2. 1) God se genade is ook vir jou!
En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag
van Abraham en volgens die belofte erfgename.
Gal 3:29
Toe roep Simson die HERE aan en sê: Here, HERE, dink tog
aan my en versterk my tog net hierdie keer, o God, dat ek
my oor een van my twee oë op die Filistyne kan wreek!
Rig 16:28
Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy
eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo,
nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
Joh 3:16
3. 2) Genade neem ons nader aan God.
WAT sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly, dat die genade
meer kan word? Nee, stellig nie! Ons wat die sonde
afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe?
Rom 6:1 – 2
En sy antwoord: Niemand nie, Here. En Jesus sê vir haar:
Ek veroordeel jou ook nie. Gaan heen en sondig nie meer
nie.
Joh 8:11
4. 3) Uit genade ontvang ons die Heilige Gees
En in die laaste dae, spreek God, sal Ek van my Gees
uitstort op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal
profeteer, en julle jongelinge sal gesigte sien, en julle ou
mense sal drome droom.
Hand 2:17
En dadelik roep die vader van die kind met trane uit en
sê: Ek glo, Here, kom my ongeloof te hulp!
Mark 9:24
5. EK IS TOT ALLES
IN STAAT DEUR
CHRISTUS WAT MY
KRAG GEE.
Fil 4:13