6. Nadat jy die Ewige Lewe deur Jesus Christus ontvang het, wil God jou
na die beeld van Sy Seun Jeshua vorm . . .
Hierdie “transformasie” staan bekend as Geestelike Groei of Heiligmaking . . .
God die Vader heg besondere waarde aan Geestelike Groei . . .
7. Die proses van Heiligmaking vind slegs plaas wanneer jou kennis & ondervinding
van God die Vader, God die Seun & God die Heilige Gees toeneem . . .
Hierdie kennis & ondervinding
van God word opgedoen deur
SELF getrou die Bybel te lees
& te bestudeer . . .
. . . daar is GEEN
ander manier . . .
Alles wat jy van God die Vader, die Seun & die Heilige Gees
te wete wil & kan kom, is in die Bybel opgeteken . . .
8. Kennis & Wysheid van God is beter as al die materie van hierdie wereld!
Spreuke 3:13 “ Gelukkig die mens wat
wysheid gevind het & die mens wat
verstand verkry, want die verkryging
daarvan is beter as die van silwer & die
verwerwing daarvan beter as van goud. Dit
is kosteliker as korale & al jou kleinode kan
daar nie mee vergelyk word nie . . .
Spreuke 20:15 Daar is goud & ‘n menigte
korale, maar ‘n kosbare sieraad is die lippe
van kennis . . .
Spreuke 16: 16 Hoeveel beter is dit om
wysheid van God te verkry as goud &
verkiesliker om verstand te verwerf as
silwer
Daar is niks so waardevol soos om die Kennis & Opinie van God na te speur
oor die aktiwiteite & omstandighede wat jou lewenspad kruis nie. . .
9. Hoekom is wysheid van God soveel werd?
Spreuke 24:3 Deur wysheid word ‘n huis
gebou, deur verstand word dit bevestig & deur
kennis word die kamers gevul met allerhande
kosbare & lieflike goed
Wysheid is die vermoe om die regte keuse uit te
oefen nadat jy die kennis ontvang het om te
onderskei tussen dit wat Lewe bied & dit wat die
Ewige dood tot gevolg het . . .
Wanneer jy erken dat jy verlore is & Jesus
Christus as Verlosser uit die dood aanneem
word jou gees deur die Heilige Gees tot die
Ewige Lewe opgewek. Hierdie opwekking van
jou siel vanuit die dood tot die lewe, word in ons
teksvers vergelyk met ‘n huis wat tot stand kom.
Deur te verstaan wat geestelik met jou gebeur
het word die geboorte van jou siel ‘n vaste wete
wat onwankelbaar is . . .
Soos wat jy toeneem in kennis van God & Sy
Woord , word die lee kamers van jou siel wat
verlang na God ryklik gevul met lieflike
waarhede & kosbare ondervindings van ons
Liefdevolle Skepper . . .
10. Die Woord van die Here leer dat daar ‘n proses is wat gevolg moet word
indien dit jou behoefte is om kennis van God te verkry . . .
“As jy My woorde aanneem & My gebooie by jou bewaar, sodat jy jou oor laat luister
na wysheid, jou hart neig tot verstand, ja, as jy na die insig roep, na die verstand jou stem
verhef, as jy daarna soek soos na silwer & dit naspeur soos verborge skatte,
dan sal jy die vrees van die Here verstaan & die kennis van God vind .
Want die Here gee wysheid, uit Sy mond kom kennis & verstand . . .” - Spreuke 2:1-6
11. Respek vir die Here is die beginsel vir Geestelike Kennis & Wysheid. . .
Spreuke 1:7 Die vrees vir die Here is die beginsel van die kennis . . .
Spreuke 16:6 Deur liefde & trou
word die skuld versoen & deur
die vrees van die Here wyk ‘n
mens af van die kwaad
Spreuke 9:10 Die beginsel van die
wysheid is die vrees van die Here &
kennis van die Heilige is verstand . . .
Vrees vir die Here beteken dat jy uiters respekvol teenoor God & al Sy wee
handel & jou daarvan weerhou om moedswillig te sondig. . .
12. Kennis, begrip & Wysheid van God
God maak praktiese kennis aan
jou bekend oor spesifieke
gebeure & omstandighede in
jou lewe . . .
God voorsien verder die
vermoe om die kennis wat aan
jou oorgedra is tenvolle te
verstaan. Wanneer jy nie die
kennis begryp nie is dit
onmoontlik om dit in jou
lewens omstandighede toe te
pas. . .
Dan sal God Sy werk voltooi
deur te verseker dat jy die
nodige wysheid het om in staat
te wees om die kennis toe te
pas in jou lewe. . .
Wysheid is die vermoe om Boek Kennis te verstaan & dit prakties uit te leef. . .
13. God & Jesus Christus is die bron van alle Goddelike Kennis & Wysheid…
Kollosense 2:2 vertel dat die kosbare skatte van wysheid & kennis in God & Jesus
Christus versteek is. God vergelyk kennis & wysheid met skatte… Hierdie geestelike
rykdom is in God self versteek…
Romeine 11:33, 36
Spreuke 2:6
Daniel 2:20
Job 11:7
Alle kennis & wysheid kom direk van God & Jesus Christus
14. God wil graag Sy kennis met jou deel, as jy Hom daaromtrent vra
Jeremia 33:3
Mattheus 13:11
Efesiers 1:17
Amos 3:7
Daniel 2:28
Johannes 8:31
As jy gewillig is om die Bybel, wat die Woord van God is, te ondersoek met die doel om te
verstaan wat jy lees, sal jy die nodige kennis & waarheid bekom aangaande ‘n verskeidenheid
onderwerpe & aangeleenthede wat betrekking het op jou lewe.
Hierdie goddelike waarheid sal jou vry maak omdat jy nie langer gebind sal wees
met beperkte & verkeerde gedagtes & besluit nie. . .
15. God deel Sy kennis & wysheid met die wat Hom gehoorsaam & respekteer . . .
Om “by die reels te hou” behels dat jy
bereid moet wees om goeie, gereelde &
kwaliteit tyd te spandeer om die Woord van
God vir jouself te lees. . .
Jy moet self die Skrif ondersoek om dit te
verstaan & self verseker dat jy hierdie
waarhede in jou eie lewe toepas.
God & Jesus Christus het ‘n magdom van kennis wat hulle albei graag met jou wil
deel, as jy net bereid is om jou deel te doen & self daarna te soek in die Bybel. . .