Beginners Guide to TikTok for Search - Rachel Pearson - We are Tilt __ Bright...
Voorwoord Golwe v.d Reis
1. Voorwoord:
Vr. Charles Goliath OSFS ( Masters in Education)
Titel: Golwe van die Reis
Skrywer: B. A. Pieters (Rehoboth, Republiek van Namibia)
Benjamin Markus, ’n jong Nama man verloor sy lewens greep en tuimel van onafhanklikheid,
selfbeheerstheid en gerief tot ’n intellektueel, geestelik en fisiek oorwerkte en emosioneel
uitgemergelde bokwagter in die ruimte tussen die dorre vlaktes op ’n kommunale plaas in die
Odendaal reservaat in die suide van Namibia en die plek waar hy opgegroei het. Die verhaal vleg
deur ’n warboel dramatiese lewens ervaringe wat intense emosionele oomblikke en
ondervindings meebring. Sy moederlose metgesel, Dina Witbooi op soek na lewensvreugde, wat
die ontberinge met hom trotseer en in haar tiener jare deur haar biologiese vader, wat sy nooit
geken het nie, op die mees onaangenaamste wyse ontken is. Die twee hoofkarakters deel die
golwe van die lewensreis in samesyn van boosaardig, wrokkig asook besorgde, moreel
ondersteunende en goedhartige en karakters wat die gepaste perspektief in elke segment van
hierdie bepaalde lewensreis beklemtoon.
Die storie ontvou oor die grense van vreugde, bitterheid, teleurstelling, terugslag, konkelary,
verdrietigheid en uiteindelike hereniging, vergifnis, vrede, geluk en voorspoed. Die boek plaas
die gegewe geografiese landskappe, pragtige dorpies, leefwyses, geskiedenis, kulture en
gewoontes en tradisies van die kommunale boer en Suidland bewoners in perspektief en druk
die wisselvaligheid en onpeilbaarheid van die mens karakter oor die algemeen in illustrerende
beeld uit. Die vertellings is deurgaans ontneem van die weelde wat die hedendaagse informasie
en tegnologiese era voorskryf en dryf die gemak waarin die mensdom in die sogenaamde
‘primitiewe’ tydvak, kort voor die verskyning van die selfoon, internet en webruimtes, gelewe en
bestaan het op die voorgrond.
Die boek word deur ‘n eksterne verteller in die derde persoon in ‘n unieke skryfstyl wat die
verlede en die teenwoordige inmekaar borduur vertel, sodoende die leser deurlopend
vasgevang, geboei en nuuskierig te hou op wat die toekoms mog inhou. Die boek leef die
2. doelstelling om realistiese lewens gebeure met die fiktiewe te verweef en dus die leser te
vereenselwig met die harde werklikhede van die lewensreis. Die boek plaas die leser binne-in
die omstandighede en slaag koelbloedig daarin om die leser as metgesel en reisiger deur die
golwe van elke bladsy van die aktualiteit roman te maak. Die vertellings bou spanning op, wek
skerp emosionele terugvoer wat tussendeur wipplank ry en sorg vir amusante en komieklike
gedeeltes wat die vreugde en genot vir lees aanroer. Die boeiende lewensverhaal van die
onwrikbare karakter in die Benjamin Markus persoon eindig op ’n vreugdevolle noot en
beklemtoon die bereikbaarheid van ‘n deurweg asook deurbraak binne die raamwerk van die
regte gesindheid en met die ondersteuning van opregte vriende, liefdevolle familie, betroubare
metgeselle, die gemeenskap en die Kerk. ‘n Dramatiese uitbeelding uit die oord van die idilliese
Namibiese Suidland, in uniek deurdringende storievertelling weergee wat beslis die strome van
die soete Afrikaanse taal in die are roer.
______________________________________________________________________________