om my hare te verloor. Ek sê steeds dat klere maak nie ‘n man nie,
  13. 13. Mediese Uitleen Toerusting Ons Sorgtuistes bied ook die volgende mediese uitleen toerusting aan pasiënte: • badstoele • kommodes • eierdop matrasse • skaapvelle • ander hulpmiddels • pasiënte kan stoma sakkies, linne bedekking en aanvullings teen verlaagde pryse aankoop
  14. 14. KANSA Sorgtuistes EENHEID SORGTUISTE ADRES TEL NOMMER SUIDELIKE BESIGHEIDS- EENHEID KANSA Irma Bruschi Sorgtuiste George 103 Merriman Straat, George 044 874 4824 KANSA Strelitzia Sorgtuiste* Port Elizabeth 8 Eden Straat, Glendinningvale, Port Elizabeth 041 373 5157 KANSA Tygerberg Sorgtuiste Tygerberg Tygerberg Hospital, Francie Van Zijl Laan, Parow 021 9318295 KANSA Eikehof Sorgtuiste Athlone 7 Dunbar Laan, Athlone 021 696 6744 *Selfsorg
  15. 15. KANSA Sorgtuistes EENHEID SORGTUISTE ADRES TEL NOMMER NOORDELIKE BESIGHEIDS- EENHEID KANSA Keurboom Sorgtuiste Jhb C/O Main street and Princess straat, Belgravia 011 624 1765 KANSA Tipuana Sorgtuiste Pta 32 Lys straat, Rietfontein 012 329 3036 KANSA James Kingston Sorgtuiste* Rustenburg Olienhout Laan Proteapark, Rustenburg 014 533 0694 KANSA Limpopo Sorgtuiste Polokwane C/O Dorp and College straat, Polokwane 015 297 1268 *Selfsorg
  16. 16. KANSA Sorgtuistes EENHEID SORGTUISTE ADRES TEL NOMMER SENTRALE BESIGHEIDS- EENHEID KANSA Mkhuhla Sorgtuiste Durban 619 Umbilo Straat, Durban 031 205 9525 KANSA Olea Sorgtuiste Bloemfontein 90 Melville Laan, Brandwag 051 444 2580 KANSA Katleho Sorgtuiste Bloemfontein 22 Lovedale Laan, Mangaung, Bloemfontein 051 432 3829
  17. 17. Hoe om jou verblyf te bespreek Besprekings kan op die volgende maniere gedoen word: • Pasiënt kan verwys word deur die behandelingsentrum • Party behandelingsentrums doen die bespreking vir die pasiënt • Pasiënte kan self die bespreking doen deur die Sorgtuiste te skakel
  18. 18. Wat jy moet weet • Pasiënte moet na hulself kan omsien • Die KANSA Sorgtuiste kan nie omsien na erge siek of swak pasiënte nie • Pasiënte kan vergesel word deur ‘n versorger (afhangend van die beskikbaarheid van ‘n bed) • Buigsame fooistelsel is in plek (glyskaal word gebruik om daaglikse fooi te bepaal) – donasies ook aanvaarbaar • Mediese fonds eise word gedoen in ooreenstemming met die spesifikasie van die fonds en op voordeel wat beskikbaar is vir die spesifieke mediese fonds pasiënt
  19. 19. Wat jy moet weet • Pasiënte moet hul eie toiletware, handdoeke, klere en medikasie bring • Pasiënte kan oor naweke inbly – geen formele maaltye word bedien oor naweke nie, maar die kombuis is beskikbaar vir selfsorg • Pasiënte moet ‘n fisiese adres hê en hawelose pasiënte kan nie akkommodeer word nie Dit kos KANSA R650 per dag om ‘n pasiënt te huisves, kos en vervoer te verskaf
  20. 20. Hoe om ‘n Sorgtuiste te ondersteun Jy kan ‘n donasie maak aan die KANSA Sorgtuiste program, of aan ‘n spesifieke Sorgtuiste: • Aanlyn donasies kan hier gemaak word: https://www.givengain.com/cause/1056/campaigns/102 68/ • Of jy kan ‘n erflating los, vind meer uit hier: http://www.cansa.org.za/consider-leaving-a-bequest- to-cansa/
  21. 21. KANSA TLC Tuistes Ons KANSATLCTuistes akkommodeer ouers/voogde van kinders wat kankerbehandeling ondergaan (en nie die kinders nie) http://www.cansa.org.za/tlc-for-youth-and-families- affected-by-cancer/
  22. 22. KANSA TLC Tuistes Hierdie tuistes bied die volgende: • Vaardigheidsontwikkeling en kuns vir die moeders • Professionele berading (individueel en groep) en begeleiding na afsterwe van ‘n geliefde • Voorsien kospakkies wanneer pasiënte ontslaan word en huis toe gaan • Ons is betrokke by die kinders in die verskillende sale en voorsien toiletware, klere en ons het vrywilligers wat met onderwys help
  23. 23. KANSA TLC Tuistes KANSATLC NicusTuiste: • Op die Steve Biko Hospitaal perseel in Pretoria • Dit het 52 beddens en sluit in twee 4 bed familie suite/woonstelle en ‘n isolasie eenheid vir pasiënte wat in isolasie moet bly KANSATLCTuiste Polokwane: • Op die Polokwane Hospitaal perseel • Dit het 21 beddens KANSATLCTuiste Durban: • 6 beddens, gebaseer by die KANSA Mkhuhla Sorgtuiste
  24. 24. KANSA TLC Tuistes Ons het ookTLC Ondersteuningskamers bekendgestel by ons KANSA Kimberley Sorgsentrum and KANSA Port Elizabeth Sorgsentrum http://www.cansa.org.za/tlc-for-youth-and-families- affected-by-cancer/
  25. 25. www.cansa.org.za Tolvry 0800 22 66 22 Terwyl die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) elke voorsorgmaatreël getref het met die samestelling van hierdie aanbieding, kan dit of enige bydraer(s) tot hierdie aanbieding nie verantwoordelik gehou word vir enige optrede (of die gebrek daaraan) wat deur enige persoon of organisasie waarookal hulle gebaseer is, as 'n gevolg, direk of andersins, van inligting vervat in, of bekom is deur middel van hierdie aanbieding.

×